FW, Vlok aangekla van ‘rassisme, moordplanne’

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

FW de Klerk, voormalige apartheidspresident, en Adrian Vlok, destydse minister van wet en orde, is strafregtelik aangekla.

Die Anti-Rassisme Aksieforum (ARAF) het Woensdag 22 strafregtelike aanklagte teen De Klerk en Vlok aanhangig gemaak. Yerushka Chetty, leier van die ARAF, het by die Hillbrow-polisiestasie in Johannesburg gesê die aanklagte spruit uit die “misdade wat teen swart mense gepleeg is” gedurende die apartheidsjare. Dit sluit onder meer ʼn aanklag van sameswering tot moord in.

Volgens Chetty het De Klerk en Vlok nooit amnestie vir dié misdade by die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) versoek nie. Die kommissie het kwytskeldings toegestaan aan mense wat die misdade wat hulle voor die demokrasie in 1994 gepleeg het ten volle bekendgemaak het.

Chetty het gesê die ARAF het ook aanklagte van rassisme teen De Klerk en Vlok by die Menseregtekommissie (MRK) gelê. Die aanklagte hou verband met De Klerk se toespraak by die Voortrekkermonument in Pretoria in Mei verlede jaar waar hy na bewering gesê het apartheid is nie ʼn misdaad nie.

“FW de Klerk het op 16 Januarie vanjaar ʼn aanklag teen swart mense gelê wat sekere kommentare in 45 sosialemedia-inskrywings gemaak het wat na bewering rassisties was,” het Chetty gesê.

De Klerk het die aanklagte teen hom as twak afgemaak en gesê hy het niks om voor bang te wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

MCS ·

Ag genade vir DIE land asb! Dis mos nou dooie koeie uitgrawe! Is die WVK ooit seker van hul saak of kryp hul nou weer na iets om die wit Suid Afrikaner sleg telaat lyk by die meerderheid voor ons stem! Seker daar is meer belangrike goed om aan aandag tegee!

niel Lötter ·

sê hulle moet in 1948 begin dit gaan ñ lekker laaang besigheid wees dan vergeet ons van die verkiesings wat kom

Loeis ·

Begin by die ouens wie Ghandi van die trein afgegooi het, nog meer as 50 jaar voor dit. Hulle is dood, maar dalk kan hulle nageslag in Engeland aangekla word. Dit maak ewe veel sin.

GES ·

Dit is duidelik ‘n verkiesingsfoefie maar dit het die potensiaal om lelik skeef te draai. As hulle nie so pateties onderhandel het nie kon dinge baie anders gewees het. So, dit is te laat vir trane, hulle moet maar self die kaiings uit die vuur krap.

Schalk ·

Beste nuus ooit!!! Laat hulle maar vir hulle kry. Wonder of hulle nie nou maar vir Pik Botha ook wil aanvat nie? Terwyl hulle nou besig is, kan hulle nie maar vir Zuma ook aankla vir sy misdade teenoor die blankes nie?

Albert ·

Ek het net so min simpatie vir FW as wat hy vir sy eie mense gehad het toe hy hulle uitverkoop het Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op ou FW.

Nelis ·

Ja FW lekker gewees om ons te veraai.kyk hoeveel van ons mense is vermoor. 10 keer meer as op die grens destyds. Jy het mos gese stem vir die Nee stem en jou hande sal vol bloed wees. Maar ons het mos gejok. Jy verdien dit ou grote

Topster ·

Ja ou F.W jy het nie geleer nie Piet Retief het daai jare al gewys wie om te vertrou en wie nie maar jy het voort geploeter Ai die wiel is n snaakse ding

Ronald Gainsford ·

Dalk is dit tyd om klagtes in te dien teen ons huidige president oor sy “Kill the Boer” liedjies, en wat van die leier van die EFF en al die ander wat plaas moorde aanvaar en haat spraak teen die wit bevolking uiter en toelaat?
Ek dink dit is tyd vir alle bevolkings groepe om op te hou terugkyk na die verlede en om saam te staan om ons pragtige land op te bou na ‘n land waar buitelandse beleggers graag hul geld sal wil belê en waar buitelandse toeriste veilige kan voel om die mooiste land in die wêreld te besoek.

vierkleur ·

Stm saam mer jou oor zuma en die eff. Die saam staan ding nie, so lekker nie.
Gee elkeen eerder sy eie stukkie land en los mekaar uit. Apartheid was daar vir n rede, om almal veilig te hou.

