Fondsinsameling vir James Small se kinders gehou

James Small. (Argieffoto)

Die SA Rugbylegendevereniging (Sarla) het ʼn geldinsamelingsgeleentheid gereël ten bate van James Small se kinders nadat die oud-Springbok vroeër vandeesmaand onverwags dood is.

Sarla sal op 7 Augustus ʼn huldeblyk-ontbyt aanbied in die Sandton Konvensiesentrum ter ere van Small. Tafels word verkoop teen R15 000 per tafel vir tien en alle geld sal aangewend word vir die onderrig en welstand van James se kinders, Ruby en Caleb.

Gavin Varejes, president van Sarla, het ʼn spesiaal gemaakte Harley Davidson, enig in sy soort, laat maak wat by die geleentheid opgeveil sal word.

Small is op 10 Julie aan ʼn hartaanval dood. Hy was 50 jaar oud. Sy begrafnisdiens is verlede by die Wanderers in Johannesburg gehou. Nagenoeg 300 mense het die diens bygewoon, onder wie verskeie Springbokspelers soos Rudolf Straeuli, André Pretorius, Pieter Hendriks, Kobus Wiese en Japie Mulder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Linda ·

Totaal onaanvaarbaar, hy het baie geld by volwasse klubs uitgemors. Sy twee kinders is nie wees nie, hul elk het n ma !

Bolla ·

Wonderlike mooi gebaar. Dankie vir julle omgee vir die twee kinders. Mag hy in vrede rus

Maria ·

Ai jy is seker sonder foute en het seker maar n saai lewe.Los die man dat hy in vrede kan rus.Hy het jou niks aangedoen nie.Jy hoef nie enige bydrae te naak nie

Sanna ·

Ek stem heeltemal met jou saam Linda. Ek het my kind alleen groot gemaak, dis mos niemand anders se verantwoordelikheid nie. Word ons deesdae ‘n “bedel”nasie? Daar word tot gevra vir ons resepteboeke en ou sokkies!?

Amanda Boshoff ·

Dit is hartseer maar stem die kinders het elkeen n ma ook.

Annie2 ·

Jy het ‘n keuse om deel te neem of nie. Dit is ‘n mooi gebaar. Los tog nou maar die kritiek oor sy lewe. Meeste van ons het ons eie gebeentes in die kas. Ongelukkig kan ek nou nie praat vir die hoog heiliges nie.

Johann Burmeister ·

Stem ook nie saam nie daar is baie wees kinders in Suid Afrika wie samel geld vir hulle in!!!

Swanna ·

Eish! hoe het hierdie ou gelewe? nou moet die nasie na sy kinders kyk. Geen wonder Nelson het van hom gehou nie. Goeie rygby speler was hy maar dit is waar dit gestop het.

Es ·

Daaris baie kinders wat albei ouers aan dood afstaan en self sien en kom klaar. Ek dink daar is groter behoeftes by ander mense, al is dit net vir n bordkos vir hul kinders. As geskeide ma het my MA nie onderhoud gekry nie, maar sy het dit ook nie breed gehad nie, sy het ons drie kinders griotendeels self groot gemaak

Jakkie ·

Fondse om Ruby wat maar 14 is in staat te stel om voort te faan om in Sandton City uit te hang en Armani en Gucci te dra. Lees maar hierdie wrek se Huisgenoot. James het ook bet handelsmerke gedra ????????

Antionette ·

Dit is n baie mooi gebaar… maar deesdae gaan dit finasieel sleg met miljoene mense in SA. Mense sukkel om kop bo water te hou en verloor jy jou werk is jou velkleur verkeerd en sukkel hordes mense om werk te kry. Wil iemand nie hierdie mense ook help nie????

