Foto’s: Mugabe se val ʼn internetsensasie

Só het die Zimbabwe Herald oor die voorval berig.

Só het die Zimbabwe Herald oor die voorval berig.

Twitter-gebruikers het nie op hulle laat wag nadat pres. Robert Mugabe (90) van Zimbabwe Woensdag geval het tydens sy terugkeer van die Afrika-Unie spitsberaad nie.

Gebruikers van dié sosialemedia-netwerk het kort na die voorval gemanipuleerde foto’s begin oplaai van Mugabe wat dans, branderplankry en sokker speel.

Volgens berigte is verskeie fotograwe Woensdag gedwing om foto’s wat hulle van Mugabe se val geneem het, uit te vee. Dit het egter nie gehelp nie en die foto’s het vinnig aanlyn versprei.

Die staatsbeheerde Zimbabwe Herald het ook oor die voorval berig – met foto en al. Die berig het egter die skuld op die mat geplaas en ander media-instansies gekritiseer omdat hulle dit aan Mugabe se ouderdom en gesondheid gekoppel het.

Die koerant het ook uitgewei oor ander voorvalle waar staatshoofde geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish! ·

Ek het nou lekker gelag! Net jammer hy is nie besig om in sy graf in te spring nie!

Marietjie ·

Hoogmoed kom voor die val. Jammer hy het nie ‘n heup gebreek of iets nie. Ou mense wat heupbreuke opdoen kom gewoontlik nie weer uit die hospitaal nie.

Petrus van Eeden ·

Jammer om dit te verneem! Sou tog beter geweest het as hy op sy kop geval het!

Pieter ·

Hofnar van Zimbabwiese parlement!! Of moet ek eerder se Hoofnar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.