Die polisie het bevestig dat die bomdreigement Dinsdag by die Fourways-winkelsentrum in Johannesburg ʼn vals alarm was, berig EWN.
Die winkelsentrum is ontruim ná berigte dat springstof in die gebou geplant is. ʼn Lid van die publiek het glo die polisie in kennis gestel dat hy ʼn groep mense afgeluister het wat ploftoestelle wou plant.