Fietsryer sterf tydens bergfietsren

Die wegspringpunt van die MTN bergfietsren in Clarens. Foto: @ChampsUncovered/Twitter

Die wegspringpunt van die MTN bergfietsren in Clarens. Foto: @ChampsUncovered/Twitter

ʼn Fietsryer is dood terwyl hy Saterdag aan die vierde been van die MTN- nasionale bergfietswedrenreeks in Clarens in die Vrystaat deelgeneem het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die fietsryer het sowat 300m van die wenstreep ineengestort. Paramedici is deur ʼn ander fietsryer ontbied.

Meiring sê paramedici het vir 55 minute mond-tot-mond-asemhaling op die man toegepas. Hy is egter op die toneel dood verklaar.

“Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie,” sê Meiring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.