Brandy Yearous, ʼn ma van twee van Nampa in Idaho, het ʼn baie unieke manier gevind om vir haar twee kinders presies te wys hoe hulle grootword.
Lees meerAlles vir Sondag 13 Maart 2016
[Goeie nuus] Heldetoekenning vir dowe tiener wat meisies red
Thabang Moruti is beloon vir sy heldedaad nadat hy 13 dowe meisies uit ʼn brandende gebou gered het.
[Foto’s] Twee motoriste tref twee bome in Carletonville
Een motoris is dood en ʼn ander persoon beseer toe hulle binne ʼn paar uur in twee verskillende voorvalle twee verskillende bome in Carletonville, Gauteng, getref het.
Kgwadi betoon medelye ná Pukkie sterf
Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, het Sondag in ʼn verklaring gesê Xavier Klein, ʼn eerstejaarstudent op die Potchefstroom-kampus (Puk), het verdrink.
Gebied in donkerte gehul ná ongeluk
Sestien persone is beseer toe ʼn minibustaxi Saterdagaand in ʼn elektrisiteitspaal in Hillcrest, Durban, vasgery het.
ANC gebruik staatsgeld vir verkiesing, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Sondag die ANC daarvan beskuldig dat die party “skaamteloos staatsgeld gebruik om die ANC se verkiesingsveldtog te befonds”.
[Goeie nuus] Blitsige Wayde van Niekerk is enig in sy soort
Wayde van Niekerk, 400 m-wêreldkampioen, is die eerste mens in die geskiedenis wat die 100 m vinniger as 10 sekondes, 200 m binne 20 sekondes en 400 m binne 44 sekondes kan hardloop.
SA soldaat sterf in Darfoer
Een soldaat van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is dood en een beseer tydens ʼn hinderlaag in die noorde van Darfoer in Soedan.
[Foto’s en video] Goeie nuus: Mev. SA aangewys as Mev. Wêreld 2016
Mev. Suid-Afrika, Candice Abrahams, is Saterdag in China aangewys as die mooiste getroude vrou in die wêreld en sy is gekroon as Mev. Wêreld 2016.
Pukkie sterf ná hy en vriende swem
Xavier Klein, ʼn eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (Puk), is Saterdagaand oorlede nadat hy en twee studentemaats in een van die universiteit se swembaddens gaan swem het.
Meisie se liggaam uit rivier gehaal
Die polisie in Limpopo het Saterdag ʼn liggaam van een 14-jarige skoolmeisie uit ʼn rivier gehaal nadat sy en haar vriendin in die Tubatserivier in Burgersfort in Limpopo verdrink het.
Mugabe reis na Singapoer, nie Indië
ʼn Aanlynvlugspoorwebwerf het bekend gemaak dat president Robert Mugabe van Zimbabwe se vliegtuig na Singapoer gereis het.
Gedagte vir die dag: Gebede van lofprysing
Dit is goed om die Here te dank, om u Naam te loof, Allerhoogste. (Psalm 92:2)