[Foto’s] Nege vas toe Wits-geweld oorspoel

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Nege verdagtes is in hegtenis geneem nadat geweld by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) Vrydagaand na die strate van Braamfontein oorgespoel het.

ʼn Groot hoeveelheid polisiebeamptes is in die Johannesburgse middestad ontplooi. Die betogers, vermoedelik Wits-studente, het twee voertuie aan die brand gesteek en talle winkels geplunder. Verbygaande motors is met klippe en bottels bestook.

Volgens die polisie is vier van die vyf mans wat in hegtenis geneem is studente. Die verdagtes sal Maandag in die Hillbrow-landdroshof verskyn. Die betogings by Wits het die afgelope paar dae na die middestad oorgespoel terwyl klasse by die universiteit voortgegaan het.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Volgens Wits het die betogende studente omstreeks 17:30 by die Matrix-studentewinkelsentrum naby die manskoshuise bymekaargekom. Veiligheidswagte het die studente van die kampus verdryf waarna hulle ʼn heining probeer omstoot het. Die studente is hierna die strate van Braamfontein in waar hulle by ander betogende studente aangesluit het.

Intussen het die ontwrigting naby die Matrix, ʼn gebou op die Oos-kampus, voortgegaan en het die betogende studente ʼn pad probeer versper. Hulle het ook asblikke aan die brand gesteek en die brandweer is ontbied. Petrolbomme is intussen ook na geboue gegooi. Volgens Wits was die kampus eers teen 22:00 kalm.

Wits het intussen die geweld veroordeel maar gesê klasse sal Maandag voortgaan. Wits het gesê studente wat hul aan misdaad skuldig maak, sal in hegtenis geneem en geskors word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pieter ·

More is hulle weeer los gelaat en doen weer dieselfde brand en vernietig hulle het mos nie betaal daarvoor nie VERNIET GEKRY.

Karel ·

Ag regtig, hoe vas? More is hulle terug op straat om verder af te brand en vir die polisie te lag.

Ek ·

Seer laat om nou studente amok en anargie te veroordeel dit is wat die regering, polisie en Universiteite reeds van die begin af moes gedoen het. Neem die gemors inhegtenis stop hulle in die tronk en skors hul ver ewig van alle opvoedingsinstansies .

McTock ·

Vir my is die hele aksie niks anders as ‘n terroriste daad wat onder die vaandel van #FeesMustFall gedoen word nie. In beginsel beteken dit dat ek ‘n aksie onder ‘n #???? kan registreer en dan doen net wat ek wil sonder dat ek daarvoor vervolg gaan word. Gaan lees bietjie wat sê die wet oor hierdie soort van optrede.

ANTI-TERRORISM BILL, 2002
“terrorist act” means an act, in or outside the Republic,
a. that is committed —
i. in whole or in part for a political, religious or
ideological purpose, objective or cause, and
ii. in whole or in part with the intention of intimidating the
public, or a segment of the public, with regard to its
security, including its economic security, or compelling
a person, a government or a domestic or an international
organization to do or to refrain from doing any act,
whether the person, government or organization is
inside or outside the Republic,

Otter ·

Dankie, McTock. Dis suiwer dade van terreur. Nuusmense moet dus ophou sê “studente”, en begin sê “terroriste”.

Plunder ·

Wanneer in die tronk kan hulle verder studeer op staatskoste, wonderlik!!

Callie van der Merwe ·

Daar is net een oplossing, nie lekker nie maar maak maar n voorbeeld van n paar sodat die ander kan sien! #Studentsmustfall

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.