Ek sal daarvan hou om stattestieke te sien hoeveel blankes in die apartheids jare vermoor is ,teenoor wanneer die land weg gegee is in 1994

m ·

Het die ANC nie ook maar bomme geplant daai jare nie. So ja, hulle het ook maar lekker gemoor daai jare…

kobus ·

ja baie van ons jong mense so ook onskuldige vrouens en kinders het gesterf as gevolg van die anc in die apartheids jare .bom planters esv
dan roep ek elke swarte tot verantwoording vir hulle aandeel in die ou suid afrika en die nuwe suid afrika vir hulle aandeel in aldie moorde,elke minister man of vrou wat swart is,kom julle wil mos klippe gooi ek as n burger van die land vereis dat elkeen aan gekla sal word vir elke wit mens wat dood gemaak is in suid afrika

ManVanIntersek ·

Wat ek nou nogal sal geniet is as mnr De Klerk hulle binnekort op tv soebat en smeek en weer om verskoning vir “apartheid” vra , en dan kla hulle hom nog steeds aan en gaan voort met die saak teen hom. dit sal vir my so bietjie kykgenot verskaf. Do what you do-do well boy….

Retha ·

Jip-eers verraai hy ons, nou sing hy ander deuntjies…… Kry vir jou FW!!!

Loeis ·

Om die een of ander rede laat hierdie my nou dink aan wat hulle van “karma” sê

chrisp ·

Onderstaande is verseker nie op die heer van toepassing nie .Net ‘n gedig wat ek dink nou ook baie geldig is. Dit is pragtig saamgevat.

Soet is die stryd,
deur ID du Plessis

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit ‘n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees.
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is –
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

Kort-en-kragtig ·

Julle kan mos nie so lelik praat oor een van Afriforum/Solidariteit se beste maatjies wat nou aangekla word van rassisme nie. Sy lagwekkende beleid van “eie sake” en “wigte en teenwigte” was tog immers soortgelyk aan hulle hedendaagse strewe na “Afrikaner selfbeskikking”…

Poplap ·

Johan 2
Daar is verskillende soorte duikers.
Dam duikers, dienspligontduikers, vriende van dienspligontduikers ens ens ens

Rynhardt ·

Ek ondersteun enige strafregtelike vervilging van De Klerk en sy NP trawante! Sy probleme le nog voor.Dit gaan ak hoe erger raak vir De Klerk.Hy moet nie net aangekla word vir misdade teen swart mense nie, maar omdat hy en sy NP ons uitverkoop het aan die nuwe weteldorde.Dindagaand op E-Tv het hy die volgende gese:”Daar moet handjies gevat word en versoening moet nagestreef word/.M.a.w. julle as blankes kan onderdruk en uitgemoor word en geen toekoms he nie, solank De Klerk sy lekkwr lewenstyl kan handhasf.Hy is n gewetenlose mens!Ek gaan weer se wat ek voorheen gese het.De Klerk gaan nie al sy miljoene kan uitleef nie.Ek sal ook strafregtelike vervolging van Roelf Meyer, Dawie de Villiers, Pik Botha en Leon Wessels wil sien.Daar is mense wat vandag dokumente en fotos het van die verraad wat teen ons gepleeg is, maar dit weerhou terwyl ons cergruis word.Maak dut nou bekend! Die lekker wittebrood is verby vir De Klerk en sy trawante!

Esmarie Pretorius ·

Ja FW, jy het mos gedink jy kan om dieselfde tafel sit.

Annetjie ·

Dis reg wat hulle nou doen FW en Vlok verdien dit. MAAR wat van Meyer, Fourie, Van Schalkwyk en die ander soos Pik Botha! Dan kom ons nou by die swart ANC en SAKP en hulle trawante wat die bomme geplant en duisende blankes se lewens geneem het? Kan ons hulle nie ook dagvaar van wreedheid teen die blankes nie? En nou nog steeds met hulle moorde op ons aangaan nie? Kom, ons moet ook dagvaar, en eise stel Masia. Lekotla van Cope, Buthelesie, van die IFP, Biskop TUTU, hulle en nog duisende ander is skuldig aan moord op ons blankes.

