Foto’s: Bokke trek ”n Faf’ vir bewusmaking

Faf de Klerk in sy swembroek. (Foto: Instagram)

Nadat Faf de Klerk sowat twee weke gelede die land aan die giggel gehad het met sy Suid-Afrikaanse vlag-swembroek in die Springbokke se kleedkamer, het hy nou die inisiatief geneem om dit in ʼn bewusmakingsveldtog te omskep.

Faf het deur ‘n inskrywing op sy Instagram-blad, waar hy weer in só broekie poseer, ander Springbok-rugbyspelers uitgedaag om óók in hul knapste swembroekies te poseer ten einde meer bewusmaking te skep oor testikulêre kanker.

“Uitdaging aanvaar! Testikulêre kanker is een van die algemeenste kankers onder jong mans. Hoe vroeër dit ontdek word, hoe vinniger kan dit genees word. Kyk in my stories, of volg die skakel in my bio om belangrike wenke te ontvang oor hoe jy jou balvaardighede kan verbeter,” het Siya Kolisi, die span se kaptein, tong in die kies op Instagram geskryf.

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, in sy swembroek. (Foto: Instagram)

Dié inskrywing het amper 60 000 trefslae ontvang. Die skakel neem gebruikers na die #FafChallenge-webwerf. Hier kan mans meer leer oor die regte maniere om enige abnormaliteite by hul testes op te spoor.

Intussen het die span ook op die uitdaging gereageer en het Cheslin Kolbe, Makazole Mapimpi en Jesse Kriel ook plasings op sosiale media gedoen. “Ons moet onthou om met ons balle te speel,” het Jesse Kriel, Springbok-buitesenter, grappenderwys in ʼn video gesê en ander uitgedaag om ook in hul onderbroeke te poseer.

Provinsiale spelers, soos Dillyn Leyds, wat vir die Stormers uitdraf, het ook die uitdaging aanvaar.

Die groot manne van die span, Duane Vermeulen, RG Snyman en Steven Kitshoff is ook uitgedaag om hul sjoebroekies vir die wêreld te wys, maar dié manne het nog nie inskrywings op hul Instagram-blaaie gedeel nie.

Daar is reeds heelwat inskrywings onder die #FafChallenge-hutsmerk op Instagram gedeel, met ondersteuners wat ook met hul lywe in aitsa-broekies pronk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Werner ·

Kyk hierdie storie raak nou al net so afgesaag as die EFF en BLF weet nie wat so wonderlik is van ou Faf se onderbroek nie alle mans dra een kom julle dit nou eers agter of wat

Jennifer ·

Ag ontspan Werner…..daars ‘n goeie doel agter die broekie….ondersteun eerder as om negatief te wees….dit is ook al afgesaag dat mense so negatief is die heeltyd oor alles. Lig jou kop sien die mooi dinge bietjie raak

Susan ·

Stem saam jou Jennifer!!!! die mense moet nou die mooi en die fun agter hierdie mooi onderbroek van Faf en die manne begin raak sien . Hou op negatief wees en lag saam .
LAG EN DIE WERELD LAG SAAM JOU!!! ONS HET DIT NODIG .
Go vir daai mooi onderbroekies van julle BOKKE!!!

se net ·

Hoe se hulle, As jy dit het, wys dit.
Maar rerigggg ek sal nie my ou lyf so verneder om hom in dai vlag te mondeer nie.
Net my beskeie mening

Yvonne ·

N bietjie humor, tong in die kies, vir n goeie doel het nog nooit iemand skade gedoen nie. Ek dink almal kan doen met bietjie positiewe nuus. Hoop ander manne volg ook.

karen ·

dit is immers Movember – en ja as dit ander kan aanspoor om vir kanker te laat toets – hoekom nie.

@Werner ·

Ek stem Werner, en van ons ouens lyk goed in so broek, ander is plain walglik. Maar ja, dit raak nou bietjie afgesaag.

Nettie ·

O nee, liewe genade, DIS DAREM TE ERG so vroeg op ‘n Donderdagoggend. Die idee is wonderlik, maar regtig – ek wil nie DAARDIE ware so vroeg moet aanskoud nie, mense.

Liewe Nettie ·

Dis pragtig, dis mooi, volmaak geskape. Mens moet dit waardeer

Maria ·

Dankie BOKKE vir “bewusmaker”omgee en lyk baie sextjie verserker SA manne sal opgewone maak.

CS ·

Lekker lag ek nou want my man gaan soos FAF se pa lyk as ek vir hom so een moet koop lol

Milwa ·

Uiteindelik kry ons dames ook iets om na te kyk, en dan nog ‘n baie positiewe en belangrike inisiatief van die manne! Mooi so Faf

Wonner ·

Dit raak nou belaglik…julle het die beker gewen kom oor dit asb e gaan aan met jul lewens..

Corrien ·

Laag gedaal as jy op hierdie manier aandag soek. Ek sien nie die Humor hiervan in nie,ook nie die goeie doel nie. As jy die goeie doel wil dien, doen jy dit financieel anoniem. Snaaks hoe baie vrouens dink dis nou fun. God sal die skape van die bokke skei.

Rika ·

Dit is vir n goeie doel, en al kan hierdie net 1 persoon aanmoedig om seker te maak hy het nie kanker nie, of n vroee diagnose kan gee wat sy lewe kan red, het dit sy doel gedien. Net soos met vroue en borskanker en ovaria kanker, kry baie mans ook kanker. Ondersteun hulle liewer en hou op moun oor alles.

Stofbakkies ·

Aitog, Faf was in ‘n speedo, nie ‘n onderbroek nie en hy het die lyf om dit te dra. Dit was lekker pret en word nou aangewend vir ‘n goeie doel, jitte is daar nie genoeg negatiewe dinge in ons ou land nie. Bietjie lag doen ons net goed. Moet ons dan nou heeltyd oor als galbraak.

Niklaas ·

Stem saam. Sien die humor in situasies raak en geniet so iets. Mens kan nie net morbied en nors bly nie. Prettighede is goeie terapie.

Hanlie ·

Ag ou Faffie, so bly jy het die inisiatief geneem. Sjoe, en daai lyf van Kolisi!!

JP ·

Dis n speedo met die landsvlag op, niks spesiaals of nuut nie.

Heksie ·

ag stuur seblief vir Mnr Andile Mngxitama ok ene met al die bokke se handtekening op toe hy sal dit nou waardeer. sal n krismis pressie vir hom wees.

Scalla ·

Hul sal seker gal braak as iemand in die ou landsvlag poseer.

Adel ·

Ek vra maar net….. was die doel nie eintlik om in die land se vlag swem broekie te posseer nie? Nou is dit sommer allerhande onderbroeke & swembroeke waarin hulle foto’s neem. Eish!!

Natuurlik ñ baie trotse bok ondersteuner!!

tant Anna ·

nog nooit, was onse landsvlag NOU SO MOOI vir my!!!! hulle lyk te oulik, met hul gespierde ou beertjie lywe

Ekke ·

Ag nee wat, die ou broekie en lywe doen dit nou glad nie vir my nie…my man lyk baie beter in sy Jockey…. hahaha

Petrus ·

G’n wonder “klein” Kolbe “tackle” so goed, kyk net so ‘n bolyf!

LOL ·

Spelers is perfek gekondisioneer wat aandui hoe hard hulle oefen. Tong in die kies- nie een van hulle het vars trapmerke op hulle lywe- rugby het sag geword?

humor ·

As hul eendag proteas is sal dit seker nie meer oor balvaardigheid gaan nie maar oor stingelvaardigheid. ( Leon Shuster- grap) In die lig van die morele verval

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.