Vier mense is in Vryheidspark naby Rustenburg in Noordwes in hegtenis geneem nadat daar winkels geplunder is.
Lees meerAlles vir Sondag 4 Mei 2014
EFF: ‘SA’ners het hulself bevry’
Dali Mpofu, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se premierskandidaat vir Gauteng, sê geen politieke party het Suid-Afrikaners bevry nie.
Vrou dood, kinders beseer in ongeluk
ʼn Vrou is dood en haar twee kinders is ernstig beseer in ʼn ongeluk op die R102 in Verulam buite Durban, KwaZulu-Natal.
Zuma: ‘ANC beweeg SA vorentoe’
President Jacob Zuma het Sondag duisende ANC-ondersteuners by die ENB-stadion in Soweto toegespreek waar die party sy laaste verkiesingsbyeenkoms gehou het.
DA-busse met klippe bestook
Drie busse wat DA-ondersteuners vervoer het, is Sondag in Alexandra en naby die ENB-stadion in Soweto met klippe bestook.
Foto’s: Hy vra oumagrootjie na skooldans
ʼn 19-jarige hoërskoolleerling van Rockford in die Amerikaanse deelstaat Ohio het sy 89-jarige oumagrootjie na sy skooldans gevra.
Geen ‘selfies’ asb, vra OVK
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ʼn beroep gedoen op kiesers om nie ‘selfies’ met hul stembriewe of in die stemhokkies te neem nie.
Sokkerster jok glo oor ontvoering
Punch Masenamela, ʼn speler van Mamelodi Sundowns, word deur die Valke ondersoek nadat hy glo voorgegee het dat hy ontvoer is.
Transitoroof: Meer as R40 m glo gesteel
Die Valke sê sy soektog na ʼn bende ‘gesofistikeerde rowers’ wat verlede week miljoene rande by die SBV-transitomaatskappy se kontantsentrum in Witbank, Mpumlanga geroof het, gaan onverpoosd voort.
2014-verkiesing lewer dalk laagste opkoms by stembus
Woensdag se algemene verkiesing gaan moontlik die laagste opkoms by die stembus sien sedert die aanvang van demokrasie in 1994, berig City Press.
Valke glo nie heeltemal onafhanklik nie
President Jacob Zuma sê die Valke sal nie meer verantwoordbaar wees indien die konstitusionele hof ʼn aansoek om hulle as ʼn onafhanklike eenheid van die polisie te verklaar, suksesvol is nie, berig die Sunday Independent.
R300 m se belastinggeld vir kultuurdorpie
Belastingbetalers gaan glo nagenoeg R300 miljoen moet opdok vir ʼn kultuurdorpie by koning Goodwill Zwelithini se paleis in Nongoma in die noorde van KwaZulu-Natal, berig Sunday Times.
Planne vir ‘Zumaville’ gaan voort
Planne vir die ontwikkeling van ʼn dorp van R2 miljard naby president Jacob Zuma se Nkandla-woning gaan voort, berig Sunday Times.
Verkeer herlei vir ANC-byeenkoms
Verkeer naby en rondom die ENB-stadion in Johannesburg sal Sondag herlei word weens die ANC se finale verkiesingsbyeenkoms wat plaasvind.
EFF: ‘Tlakula moet net bedank’
Die Ekonomiese Vryheidsvegter (EFF) het weer geëis dat Pansy Tlakula, beleërde voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), moet bedank voor die land sy vyfde algemene verkiesing op 7 Mei hou.
Boetes of selfs tronkstraf vir verkiesingsoortredings
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het gewaarsku dat mense wat vir verkiesingsverwante oortredings in hegtenis geneem word tronkstraf of stewige boetes opgelê kan word.
Fietsryer sterf tydens bergfietsren
ʼn Fietsryer is dood terwyl hy Saterdag aan die vierde been van die MTN- nasionale bergfietswedrenreeks in Clarens in die Vrystaat deelgeneem het.
Gedagte vir die dag: Jou lewe is ʼn lewende testament
Romeine 8:28 – Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.