Anoniem ·

Voel vir die kinders maar hulle het n ma. Ek is 61 en het ook nie n pensioen gaan iemand vir my sorg. Nee want ek het nie rugby gespeel of is n bekende sportman of wat ookal maar ek het tot dusver 45 gewerk om te help om hierdie land op te bou soos enige ander werker in die land. Ek het diensplig gedoen en 12 jaar elke jaar gaan diens doen om die mense se veiligheid in die land te verseker. Wat kry ek. Niks. Die rykes soos Johan Rupert wil nou die land uit terwyl ons vriende aan die dood afgestaan het tydens die grens oorlog. Terwyl die rykes in hulle warm beddens gele het het ons ons lewens opgeoffer vir hierdie land waar die Oppenheimers hul skatte bymekaar gemaak het. Ons het gewerk en vandag nog werk ons vir wat. Ons word weggegooi en hulle pak hul tasse en weereens word ons lewens berdreig want ons het niks. Al jou tyd gewerk vir n armsallige salaris om die rykman nog ryker te maak sodat hy ons vandag kan skop.

Al ·

Ek het groot simpatie oor hoe jy voel. Dit maak mens hartseer dat weermaglede deur soveel moes gaan en vergete is.
Ja dis ñ mooi gebaar vir James Small se kinders maar daar is groter nood onder ander SA gesinne en pensioenarisse.

RG ·

Danien, dankie dat julle ons veilig gehou het. Daar is wel van ons wat nooit sal vergeet nie. Dankie. Miskien is dit tog tyd dat daar wel ‘n fonds geskep word vir ons veterane. Afriforum, die recces was nie die enigstes wat opofferings gemaak het nie.

Lia ·

Oooo wee……waaroor braak almal nou gal oor die gebaar van mense??? Dit is nie die staat wat geld gee of insamel nie!! Dis mense wat dit graag wil doen en niemand van julle weet wat James se omstandighede was nie. Ja, die kinders het elk n ma, masr los tog die mense uit….dis elkeen se eie vrye keuse of hulle die saak wil ondersteun……wat het dit nou ye doen mrt diensplig gedoen en of jy swaarkry en dat daar ander is wat swaarder kry…..moenie kleinlik wees of oordeel nie! Eish!!!

Anoniem ·

Dit gaan nie oor kleinlikheid nie. Dit gaan oor as jy nou n beroemde mens was dan kan jy maar bakhand staan. Oor die diensplig sal jy nie verstaan nie want jy was nie daar nie. Jy besef nie dat daai manne op die grens groter helde was as enige sportman maar geen erkening gekry het nie. Jy sal nie verstaan want jou mater wat langs gesit het se breins en stukke vlees was oor jou lyf gespat. Jou buddy het sy bene en arms verloor vir mense soos jy. Wat se veeering het hy gekry. Gee jy geld vir sy kinders. Nee want jy weet nie wie hy was nie. Hy was een van vele wat jou lewe beskerm het. Wat dae en nagte in n bos met die minimum kos bly, deur slegte weers omstandighede met koels en mortiere wat om hom val. Dit is hy wat nie n springbok of protea trui gekry het of n emmie toekenning. Nee net n naam en mags nommer erens op n klip

A Visser ·

Lia, stem saam jou dis ‘n keuse wie wil gaan of nie….. Geen staatsinstansie nie dis mense wat wil…. Ter nagedagtenis aan James Small vir my was en sal altyd ‘n Legend bly…. Ja mens wonder het hy sy sake in orde gehad…. As iets gebeur…..

SuidkusTannie ·

Ek stem saam. Liewe hemel, los die mense! Die mense wat betrokke gaan wees gaan beslis nie armlastiges wees nie, ontspan! As hy vriende gehad het wat dit vir sy kinders wil doen, goed so. Ek glo hy het bygedra tot sy kinders se opvoeding, maar hy is nie meer daar nie. Die kinders het hulle pa verloor. Moenie dat ander mense se probleme keer dat die twee kinders bevoordeel word nie. Kla liewer oor die korrupsie in ons regering!

Anette ·

En sopas lees ek sy dogter dra NET brandname klere ???? Duisende ander kinders wat eintlik of eerder by so fondsinsameling sal kan baat!!!

Stand for change ·

Ag Lia, veg bietjie waar daar werklik ‘n nood is en nie vir die rykes wat hul geld verkwis nie.

