Die polisie het Donderdag in volle mag die strate van die Pretoriase middestad ingevaar om die gebied ʼn veiliger plek te probeer maak.
Die grootskaalse operasie was ʼn gesamentlike poging deur beamptes van verskeie polisiestasies in die Pretoria-Sentraal-groepering. Die groepering bestaan uit die Brooklyn-, Garsfontein-, Lyttelton-, Pretoriase Moot-, Silverton-, Sunnyside- en Villieria-polisie.
Brig. Wiseman Mthembu, die groepering se operasionele bevelvoerder, het die beamptes vroegoggend by die Moot-polisiestasie gegroet, waarna die Vispol-koördineerder, kol. Terence Naidoo, die beamptes toegespreek het.
“Die doel van die operasie is om misdaad te bekamp en vorm deel van ʼn reeks voortdurende operasies wat gaan volg om veral trio-misdade [kapings, huisroof en sakeroof] te bekamp. Dit is om kriminele die boodskap te gee dat hulle nie hier welkom is nie,” het Mthembu tydens die openingsparade aan Maroela Media gesê.
Maroela Media het die polisie daarna na Sunnyside vergesel waar die beamptes deur die strate gestap en voetgangers, winkels en voertuie sporadies gestop en deursoek het.
Tydens die operasie het die polisie onder meer beslag gelê op talle nagemaakte CD’s en ʼn onwettige dobbelmasjien.
Mthembu het gesê die polisiegroepering sal gereeld in gebiede toeslaan en die verrassingselement gebruik om misdaad hok te slaan.
- Ao. Tolla Benade by die dobbelmasjien waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf
- Ao. Tolla Benade by die nagemaakte CD’s. Foto: Verskaf
- Polisiebeamptes deursoek ‘n voertuig. Foto: Phillip Bruwer
- Polisiebeamptes deursoek ‘n voertuig. Foto: Phillip Bruwer
- Polisiebeamptes tydens die operasie. Foto: Phillip Bruwer
- Polisiebeamptes tydens die operasie. Foto: Phillip Bruwer
- Polisiebeamptes tydens die operasie. Foto: Phillip Bruwer
- Polisiebeamptes tydens die operasie. Foto: Phillip Bruwer
- Polisiebeamptes tydens die operasie. Foto: Phillip Bruwer
- Polisiebeamptes tydens die operasie. Foto: Phillip Bruwer
- Polisiebeamptes maak gereed vir die operasie.
- Brig. Wiseman Mthembu (regs) en kol. Terence Naidoo. Foto: Phillip Bruwer
- Die polisie by die Moot-polisiestasie. Foto: Phillip Bruwer
- Die polisie by die Moot-polisiestasie. Foto: Phillip Bruwer
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
POLISIE HET VRYDAG DIE STRATE INGEVAAR?? JULLE BEDOEL SEKER DONDERDAG? OF IS EK VERKEERD.
‘n Groot pluimpie en nog groter DANKIE aan Pta SARS vir opruiming taak! Mooi gedaan! DANKIE!
Skies moes lees SAPS!
Pleks slaan hulle toe op die “kriminele” (HAT: “b.nw en bw.: strafregtelik, wat betrekking het op misdrywe”. NIE “N NAAMWOORD NIE!) wat die paaie wederregtelik versper. Prioriteite!
Vrydag??? Julle bedoel seker Donderdag of andersins “Verlede week, Vrydag” of het ek dit mis???