Fase 6-beurtkrag skep krisis vir Tshwane

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Die Tshwane-metro sê verhoogde fases van beurtkrag ontaard dikwels in ʼn krisis vir dié munisipaliteit, veral wat betref sy vermoë om onderbrekings te hanteer.

Eskom het fase 6-beurtkrag Woensdag op kort kennisgewing ingestel, wat beteken dat Suid-Afrikaners se krag twee tot drie keer per dag afgeskakel sal word, met die gevolg dat inwoners ses uur of meer sonder krag kan sit.

Daryl Johnston, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en streeksbedrywighede, sê ʼn krisistaakspan word nou op die been gebring om kragonderbrekings in die stad wat nie met beurtkrag verband hou nie te hanteer.

“Dis belangrik vir inwoners om kennis te neem dat beurtkrag tot bykomende onderbrekings kan lei weens hoë kragstuwings en die oorlading van die netwerk. Dit kan ook tot vandalisme en diefstal van die stad se infrastruktuur lei.”

Namate die gereelde voorkoms van beurtkrag toeneem, sal stadshulpbronne verder ook beperk wees omdat spanne in die Tshwane-gebied ontplooi moet word om beurtkrag – in opdrag van Eskom – in werking te stel.

“Dieselfde span wat die beurtkragtaak het om krag in Tshwane af en aan te skakel, speel ook ʼn belangrike rol in die herstel en instandhouding van ons elektrisiteitnetwerk.

“Dit beteken dat die span aansienlik minder tyd beskikbaar sal hê om aan kragtoevoerprobleme en onderbrekings te bestee wat nie met beurtkrag verband hou nie.”

Johnston sê die werklikheid is dat die stad se stelsel nie ontwerp is om ʼn situasie soos dié te hanteer nie.

“Die swaar reën wat ons die afgelope ruk ondervind het, vererger die situasie. Hoe natter die weer, hoe meer waarskynlik foute met toerusting. Hierdie is ʼn baie ernstige situasie vir die hele Tshwane.”

Inwoners word intussen gevra om energie-intensiewe toestelle af te skakel en krag spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Nettie ·

“Understatement” van die jaar, ja-nee. Maar doen die regering iets daaraan? Hulle praat nie eers daaroor nie! Belangriker om die binnegevegte te hanteer as om die land te probeer red. Waaroor dink hulle gaan die een wat wen regeer? ‘n Ashoop!

Chris dupreez ·

Kry julle prioriteite reg, en sorteer julle probleme met die instandhouding spanne uit. Kry iemand wat die werk kan doen. Ons wil oplossings hê , nie verskonings.

Pieter ·

Vir my net snaaks as n mens kyk na Soweto se stage 6 is dit belaglik hulle het ook glad nie stage 1,2 en 3 nie

Piet 6 ·

Pieter, kyk mooi. Dit is Soweto in Ethikwini in Kwazulu Natal, dws i.n Durban. Dit is nie Soweto in Gauteng nie. Die rede daarvoor is die vloede vroeër vanjaar se skade aan infrastruktuur. As jy dele daarom kyk sal jy sien dit is dieselfde.

Kyk Soweto in Gauteng. Hulle het beurtkrag.

Papsak ·

SA HET SY GAT GESIEN WAT KRAG BETREF HOOP HULLE IS GELUKKIG NOU PATETE

Piet 6 ·

Papsak, ek weet my kommentaar het nou niks met die berig te doen nie, maar asb, alle sleutelborde het ń shift, caps lock, punte en komma sleutels. Daar is ń doel daarmee. Deur dit te gebruik lees jou kommentaar net makliker.

Koen ·

Jy het baie geduld, Piet. Sou al lankal die stomme man se kop teen die keyboard gekap het.

Jacobus ·

Geen hoogspanning elektriese teorusting is gemaak om op n gereelde basis aan en af gesit te word nie. Hierdie is n ander tydbom wat oor die hele land nog gaan ontplof.

Republikein in die Wes Kaap ·

En daai toerusting is plek-plek stokoud.

Johan ·

Nie Eskom of enige regering gee n vlenter om nie…hulle kry salaris en dit is belasting geld wat nie kan opraak nie.

Wildemien ·

Julle maak moeg!
Fase 6 is beslis nader aan 9.5 ure per dag sonder krag – ongeag wat die berig sê.

Hennie ·

Sit die krag na Bryntirion ook af. Laat die ministers voel hoe ons moet lewe

Di ·

DIE spul het almal kragopwekkers wat met ONS belasting geld gekoop is. Hulle WEET NIE wat load shedding beteken nie!

Keelvol ·

Johan, not cool. Solar panels is vrek duur. Nie almal kan dit bekostig nie. Die batterye vir dit kos R26 000 per battery. Dan moet jy omtrent 4 van dit hê. Plus die inverter ook. So, as jy gelukkig is kom Jy met R100 000 weg.

Nommer 7 ·

In Kaapstad is Fase-6, 5 x 2 ure onderbrekings per dag, vir die wat krag van die Stad kry.

Di ·

Ons sit 4ure aanmekaar sonder krag elke keer. 10 ure sonder krag deur die dag. Partykeer net 2 ure aan voor dit weer afgesit word.

annie ·

Brittanje het nou net weer ‘n nuwe steenkoolmyn geopen wat glo vir 50 jaar steenkool sal kan lewer. Wat of wie speel met Eskom se steenkoolmyne dat ons nou so onderdanig ons myne ignoreer en diesel gebruik. Of maak sekere kaders groot geld met steenkool-uitvoere? Óf voer Mantashe iets in die mou? Dalk weer Carpower of ‘warm albasters’?

Nico ·

Dit is nie die natweer wat die probleme veroorsaak nie, dit Eskom wat droog maak op ‘n nat sak, Eskom kan nie dit onderhou en versorg nie want al die geld is gepocket nou moet die inwoners sit met die gebakte pere. Eskom maak reg wat julle verbrou het en herstel die kragstasies, raak onslae van al die onbevoegde mense stel mense aan wat weet.

Koos 100 ·

En dit sluit Andre en Jan in. Hulle is of totaal onbevoeg of die valmanne. In beide gevalle kan hulle maar gaan.

Martie Smartie ·

Kan Tshwane vir ons aandui of die kragstasie by Rooiwal tans krag opwek? Indien nie, waarom nie?

Koos 100 ·

Geen krag word deur Tshwane opgewek nie. Dit is jare terug deur die ANC gestop, want sien, Eskom is mos daar. Nou het die opwekker asook die ander, ek dink twee, tot niet gegaan, en kan nie weer inwerking gestel word sonder om miljarde rande te spandeer.

Papsak ·

ANC WIL JULLE NET BEDANK VIR VROT DIENS JULLE MAAK ONS DOOD MET ALLES !!!!!!!!!!

agnes ·

Tot 8 ure per dag sonder krag en tog bly ons ESKOM rekenings dieselfde. Hoe werk dit?

Elma ·

NET 6 ure per dag sonder krag? Sjoe, julle is lucky! hier waar ek bly het ek 11.5 ure per dag nie krag nie.
Hou op kla.

Elma ·

Jinne daai span wat die GROOOOOT tripswitch werk, is OMTRENT besig.
Aarde ons, julle kan n klomp STROOI praat!

chris ·

Dit wil voorkom asof die Ou Mutual stemboodskap wat so opslae gemaak het op sosiale media en hoofstroommedia as fopnuus tog waar kon wees,want het hy nie gepraat van na die 8ste of 9e Desember nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.