[Foto’s] Vyf sterf in grubotsing

Vyf mense is Saterdag in ʼn grubotsing in Limpopo dood nadat ʼn bakkie en ʼn vragmotor gebots het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn rooi Mitsubishi- dubbelkajuitbakkie en vragmotor het omstreeks 07:00 op die Dendron-pad (R521) gebots.

“Die bakkie, met vyf insittendes, het in die rigting van Polokwane gery toe die botsing plaasgevind het. Die bakkie het daarna aan die brand geslaan en al vyf insittendes is onherkenbaar verbrand,” het Ngoepe gesê.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

“Die identiteite, geslag, ras en ouderdom van die oorledenes is glad nie bekend nie en sal deur DNS-toetse vasgestel moet word.”

Ngoepe het gesê die oorsaak van die ongeluk is in die stadium nie bekend nie, maar die Westenburg-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en sal die oorsaak bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
???Uiltjie???

5mense verbrand in n botsing…
Hoe kom jy by Corruption uit..?

marlene

Ai dis so tragies. Sterkte aan almal wat geliefdes verloor het. ?⚘

My mening

Ons padgebruikers word moedswillig deur swaar vragmotors dood gery. Want hul kom niks oor nie. Dit is dieselfde tendens as die bestuurders wat met hul groot vragmotors ‘n u-draai oor die snelweg maak. Passasiers in motors het geen kans op oorlewing. Dieselfde met die pa en 2 seuns wat van Mosambiek af terug gekom het. Die vragmotor swaai REGS uit om ‘n botsing te vermy. Ek glo dit nie.

LB

‘n Mens kan nie veralgemeen nie, daar is trok bestuurders wat baie bedagsame padgebruikers is en ook die wat werklik nie omgee nie en mense intimideer met die grootte van sy voertuig. Wat my egter bekommer is die aantal motoriste wat nie besef hoeveel langer dit vir ‘n swaar gelaaide vragmotor neem om tot stilstand te kom nie. Mense druk reg voor ‘n vragmotor in en trap rem asof dit ‘n gewone ligte voertuig agter hulle is en as die trok jou vermorsel is dit die trok bestuurder se skuld? ek dink mense moet bietjie begin dink en almal kan… Lees meer »

Nico

Dis nie net vragmotors of taxis nie maar motors ook almal is ongeduldig meer visable patrolies moenie net op spoed ,dronkbestuur en roadblocks vashak nie