Foto’s: Ontploffing ruk gat in pad by Delmas

Die ontploffing het ‘n enorme gat in die pad geruk. (Foto: Neeresh Harrichand/Facebook)

Groot opruimingswerk was Vrydag nog aan die gang nadat ʼn vragmotor Donderdagaand laat oënskynlik ontplof en ʼn enorme gat in die pad geruk het naby Delmas in Mpumalanga.

Die ontploffing het omstreeks 22:00 op die R50 tussen Leslie en Delmas plaasgevind, het kol. Donald Mdhuli, polisiewoordvoerder, gesê.

Die vragmotor het glo aan die brand geraak en kort daarna ontplof. Volgens Mdluli het die vragmotor plofstof vervoer.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê na wat verneem word, het die bestuurder van die vragmotor vlamme op die sleepwa gesien terwyl hy gery het.

(Foto: Neeresh Harrichand/Facebook)

“Die man kon die vragmotor tot stilstand bring, uitklim en ander motoriste teen die dreigende gevaar waarsku,” het hy gesê.

Verskeie ander voertuie is tydens die ontploffing beskadig. Talle wrakstukke het die toneel besaai en die impak van die ontploffing is glo etlike kilometer ver gevoel.

(Foto: @LawOrder_za/Twitter)

Die ontploffing het ʼn enorme gat van etlike meter breed in die pad geruk.

Meiring het gesê hoewel geen beserings aangemeld is nie, was sommige motoriste sigbaar erg geskok deur die gebeure.

Mdhluli het gesê die vragmotor het heeltemal uitgebrand en het bevestig groot skade is aan die pad aangerig.

“Die oorsaak van die ontploffing word ondersoek,” het Mdhuli gesê.

delmas ontploffing vragmotor

(Foto: Neeresh Harrichand/Facebook)

delmas ontploffing vragmotor

(Foto: Neeresh Harrichand/Facebook)

(Foto: @LawOrder_za/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

Ek is amper seker ‘n wieldop van daai trok het hier in Kaapstad in my tuin beland.

Vriendelike Frikkie ·

Dit was nou lelik. Jy weet mos Denel lewer lankal nie meer produkte aan die mark vandat hulle bankrot is nie?

Andréas ·

Nou wat het hul vervoer? Oop en bloot (tussen gewone niksvermoedende landsburgers) sonder begeleiding en ander veiligheidsmaatreëls in plek?

Mudguard ·

Volgens n berig in n koerant was dit n vrag Brooklax bestem vir Secunda.

Flip ·

Noem my nou maar skepties of wat ookal. My vraag is, hoe kan jy plofstof (springstof) vervoer sommer so net die drywer alleen? en dan my volgende vraag is, hoe seker is hulle dat al die plofstof (springstof) op die trok was toe dit ontplof het?
Sal maar moet sien hoeveel geldwaens word nou weer opgeblaas so voor nuwe jaar….

Mieke ·

Sjoe! Die skade aan die pad lyk of alles ontplof het….. maar soos hulle sê: never say never!

Jennifer ·

Jy ry mos nou nie plofstof op ‘n publieke pad rond!!!
Wat as mense gedood was???
Baie onverantwoordelik!

Vriendelike Frikkie ·

Hoe dink jy kom die duisende tonne springstof vir al die myne, by die myne? Hulle het beslis nie spesiale plofstof paaie vir dit gebou nie.

John ·

Ek is so 40 plus km van waar dit gebeur het… Het die grond gevoel skud op die plaas naby Matla Kragstasie en mense het raporteer op verskillende groepe dat dit selfs verder as Secunda gevoel was…. Was ook in Kriel gevoel….

4ntj13 ·

ʼn Lorrie wat plofstof vervoer, raak aan die brand? Klink amper soos daai chemikalië in Beiroet se hawe ʼn paar maande terug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.