Christa ·

EK dink regtig daar kan eerder fondsinsameling gereel word vir wit plakkerskampmense. Altwee daardie
Kinders het welaf ma’. James het sekerlik ook vir hulle geld nagelaat.

Johan Maritz ·

Maroela medie doen nou gemeenskaps werk en skryf nou artikels oor almal wat swaar kry of in James se situasie is sodat daar vir hulle ook geld ingesamel kan word Hoekom nou net hy wat bo-gemiddeld vergoed is vir die tyd wat hy rugby gespeel het MM julle moes nie die artikel geplaas het nie want dit is glad nie nuuswaardig nie slegs n advertensie .

Tannie Hettie ·

Wens iemand wil vir my ook ‘n fonds insameling hou sodat my kind se universiteits kostes betaal kan word. Is ‘n enkel ouer en is weens onlangse siekte verlam.

Skoolgeld ·

Dis defenitief ñ “scam” ! Hy het meer geld as meeste van ons gemaak in sy rugby tyd! En nee jy hy is nie die verlore seun se storie nie!

Linda ·

Ja ek het vandag se Huisgenoot gelees, hy het n Harley bike gery en n Maseratti kar, en ja, sy kinders het net designer labels gedra. Ek het nog nooit Armani of Guzzi gehad nie !!! Gee n bietjie die kant toe ook asb. Dankie

Vienna ·

Sjoe maar sommige van julle is lelik!
Dankie Sarla wens julle samel honderde duisende vir James se kinders in !

Bekommerd ·

Die verskil is dat daar nie geld is om werklike armes te help in die wit plakkerskampe nie, maar daar word vinnig fondsinsamelings gereël vir ‘n talente rugbyspeler se kinders wat ontwerpersklere dra! De hel daarmee! Help waar die hulp werklik nodig is en nie waar ‘n man sy geld in seksklubs uitgegee het nie!

Retha Basson ·

Ek het sopas die artikel in die nuwe Huisgenoot gelees.
Cristina Storm, het oor haar en James Small se 14j dogter, Ruby gesels.
Volgens Cristina bly Ruby in haar eie kothuis agter haar pa en stiefma se huis in Sandton. Blykbaar dra Ruby slegs ‘brand name’ klere soos Armani , Diesel ens James het ook n Maseratti gery.
Persoonlik glo ek sy het genoeg fondse om haar deur haar studies te dra.

Linda ·

Retha ja jy is reg. Ek voel ook net dat n meisiekind van 14 jaar oud moes terug gegaan het na haar ma toe. Christina se sy se dis net oumense wat daar in St Francisbaai bly. Sy wil blykbaar na Augustus in Durban by haar peetma gaan bky. Ek kry die indruk die kind is baie bederf en doen net haar eie ding sonder enige dissipline. Ek mag verkeerd wees !

Linda ·

Ek het al lankal vir Maroela Media n private epos gestuur en gevra, nes Johan Maritz hier bo verduidelik, hou op om gemeenskapswerk en fonds insameling hier te doen. Mense wat fondse soek, kan dit self op Sosiale Media adverteer. Maroela Media is n nuus bulletin en nie n tipe welsynsorganisasie nie !!! Dit maak mense soos ek baie deppresief as Maroela Media bly vir geld vra, wat ek nie kan bekostig nie. Ek kry n pensioen, Sassa, geldjie elke maand en ek sukkel self op 66 jarige ouderdom.

Maxi ·

Stem saam. Soos ek lees klink dit asof die dogter n bedorwe ryksman dogtertjie is. Waar sien jy n 14 jarige bly in haar eie kothuis. Hul omstandighede is vir my onbekend. Maar, ek sou my dogter terug wil he in my huis. Dalk wat sy nog het, n mooi dorpie soos St Francisbaai sonder nagemaakte blink liggies. Daar sou geen keuse wees om om my kind na n ander familie lid te stuur om groot te maak. Hierdie is maar net my mening. Mag die regte besluit gemaak word.

