Fop-boodskap veroorsaak rasseherrie

Daar is bevind die gewraakte boodskap wat rondgestuur is, is vals. (Skermgreep: Twitter)

ʼn Bestuurder by die motorhandelaar Lindsay Saker in Kempton Park is van alle blaam onthef, nadat ʼn fop-WhatsApp-boodskap, waarin hy kwansuis met die k-woord na van sy werknemers verwys en hulle “swart ape” noem, die ronde gedoen het.

In die boodskap kla Shalen Singh klaarblyklik oor sy werkers en verwys hy op ʼn kru wyse na hulle.

Die Lindsay Saker-groep het Woensdag reeds ʼn ondersoek na die voorval, waarby Singh betrek is, van stapel gestuur en gesê hy neem kwessies soos dié nie ligtelik op nie.

“Die Lindsay Saker-groep het ʼn behoorlike ondersoek met die hulp van forensiese ondersoekers en die polisie gedoen. Ons het bevind mnr. Singh is nie skuldig aan enige wangedrag, haatspraak óf diefstal nie.

Dit blyk nou dat Singh die slagoffer van ʼn kuberboelie was en geensins by die kamma-boodskappe betrokke was nie.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het boonop ʼn skermgreep van die gewraakte boodskap op Twitter met sy meer as 175 000 volgelinge gedeel. In die twiet sê hy dít is hoekom hy rassiste haat en verwys hy na die “#LindsaysakerRacist”.

Daar is ná Lesufi se twiet onder meer geëis dat Singh afgedank word en dat instellings soos die Menseregtekommissie die saak moet ondersoek.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het die boodskap op Twitter gedeel. (Skermgreep: Twitter)

In nóg ʼn twiet later vandag het Lesufi die motorhandelgroep bedank vir die ondersoek en gesê hulle het daardeur “leierskap gewys”.

ʼn Soektog na die persoon wat die boodskap gefabriseer het, is intussen van stapel gestuur.

“ʼn Saak is aanhangig gemaak teen die persoon wat die boodskappe vervals het en ons sal ons bes doen om die oortreder(s) te laat vervolg,” het die groep gesê.

Die Kempton Park-polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Judge Dredd ·

Wie het Lesufi die reg gegee om die boodskap te versprei.
Die regering het die POPI act – (protection of personnel information) juis vir sulke redes ingebring.
Lesufi moet aangekla word.

Die Verlore Skaap ·

Want dalk het hyself iets te dien met fabrikasie van die boodskap om sodoende onmin te saai ? en dit dan wyd te versprei

Henk Stander ·

Presies! Lesufi moet aangekla word van gevaarlike aanhitsing.

Anoniem ·

Lesufi spring vinnig op sy pertjie en toon daardeer geen leierskap nie, hy beoordeel en spreek valse getuienis teenoor n ander assof hy homself verlustig in enige iets wat lyk soos rassehaat (maar let wel net as die “haat” teenoor swartmense is) want dan kan hy self begin aanhit by sy volgelinge wat baie gevaarlik is, maar ek is nie te bekommerd nie want hy sal eendag moet rekenskap gee oor sy dade.

Ruaan ·

Nee Judge, jy is verkeerd! Die POPI wet is nog nie geïmplementeer nie.

Jacqui ·

Ek hoop van harte hy word aangevat. En nie dat hy omverskoning vra vir sy twiet wat iemand se lewe kon verwoes nie. Vieslike vent

WitBlits ·

Daar val Lesufi “hook, line & sinker” vir die een net om te wys waarom hy rassiste haat en nou wonder ek wie die eintlike rassis is?

Pieter ·

Hy het hulle bedank vir die goeie leierskap wat hulle gewys het.
Dis is meer leierskap as wat hy getoon het toe hy onmiddelik op die populere bandwagon gespring het en die persoon aangeval het, sonder om te weet wat die meriete van die geval was.
Maar hy is bekend daarvoor.

schaun ·

Lezufi is dan self n rassis hoekom sê hy dat hy rassiste haat ,haat hy dan homself?

