[Foto’s] Trok vat vlam by vulstasie

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Vragmotor het Vrydagoggend by ʼn vulstasie langs die N3 buite Harrismith aan die brand geslaan.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn petroljoggie was by die Tugela Truck Inn besig om die vragmotor vol brandstof te maak toe dit skielik vlamgevat het. Die joggie en die vragmotorbestuurder kon daarin slaag om betyds van die brandende vragmotor weg te kom en is ongedeerd.

“Die plaaslike brandweer en die N3 Toll Concession-brandweerdiens is ontbied en kon daarin slaag om die vuur te blus,” het Mathe gesê. Polisiebeamptes was ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

snoefie ·

soveel skade en ongelukke wat deur trokkeveroirsaak word terwyl duisende kilometers treinspore keen oproes of gesteel en vir skroot verkoop word. ai tog anderkant van die Pennie, treine wat die spoor buster raak agv dronk drywer sal meer dood laat en groter skade berokken. natuurlik sal drywer hit dir LOCAL COMMUNITY moet kon.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.