Foxi ·

Doen asseblief ook n fondsinsameling vir voer vir die boere se vee wat vrek van die honger deur die droogte. Julle harte sal smelt as julle sien hoe n lammetjie hardloop vir n bietjie kos. Dis wreed en verskriklik hartseer om DIT te sien. Met respek gesê, het Small se kinders moeders wat vir hulle kan sorg.

Vienna ·

Stem saam met jou
Ek is net so geskok
Maar verstaan want mense koop/lees
nog Huisgenoot

Bekommerd ·

Ek lees nie snert soos die Huisgenoot nie, maar gebruik my verstand vir barmhartigheid vir die regte doeleindes en waar werklik benodig word. Die klein madam wil nie hê haar ma moet vir haar sorg nie, want sy wil nie terugtrek PE toe nie. Nou moet daar fondsinsameling vir haar gehou word. Sy het dissipline nodig.

Hendrik van George ·

“Token” gebaar van sy pêlle! Niemand kan sy lewens keuses goed praat nie, en sy kinders het definitief nie die geld nodig nie..

Karen ·

Dit is nou vir my verkeerd. Hulle is nie wees nie & hoeveel ander kindertjies is daar watt hulp nodig her. Lyk my dis wie jy ken!
Duidelik was daar nie n geld tekort mie as ek sien hoe hy gelewe het.

Ig ·

Eish, nou is Maroela Media ook een van die beskuldiges, tipiese geval van Skiet die Boodskapper,

SuidkusTannie ·

Klink my hier is maar ‘n paar verbitterde depro mense wat gratis nuus lees op Maroela Media? Liewe hemel, los die mense! Die mense wat betrokke gaan wees gaan beslis nie armlastiges wees nie, ontspan! As hy vriende gehad het wat dit vir sy kinders wil doen, goed so. Ek glo hy het bygedra tot sy kinders se opvoeding, maar hy is nie meer daar nie. Die kinders het hulle pa verloor. Moenie dat ander mense se probleme keer dat die twee kinders bevoordeel word nie. Hoekom nie? Ek het ook nie baie geld en fancy karre nie, maar ek gun dit vir ander wat dit kan bekostig. Kla liewer oor die korrupsie in ons regering! Terloops, Ruby is ‘n pragtige dogter, al is sy dalk bietjie bederf!

Bekommerd ·

Ag Suidkus Tannie, dis mense soos jy wat nie.kan opstaan vir reg en geregtigheid waar dit werklik nodig is nie, wat my siek maak! Julle politiese-korrekte hipokrate wat maak asof botter in julle monde nie kan smelt nie! Mooi so vir diegene wat die verskil kan sien tussen bedorwe brokkies en mense wat WERKLIK hulp nodig het!

SuidkusTannie ·

Klink my hier is maar ‘n paar verbitterde depro mense wat gratis nuus lees op Maroela Media? As hy vriende gehad het wat dit vir sy kinders wil doen, goed so. Moenie dat ander mense se probleme keer dat die twee kinders bevoordeel word nie. Hoekom nie? Ek het ook nie baie geld en duur karre nie, maar ek gun dit vir ander wat dit kan bekostig. Ek sal nie omgee as iemand my kinders sal bederf as ek doodgaan nie. Terloops, ek ken hulle nie, maar Ruby is ‘n pragtige dogter, al is sy dalk bietjie bederf! Die wêreld is vol bedorwe brokkies!

SuidkusTannie ·

Klink my hier is maar ‘n paar verbitterde depro mense wat gratis nuus lees op Maroela Media? Moenie dat ander mense se probleme keer dat die twee kinders bevoordeel word nie. Hoekom nie? ‘You can’t save the world!’Ek het ook nie baie geld en duur karre nie, maar ek gun dit vir ander wat dit kan bekostig. Ek sal nie omgee as iemand my kinders bederf as ek doodgaan nie. Terloops, ek ken hulle nie, maar Ruby is ‘n pragtige dogter, al is sy dalk bietjie bederf! Die wêreld is vol bedorwe brokkies!

