[Foto’s] Man se liggaam in Durban-hawe gekry

Die polisie is besig om die man se liggaam uit die water te haal. Foto: SAPD

Die polisie is besig om die man se liggaam uit die water te haal. Foto: SAPD

Die liggaam van ʼn onbekende man is Sondag in die vlak water by die Durban-hawe gevind.

Lt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Maandag gesê die liggaam is deur die polisie se soek-en-reddingseenheid naby die gewilde besoekersbestemming, Wilson’s Wharf, uit die water gehaal.

“ʼn Saak van moord word ondersoek aangesien die liggaam opsigtelike steekwonde en beenbreuke het,” het Gwala gesê.

Whilson’s Wharf is ʼn gewilde bestemming onder toeriste en plaaslike inwoners met verskeie restaurante, kuierplekke en bootritte wat van daar af bedryf word.

Die Maydon Wharf-polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.