Fita se appèlaansoek oor rookverbod aangehoor

(Argieffoto: Unsplash)

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Woensdag die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) se aansoek om verlof tot appèl aangehoor. Dít ná sy aansoek om die regering se verbod op die verkoop van tabakprodukte ter syde te laat stel, met koste van die hand gewys.

Die hof sal na verwagting volgende week oor die aansoek beslis, het Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, gesê.

Fita het aansoek gedoen om verlof om direk by die hoogste hof van appèl te appelleer. Dit volg nadat ʼn volbank regters, onder wie Dunstan Mlambo, die Gautengse regter-president, sy aansoek om die verbod ter syde te stel, van die hand gewys het.

Die hof het ten gunste van ʼn meerderheid van Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, se regsargumente beslis.

Fita het egter aangevoer dat die logiese grondslag waarop die verbod gegrond is, naamlik om te verhoed dat gesondheidsdienste oorweldig word met rokers wat ernstige Covid-19-simptome het, wegval as die bevolking aanhou rook.

ʼn Studie wat aan die hof voorgelê is, het getoon dat 90% van rokers aanhou rook het sedert die verkoop van sigarette op 27 Maart verbied is.

Fita voer aan die verbod is irrasioneel en daarom ongeldig. Hy het in sy aansoek tot appèl aangevoer dat die hof ʼn fout begaan het deur vol te hou dat rasionaliteit die strengste toets in die wet is.

Die tabakverbod word ook deur die land se grootste sigaretvervaardiger, British American Tobacco SA (Batsa), teengestaan.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het dié saak tot vroeg in Augustus uitgestel om staatsprokureurs die geleentheid te gee om op die finale beëdigde verklarings wat deur Batsa ingedien is, te reageer.

Dit sluit in ʼn verklaring van ʼn Britse kenner oor respiratoriese gesondheid, wat volhou dat daar geen bewyse is dat rokers sieker word van Covid-19 nie. Onlangse studies bevind ook dat die teendeel eerder waar is.

Suid-Afrika is die enigste land wat ʼn verbod het teen sigaret- en tabakverkope in ʼn poging om die verspreiding van die virus te beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

KB ·

Hierdie is een van die mees absurde COVID-19 regulasies, dit is uit die staanspoor gebaseer op onbewese en vals wetenskaplike feite/redenasies. Dan kom die bande van DZ (en haar seun) met Mazotti ook nog by, en haar arrogante houding mbt haar verantwoordelikhede rakende parlementêre navrae/versoeke, haar disrespek vir die presisent en haar inmenging (te midde van bogenoemde misstappe) in ander departemente moet nie misgekyk word nie.
Haar optrede spreek nie van verantwoordelikheid, omgee vir die land en sy bevolking, respek vir andere nie – maar veel eerder van narsisme en selfverryking.
Verder:
Die land word beroof van broodnodige belastinggeld.
Werknemers in die tabakbedryf sit sonder hul inkomste.
Die rokerspubliek word beroof van hul menseregte.
Die grootste deel vd media onderdruk ook publisiteit aan hierdie saak.

gatgogga ·

NDZ is nou in haar hardkoppige onnosel hardnekkigheid gedryf.
En ja, op die media kan jy altyd staatmaak om te kruip.

Robert ·

Daar is geen bewyse dat rook Covid-19 vererger nie, ook geen statestiek wereld wyd wat dit kan bewys nie. Gaan dit nie eerder oor die onwettige handel nie. Smokellaars word ryk uit smokelhandel. Benodig die staat nie die geld om Covid-19 testuit nie.

Leon ·

Die probleem wat FITA nie aanspreek is die feit dat nou kos onwettige sigarette meer en die ouens koop een sigaret vir 10 mense en hulle deel die sigaret wat COVID-19 aanhelp. Skosasana help eintlik COVID aan in plaas daarvan om dit te stop.

Piet ·

Dis verstomend hoe ons so hard sal baklei vir sigarette maar nie naastenby so hard vir kinders wat in armoede groot word, nie water by die skole het nie. Dit wys jou hoe kapitalisme ons breine aangetas het.

Gilla ·

Ek baklei elke maand daarvoor deurdat ek belasting betaal, As die regering nie hulle kinders as belangrik genoeg ag om vir hulle ordentlike skole te bou nie, gaan hulle nie na my luister nie. As my kind se skool sonder water was, sou al die ouers lankal ingespring het en plan gemaak het en nie hande gevou sit en wag dat iemand anders namens hulle kom baklei nie. Nie kapitalisties nie, net gesonde verstand. “Choose your battles carefully”

Sylvia ·

“Choose your battles carefully” ditto …. hoekom moet die regering alles doen, is dit nie juis omdat almal sit en wag dat die regering iets moet doen en dat mense te gemagsugtig is om opofferinge te maak en des te meer waarby kinders betrokke is nie? Dit is mos nie meer nuwe nuus dat daar geweldige korrupsie in ons land is van die regering tot by ander instellings, ponzi-skemas, waarvoor almal so maklik val. Om belasting te betaal is ongelukkig ‘n wet en ons eintlik verarm word deur hoê belastings, kan ons nog steeds nie toelaat dat dinge agteruitgaan nie, en moet ons ook help waar ons kan nie net “my kind se skool nie” Daar is tog baie mense wat hard baklei vir baie ander belangrike dinge en net sigarette nie, soos byvoorbeeld die absolute verbetering van ons hospitale, polisiediens, ens., ens.,

Piet ·

“As dit my kind se skool was…” gaan oor meer as net jou en jou onmiddelike familie. Kapitalistiese mentaliteit. Alles vir my en niks vir jou. Ons kan beter as dit wees, ek wens mense wil weer terug keer na was Jesus ons leer.

Sylvia ·

Ag nee wat, moenie veralgemeen nie, daar is rokers wat baie baie baie doen om armoediges te help, as dit nie vir dié sulkes was nie, sou daar baie baie baie meer mense doodgegaan het van honger, dors, eenvoudige verwaarlosing. Elke mens het ‘n verantwoordelikheid teenoor hom-/haarself en teenoor ander. Hierdie het niks met kapitalisme te doen nie.

Piet ·

Hierdie het alles met kapitalisme te doen. Arm kinders het nie miljoene rande om PR firmas te betaal om media artikels te plant en advertensie veltogte te begin nie. Die tabak industrie het, en hulle is net in dit vir die geld, Verkoop lekkerlik gif aan hulle klante en hier is almal besig om vir hulle op te staan. Ons kan beter doen as kapitalisme

Vanessa ·

Ek is ‘n roker, dis my besluit vir wie en wat ek opstaan voor. As ek gif in my longe inblaas het dit niks met niemand te doen nie. Ek baklei net so hard vir ander dinge wat saakmaak, soos plaasmoorde, armoede, werkloosheid ens. Ek maak my bydrae in die lewe om kos en klere te skenk aan die wat swaarkry. Het al my kaste leeg gemaak om te help. Met die pryse wat sigarette tans kos is my begroting bietjie in sy glorie in, maar steeds gee ek waar ek kan. So moenie my as roker oordeel as jy nie in dieselfde bootjie is nie. Ek het die reg om te baklei vir dit wat my sak raak.

Albert Willem ·

Nee meneer jy sit die pot mis, hoeveel belasting word reeds betaal om dit reg te stel. Of huil jy saam met regering

Persheks Adri ·

Volg die geld. NDZ maak geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Moet ons plekke gaan plunder soos our people en maak soos taxi organisasies??? Viva nuwe SA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.