Fietsryer se moordenaar 15 jaar later gevonnis

Etienne van Wyk en sy suster, Karen (Foto: Karen van Wyk, Facebook)

Die moordenaar van die voormalige Suid-Afrikaanse fietsrykampioen Etienne van Wyk wat in 2007 in sy huis in Mbombela, Mpumalanga, vermoor is, is Woensdag gevonnis.

Van Wyk, wat 29 jaar oud was ten tyde van sy dood, is in sy huis in Steiltes gemartel en vermoor.

Die saak het onopgelos gebly totdat die polisie vir Ronnie Mafika Nkosi (44) op 16 Oktober 2020 in Elukwatini in verband met Van Wyk se moord in hegtenis geneem het. Dit was ’n groot deurbraak vir die Valke.

Nkosi is op 6 Junie vanjaar in die streekshof in Mbombela skuldig bevind op aanklag van moord en huisbraak. Hy is Woensdag gevonnis op hierdie aanklagtes.

Volgens lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is Nkosi 25 jaar tronkstraf opgelê vir moord en vyf jaar vir huisbraak. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Ronnie Mafika Nkosi (Foto: Verskaf)

News 24 het vroeër berig Van Wyk se huiswerker het die oggend van 31 Januarie 2007 op sy verminkte liggaam in die eetkamer afgekom.

Die huiswerker en tuinier was agterdogtig toe hy die oggend nie die huis vir hulle oopgemaak het nie. Die huiswerker het toegang tot die huis bekom en toe Van Wyk se liggaam op die vloer aangetref.

Paramedici is ontbied en Van Wyk is op die toneel dood verklaar.

Hy het met sy gesig na onder in ʼn plas bloed in die eetkamer gelê, met sy regterarm onder sy lyf gevou.

Dit het gelyk asof hy met ʼn stomp voorwerp of ʼn pyp geslaan is.

Volgens die berig was die huis netjies en niks is gesteel nie.

Van Wyk was in 1998 Suid-Afrika se fietsrykampioen vir die o.23-span.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marius ·

25 jaar vir moord, dit is belaglik. Ons regstelsel is ‘n grap !!!

domheks ·

Lekker die polisie ontduik! Nou vang hulle die gemors – en die regstelsel gee 25 jaar? Hoe lank gaan hy sit? Miskien 8 jaar wat die belasting betalers hom 5ster verblyf gaan voorsien. Dan laat die prez hom vry om verder te moor en plunder.

Maritza ·

Sal interesant wees om meer besonderhede te he oor hoe hulle die beskuldige vas getrek het en waar hy vandaan kom

Misky ·

Hoop hy kry die nodige en verdiende behandeling in die tronk – elke dag van sy bestaan!!!!

Renier johannes ·

Die regering moet die dood straf weer in stel dat die moorde kan stop

hpven ·

Watter regering, die anc regime kan nie eers hulself regeer nie. Dit is juis deur hulle dat hier anargie heers…

LIEZL ·

dis te min jare vir ‘n martelings moord. Hy moet ook gemartel word

TRP ·

Ok ek wil begin met, dit is ‘n rasseaanval maar ons mag dit nie so noem. Tweedens, langarm van die gereg vat wel…lank. Die ironie, hy kry ook nie baie LANK…25 jaar gaan beslis nie 25 wees. Ek is vandag net heeltemal teleurgesteld in ons regstelsel.

Hannelie ·

GEMORS!!!!!! En so sal ons ELKE LIEWE DAG lees van moorde maar daar word net mooi niks gedoen nie!!!!!

Marcello ·

Wow !!! hy is defnitief slimmer as die Valke, om vir solank weg te kom…

Eden ·

Dis met groot dankbaarheid dat die landdros bevind het die knaap is onbevoeg om ‘n vuurwapen te besit. Slegte ouens landwyd is in rep en roer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.