NJ ·

Sonder om lelik te wees… Die is ‘n grap want ek sien elke dag in my werk hoe kinders hul ouers verloor in ongelukke, brande, ens. (Nood dienste).
Hulle het niks meer oor nie en daar word niks vir hulle gedoen nie.
As ek in ‘n brand dood gaan, gaan daar vir my kinders ‘n fonds insameling gehou word? haha… nee, want ek verdien nie miljoene om met ‘n bal te speel nie.
Die wereld se prioriteite is verkeerd!!!

Grassie ·

Ek stem gladnie saam nie, hy het baie meer geld as meeste gemaak en nou soek hulle die geld wat na ander mense se kinders sou kyk. My moeder het 3 seuns op haar eie groot gemaak sonder enige hulp. As jy nie vir jou eie mense ‘n plan gemaak het wou jy nie!!

Leslie ·

Mense wat so koer oor die arme kindertjies is pêlle en familielede. Gee tyd. .. die testament sal nog uitsorteer word. Dit neem mos tyd. Rome is nie in een dag gebou nie!

A Mac ·

Dis ‘n skreiende skande dat hier ‘n man is waarna meeste mense opgekyk het as gevolge van sy rubybydrae maar hy kon nie eers die moeite doen om vir sy kinders voorsorg te tref nie. Ek dink die meeste ouers dink en maak voorsiening vir hul kinders. Duisende kinders se ouers sterf en niemand hou fondsinsamelings vir hulle nie. Mense moet hierdie nou as voorbeeld neem en begin om ordentlik voorsiening vir jou kinders te maak dat dit nie ‘n slegte indruk laat die dag as jy die hede verruil vir die hiernamaals nie.

Alida ·

Dit is bog daardie familie is nie arm nie. Wat van die miljoene honger kindertjies in SA. Hulle is bedorwe brokkies.

Honey Bee ·

Ek stem saam dat dit belaglik is. My kleinkind se ouers is altwee oorlede, en ek n ouma wat net pensioen kry moet vir haar sorg. Maar nou ja, ons is nie bekend nie.

CHAPPIES ·

Liewe Genade tog!
Gun jou medemens tog ook iets!
Ek laat sak,ook sowaar my kop in skaamte, vir nydige volksgenote

Stand for change ·

Chappies! Gun mense ook iets! Hulle het meer as ek en jy – Masarati, Gucci-Klere! Asseblief!

joan labuschagne ·

Ek het lanklaas soveel negatiewe en veroordelende kommentare gelees en kry skaam vir my mede Suid Afrikaners. Sou jy nie belangstel om hierdie fondsinsameling te ondersteun nie, gaan dan verby na die volgende storie. Jou persoonlike mening gaan nie die poging kelder nie. Dit wat jul hier kwytraak wys maar alte duidelik watter tipe mens jy is. Moenie oordeel nie sodat jy nie ge-oordeel word nie.

Bianca ·

Ek is nou ook geen Small fan nie, maar dit pla mý nou eerlikwaar nié, as iemand nms hulle besluit om n fondsinsameling te hou nie!
SO WHAT as hulle gemasarati,geporsche, gecucci,gemaldive,gegreece,gesolomon GEWÁT het!!!
Hou jou snoet uit ander mense se lewe uit

craig ·

Die wat so galbraak oor die wat galbraak, almal het ‘n reg op ‘n opinie. Hou jou snoet uit ander se kommentaar.

Annette ·

Ek het arm groot geword,moes std 8 skool verlaat en gaan werk,is nogsteeds sonder SASSA, pensioen,ens,werk net van die hand na die mond,ek sou wat wil gee om my eie kar en huis te hê,maar sulke bederfde kinders,en mense wat hul versterk in hul kwaad,ja die boedel vat n tyd,hul gaan nie met die minste tevrede wees,daar kom n nuwe seisoen met nuwe modes,nuwe fone,ens, dis nie my skuld dat ek arm groot geword het,ook nie die kinders se skuld dat hul ryk groot word,iewers moet daar n streep getrek word!

E Slabbert ·

James Small is dood hy het nie gevra vir n donasie nie sy rugby vriende reel dit nie n wonder SA is in so gemors nie want ons Afrikaners sien nie dat die son vir ander ook skyn nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.