J dB ·

Nelson Mandela was n erkende terroris wat vele bomme geplant het (of betrokke was) Hy is tot held verklaar.
FW jou velkeur gaan maak dat jy nie daardie eer te beurt val nie.
Daar is n spreek word wat sê :die wiel sal draai……..nou gaan daar seker weer n boek geskryf word oor die “volle waarheid”. Dit is siek dat politikusse dink hulle kan dobbel met mense se lewens.

TTh ·

Dit is belaglik en totaal gek, eintlik moet FW de Klerk en sy destydse kabinet en party aangekla word deur die Afrikanerbelangegroepe wat nog bestaan, vir hoogverraad, bedrog teen die destydste kiesers, diefstal van landsbates en selfverryking uit die staatskas. Dan moet die ANC en sy leiers (Mandela, Ramaposa en Kie) ook aangekla word van hoogverraad, diefstal van landsbates, selfverryking uit die staatskas en volksmoord. Suid-Afrika is amper oor die afgrond na anargie en algehele gaos – dit is die een plan wat klop-disselboom vorder – danksy die voortgesette laaste fase van die ANC/SAKP rewolusie.

Bruno Stef ·

Sommige kommentare moes eerder n skuilnaam van “Dikvellig en Stipsienig ” gehad het want die kommentaar toon duidelik dat die persoon n broertjie dood het teen ” Afrikaner Selfbeskikking” en Solidariteit/Afriforum se voorneme om vir ons voortbestaan in te tree. As die Afrikaner vir jou so afstootlik is waarom mors jy dan jou tyd om te probeer met die oorgrote meerderheid Afrikaners te kommunikeer of soek jy dalk net n argument.

Wonder net...? ·

Is enige een van julle bewus van die “grensoorlog”, waar ons geliefdes oorlede is deur die vyande? Dit was verskriklik , en lees jou “grensoorlog verhale” en dan sal jul besef dat volskaalse oorlog sou ontstaan het. Ons leiers het deurdagte besluite geneem, sodat ons veilig kon wees. ANC en al die ander Kommuniste het orals in Suid-Afrika bomontploffings op restaurante,ens gedoen. Jul almal wat kommetaar gee is belaglik!

Kort-en-kragtig ·

Wonder net…? Ek wonder maar net of jy bewus is van die feit dat derduisende lewens onnodig opgeoffer is gedurende die grensoorlog om die indruk te skep dat ons destydse NP-regering die ANC en SAKP as ons “ware vyande” beskou het. Nadat derduisende onnadenkende blankes dekadeslank onder die wanindruk verkeer het dat FW en sy trawante omgee vir die land se mense, is ons land (op aandrang van internasionale geldbelange!) op ʼn skinkbord oorhandig aan ʼn terroristebende…

F ·

Ek dink weer dat ons eerder oorlog moes gemaak het as oorgegee het. Op daardie stadium was die weermag en polisie nog aan ons kant en geveggereed. Ons het toe nog kommando’s gehad wat bewapen was. Ons het nog ons gewere gehad (was nie by ons gesteel nie). Nou is ons ontwapen, het nie ‘n weermag om van te praat nie en polisie is teen ons. Ek se jou dat ons toe die oorlog kon wen. Nou nie! Maak nie saak wie wat se nie.

chrisp ·

Wonder net….?
Baie van ons hoef nie te wonder nie,baie van ons was op die grensoorlog en hoef niks daarvan te lees nie,ons het dit self beleef.Ek is een.
Die ANC was ‘n kantoor in londen ondersteun deur die USSR en die skandinawiese lande,VSA en Britanje.Lg meestal agteraf soos dit hulle geaartheid is agteraf., dis al,Hulle teenstander was die 4 de sterkste weermag in die wereld.Dit is blote bangmaak stories oor die bloedbad,volskaalse oorlog en die res van die geteem.

