[Foto’s] Twee motoriste tref twee bome in Carletonville

Die ongeluk op 12 Maart 2016 in Adastraat, Carletonville (Foto verskaf deur ER24)

Die ongeluk op 12 Maart 2016 in Adastraat, Carletonville (Foto verskaf deur ER24)

Een motoris is dood en ʼn ander persoon beseer toe hulle binne ʼn paar uur in twee verskillende voorvalle twee verskillende bome in Carletonville, Gauteng, getref het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring bevestig ʼn man is dood nadat hy Saterdagaand in Adastraat beheer verloor het oor sy motor en ʼn boom getref het. Die ongeluk het naby die ER24-tak in Carletonville plaasgevind. “Paramedici het die slag gehoor en is dadelik na buite om ondersoek in te stel,” het Bodasing gesê. “Die motor was in die boom vasgekeer en die bestuurder was in die motor vasgekeer.”

Beamptes van die brand- en reddingsdiens moes van meganiese toerusting gebruik maak om die 24-jarige man uit die wrak te bevry. “Hy was in ʼn kritieke toestand,” het Bodasing bygevoeg. “Sy toestand het egter versleg en hy het aan sy beserings beswyk.”

ʼn Tweede motoris is Sondagmiddag in ʼn ongeluk beseer in Blyvoorstraat, Carletonville. “Die man het beheer verloor oor sy motor en ʼn boom getref,” het Bodasing gesê.

Bodasing het gesê die motor is ongeveer 20 meter van die pad af in ʼn bos naby die boom waarteen dit gebots het, gevind. Die passasierdeur was oop.

Die man, vermoedelik in sy 40’s, het uit die passasierdeur gehang. “Hy was in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel behandel en is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die verskillende ongelukke is nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Vra maar net ·

Dit wil my voorkom of die bome begin rondloop in Caltentonville, motorriste moet dringend daarteen gewaarsku word.
Sterkte vir die naasbestandes. Dit is beslis nie besteerder se skuld nie maar die bome.

Wat-ek-lees ·

Verskeie faktore wat maak dat voertuie sommer net die pad verlaat.
Carletonville en omgewing skyn nie voertuigvriendelik te wees want daar is kort-kort ‘n ongeluk. So ook Fochville. Gelukkig is ek vêr vandaar.

Gesiggie ·

Met die nat paaie en spoed gebeur die soort ongelukke…dit nou al die 2 de geval in n paar dae, wat n motor n boom tref..en as n mens na die motor kyk, het dit met n groot slag gebeur.. so te vinniig gery? Jammer aan die Familie wat hul geliefdes moes verloor… Mense dit help nie om te jaag… as jy stadig ry, sal jy nogsteeds jou bestemming bereik.

THEA SWART ·

swak beligting kan ook die probleme oplos – ek ry daagliks vroeg werk toe en glo my ek moet heelpad met “brights” ry anders kan ek niks sien nie en dan is dit nog in die middestad ook –
is daar nie iemand wat dit vir ons kan opvolg nie – baie fietsryers word so raak gery agv swak beligting – voordat jy jou kry is die fietse voor jou en uitswaai te laat

Mike ·

Ai so jammer boom tref motor,sterkte aan die naasbestaandes……….

Hettie ·

Dalk deur nat pad en hulle het vining gery toe hulle het beheer verloor!

Jan maak n Plan ·

Ek wens mense wat motors bestuur wil begin besef dat spoed gevolge het. Beligting, pad toestande speel ‘n baie groter rol as jy te vinnig ry.
RY ASSEBLIEF STADIGER!!!!!
Sterkte aan die beseerdes en families.

tracey ·

Kommentaar is darem weer n bewys hoe liefdevol ons mensdom is ne!!!!!!!!!!!RIP Buksie!!!!!!xxx

Uit die Ooste ·

Wat se die idioom ?
Hy meet die straat.
Hoog in die takke.

Theresa B ·

Sjoe – spoed het beslis hier ‘n rol gespeel in altwee ongelukke. Mense het nie ‘n idee wat hulle doen deur buite die spoedgrens te ry nie. Hulle stel ander mense en hul eie lewe in gevaar. Kyk nou net. Deesdae is dit ook die kar wat jy ry wat die man maak – maar 99.9% het nie ‘n idee hoe om die kar te beheer nie……………………………

Sarie ·

Die storie sou nie eers die nuus gemaak het as dit nie was vir die feit dat dit twee ooreenstemmende ongelukke was in ‘n ou dorpie wat seker die helfte van die kommentaar lewende mense eers nie eers weet waar dit is nie. Ongelukke gebeur elke dag – dit sal nuus wees as daar nie ongelukke was in ‘n paar uur nie eers te praat van ‘n dag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.