Nee Rêrig! ·

Wie dink Lesufi is hy om nog voor enige ondersoek gedoen is sommer net sulke afleidings te maak en dit dan nog boonop aan te stuur! Hoop mnr. Singh en die Lindsay Saker groep dagvaar hom vir naamskending! Hy het duidelik niks uit die Schweizer Reneke voorval geleer nie…

Strawberry Lippies ·

….. die mense gooi klippies.. dit is darem te lekker as jy in ‘n glashuis bly om klippe te gooi! Is Lesufi nie die einste een wat haatspraak toepas nie???

Hettie ·

Soos gewoonlik sal Lesufi eerste op die perd spring ! Daar is nie ‘groter rassis as hy nie !

BlinkStephaans ·

Ag en daar span ou lesoefi toe weer die kar voor die perde in…. soos gewoonlik… en hy moet toe weer baie vinnig terug krabel toe alles as kwaadwilliig gevind is. Nou wag ons net vir die naam van die ou wat dit begin het. Dit sal nou vir jou ñ interessante een wees. Hou ons asb op hoogte Maroela… moet nou nie die een laat sterf. Miskien kan lesoefi nog met ñ saak stilgemaak word. Hy spring darem net te graag op sy ras perdjie… en hy sal nie stop voor iemand hom in die bek geruk het.

Riaan ·

En soos meeste undercover rasisste, soos lefoefie, wys hulle hulle ware kleure een of ander tyd – gelukkig is Indiers nou ook rassiste in die onbevoegde grootbek rassis se boek!

Piet ·

En hy is so ongeskik, hy vra nie eers die onsjuldige Singh verskoning dat hy hom summier n rassis genoem het sonder om die feite te ken nie. Hy is die ware rassis.

Juriw ·

Lesufi se kommentaar is heeltemal onvanpas.Hy moet hom eerder bepaal by dit waarvoor hy aanspreeklik is. Sy agenda is baie duidelik,ons almal is teen rassisme/omgekeerd ook.Ek glo as sy aandag by sy werk is soos wat dit op sosiale media is sal hy wondere verrig.Ongelukkig word hy deur sy eie ego en die party wat hy verteenwordig gelei.

adk ·

Van leierskap gepraat miskien moet die LUR ‘n leierskap kursus asook intigriteits kursus bywoon . Hy is ook n swak voorbeeld vir sy volgelinge. Die premier en CR behoort hom voorstok te kry. Absoluut onaanvaarbaar. Hy hoort in JZ en EFF se kabinet. Ek hoop die man trek ‘n Trevor Manual op hom. Kan hom duur te staan kom. Hy het seer sekerlik nie dié uitspraak gelees nie. Natuurlik geen berou nie.

Uilspieel ·

Gee tog asb vir Lesufi ń sterretjie badge en balkie wat sê: klaskaptein van die hornderhok. Hy moet doen wat in sy flippen job discription staan en ophou om sy toys uit sy pram te gooi vir als. Plaas hy sy foontjie neersit en sy werkies doen.

jaco ·

wag nou eers mnr Lexsufi, die persoon wat daardie woord gebruik het, is ‘n Indiër, so hy is nie wit nie. Volgens julle in die ANC kan NET wit mense mos rassisties wees. So wat nou gemaak?

Jacques ·

Toffie – Net n plank , ek reken hy het sy naam met n hele plantasie geslaan . Dit is wat gebeur as jy op ander dinge konsentreer behalwe jou werk . Ek wonder of hy nou so fluks gaan wees om die skole wat uitmekaar val so mooi vinnig reg te maak ? Seker nie .

Ra Amon Khan ·

.
.
Volgende is die” Deep Fake” videos waar jy enige persoon se gesig en stem op video sit en jy dan doen en sê wat jy wil en dit lyk asof die persoon dit self sê….gaan kyk maar op die internet waar Obama met n Kaapse-Afrikaanse aksent op die dokke staan en praat met sy visstok in die hand,terwyl hy in Afrikaans goed kwyt raak oor die aas aan sy hoek…ek wet julle voor 2020 is daar weer DeepFake videos van Trump wat goed kwytraak wat vals is…
.
.

Onnie ·

Lesufi is n opperste rasis, wat rassehaat aanblaas elke keer as hy sy mond oop maak of met sy vinger tik. Kla hom n slag aan, sodat hy in die vervolg twee keer dink voor hy sulke stupid goed doen. Idioot!

