Fases 4 en 5 in werking

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Eskom het Sondag aangekondig dat fase 5-beurtkrag om 16:00 ingestel sal word en tot Maandag om 05:00 van krag sal wees.

Fase 4 sal dan Maandag van 05:00 tot 16:00 geïmplementeer word, gevolg deur fase 5 van 16:00 tot 05:00.

Dieselfde skedule sal tot verdere kennisgewing van krag wees.

Die kragvoorsiener sê 18 144 MW se kapasiteit is tans weens onklaarrakings nie beskikbaar nie, terwyl ʼn verdere 3 427 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

ʼn Opwekkingseenheid elk is die afgelope 24 uur by die Arnot-, Camden-, Kendal- en Palmiet-kragstasie in werking gestel.

In dieselfde tydperk het ʼn opwekkingseenheid elk by die Matla- en Tutuka-kragstasie onklaar geraak.

Die herstel van ʼn opwekkingseenheid elk by die Arno-, Hendrina-, Kendal-, Kriel-, Lethabo-, Matimba- en Tutuka-kragstasie en twee by die Camden-kragstasie is vertraag, wat verder tot die druk op die kragstelsel bydra.

“Eskom se spanne werk onverpoos om die opwekkingseenhede weer in werking te stel,” sê die kragvoorsiener.

Eskom vra Suid-Afrikaners om krag spaarsamig te gebruik, en hul geisers daagliks tussen 17:00 en 21:00 af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

Jipeeee! Die minister van elektrisiteit maak n “reuse” verskil.

Marthinus ·

CR Moet eenvoudig aandring Mufamadi en Gordhan Moet uit met ANC Se kabinetlid se Naam wat André de Ruyter aan hulle genoem het.Kyk ook Na sy lewensstyl hoe weelderig dié lewe en voila dalk word sy maker ook Na vore gebring.Waar daar ‘n rokie is,is beslis vuur wat brand.Maar ai,ons is mos in krimineelparadys,net die klein kriminele kry slae,die Groot walvisse roem in ellende

anko ·

Daar is net altyd ‘n verskoning om “stages” aan te pas. Hoekom nie van die onbevoegdes ontslae raak en kry mense wat weet hoe elektrisiteit werk asseblief tog. Dis een belofte op die ander. My geloof is aan die opraak dat krag gaan beter word. Pryse gaan op en produktiewiteit ly daaronder. Besighede sluit en werkloses word by die dag meer. Wat het geword van die ingenieurslys wat opgestel was, seker te blanco. Ekonomie krimp en die Rand word al swakker en swakker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.