Helena. ·

Sit slim kind..0 uit 10 vir jou..
Klap sy naam met n vrot vis.

Koos de Meyer. ·

Dis hoog tyd dat
meneer op sy plek gesit word. Hy is te voor op die wa. Rassis van d ie eerste water.

Ig ·

Lê ‘n klag van crimen iniuria teen Lesufi vir sy verspreiding van lasterlike materiaal en dagvaar hom vir laster. As hy 175 000 volgelinge op Twitter het, kan dit ‘n aardige bedrag beloop wat hy uit sy gatsak moet betaal bo en behalwe vir sy regskoste en moontlike boete in die strafsaak.

Al ·

Lesufi is ñ opperste rassis!
Singh moet hom hof toe sleep oor naamskending. Want Lindsay Saker gaan finansiële verliese lei. Nie al Lesufi se volgelinge gaan weet dis ñ vals storie nie.
Lesufi het sy eie naam krater gemaak. Lekker man, lekker!

Hanna Hoekom ·

Lesufi het seker nie besef dat die “rassis” n bruin man is nie. Simpel sot! Dankie tog mnr Singh is nie n blanke man nie, anders was die MRK al lankal op sy spoor.

Stel ·

Hoop lesufi vra omverskoning vir die mense wat se naam “hy beswadder” het en uit gewys het as rassiste. Swak leier met selfbeeld probleem dis al wat ek sien.

DS ·

Ek dink Lesufi is “undercover” EFF hy en Malema praat uit een mond – twee hipokrate – haat rassiste maar hulle is grootste rassiste. En dan word ou Zille heeltyd aangevat oor haar “posts” maar dit is NIKS in vergelyking met Lefusi se “posts” nie.

Lalaland ·

Wonder of Lesuvi nie agter die ding sit nie
Hy is mos die dik nekkie van die plekkie
Hul leer haat by hul leiers hul het nie nodig om dit op n WA te lees nie

Roos ·

Dit maak my bekommerd, Zaks. So iets behoort onwettig te wees. Soos die berig, kan dit mense seermaak en groot skade berokken.
Ek dink nie dis snaaks nie.

Emma ·

Plaas dat lesufi konsentreer op sy werk en die agteruitgang van sy skole. Nou wys hy maar net hy meng hom oral in en dat hy n opperste rassis is. Gaan nog sy vingers verbrand

Johann cb ·

Kan ons nou ‘n beroep doen dat Mnr Lesufi afgedank word?

sweis ·

Daar moet opgetree word teen lezufi of dit nou met n siviele eis of n totale boikot teen hom maar weg moet hy weg hy is nie n rasse beter nie maar n afrikaanse hater.

Zelda De Ridder ·

Wow!!!! Wonder wie is nou ‘n rassis? Kan my kop ‘n blok sit dat die “ge-eerde” persoon geglo het die uitgekryte persoon wit is. Hy het onware inligting kwyt geraak en op sosiale media versprei en kan vervolg word. Mnr Singh moet dit nie net los nie. Maak van die “ge-eerde” ‘n voorbeeld asseblief1!!!????

Kriekie ·

Die taalgebruik in die boodskappe lyk baie lomp en vals. Dit lyk na n poging om so rassisties as moontlik te wees om n reaksie uit te lok. Dis waarskynlik n poging om verdeeltheid te skep waar dit nie bestaan nie.

Gert ·

Mr Loslussie het gedink dit is n wit persoon. Wat hy einlik graag wou sê is dat hy haat wit mense met n passie. Sy aksie wys op erge onbevoegdheid. Vat hom hof toe

Boerin ·

Lesufi altyd vol haat…en nooit besig met wat hy moet wees nie ! Altyd op die uitkyk om sy eie haat op die wittes af te dwing !

Boerin ·

Waarheid Kriekie ! Net Lesufi wat dit vir soetkoek sal opeet..dis so reg in sy kraal!
Betreurenswaardig dat so hater steeds in so belangrike pos is!

Piket. ·

Presies mnr. Lesufi!
LEIERSKAP!!
Kom nou , mnr. Lesufi!
DIS HOE ONS n LAND en NASIE BOU!
Probeer dit gerus.
Ons sien uit na jou LEIERSKAP!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.