Daar is al by verre meer boere alleen vermoor as al die bomontbloffings + soldaat sterftes(ja in die grensoorlog) saam ,

Veraad was nog nooit deurdag nie,Nerens nie,

Johan 2 ·

wonder net…? het jy al gewonder hoeveel mense is sedert 1994 in jou veilige nuwe SA dood? Kom ek vertel jou dat dit in die orde van 350k is en steeds teen n gem van 50 per dag meer word. Dit is baie meer as in die “slegte ou” SA.

Theresa ·

Staan bymekaar, mense. LIewe aarde. Mens skop nie iemand wat lê nie.
As daar nou in die verlede gedelf moet word vir dit en dat en dergelike, dan moet dieselfde gedoen word met die sogenaamde strugglers. Alhoewel elke boemie himself ook so sien. Selfs ‘n skoolkind noem homself ‘n disadvantaged. Dis ongelooflik pateties om jouself so jammer te kry nadat als gedoen word vir die meerderheid hier. Dus is dit ‘n gedagtegang van die magtige menigtes. Om nou politici te wil bykom, wat ook gedoen het wat hul goed gedink het teen magtige ondergrondse sameswerings, is mos net nie regverdig nie. Maar is daardie woord en begrip nog van toepassing????
Bring dan die gru-verhale van alle politici – bogronds en ondergronds van kom ons sê die afgelope 100 jaar. Dan is dit ‘n volledige prentjie. NIe hierdie soort kaf nie.

Die regering is duidelik nie van plan om vrede te handhaaf nie. Hul stook brande aan uit kooltjies wat al uitgebrand moes wees. BAIE teleurstellend.

johny ·

Kyk in water toestand is al die afrika state waar blankes nie gehelp het om die lande op te bou nie.Dit is altyd maklik om die blankes die skuld te gee.Maar glo my die ander afrika state sou wat wou gee as daar blankes in hulle land was dan het hulle ook nou sterk gestaan in die samelewing.Dit is net vir my snaaks dat hulle die blankes nie kan verdra nie.Maar daar waar die blankes order en gereg in hulle buurte het daar wil hulle ook bly.Hulle trek al agter die blankes aan waar dit goed gaan.Hulle wil nie eers tussen hulle eie mense bly nie .Kyk hoe het blankes gemaak dat Zimbabwe die kosmantjie van die wereld was.Die dag toe die blankes ja of nee moes gestem het.Sou ek dink hulle moes eers nee gestem het.Dan het ons nog tyd gehad om vir ons ons eie volkstaat te laat realiseer en dan die res van Suid Arika vir hulle gegee het.Dan het hulle eie regering gehad en ons .ons eie regering.En ek glo die res van die wereld sou ons ondersteun het en sanksies verwyder het.Ek weet apartheid was verkeerd maar daar is baie swart mense wat se onder apartheid het dit beter gegaan as nou

johny ·

Het eers gou my bril skoongemaak want ek sien nerens my kommentaar wat ek hier geplaas het nie.Jammer as ek te haastig is lees julle dit nog

Michael ·

En toe help ou fw se kruiperigheid en vlok se voetwasery niks hoe pateties en hulle was die NP leiers kry vir julle swerkaters ??

Tascha ·

Sjoe, ek dink hier is baie wit Suid Afrikaners wat met gemengde gevoelens hier rondom loop. Net soos baie ander voel ek, wat in 1994 maar 16 jaar oud was dat FW ons wittes verraai het en hierdie land uitverkoop het. Apartheid was nie goed of reg nie maar goeie genade ons het gehalte dienslewering gehad, daar was werk vir almal ons grense was beskerm ons het oor die beste onderwys en militêre, polisie en verpleeg personeel beskik. Toe was gru misdade soos moord en verkragting feitlik ongehoord en was ons kindertjies veilig om sonder selfone, kring televisie en paniek knoppies buite in die tuin en selfs in die straat voor die huis te speel. Staats amptenare het hul geld eerlik verdien en hard daarvoor gewerk. FW ons land is in hierdie gemors gedompel omdat JY en jou makers julself wou verryk watokal die uitkoms van hierdie saak is julle verdien dit algar dubbel en dwars. Party ‘honde’ rus nooit en hierdie een het terug gekom 21 jaar later om jou in die sterre te byt dis jou verdiende loon!

TTh ·

… wat is so verkeerd met apartheid, wees objektief en vergeet die breinspoeling van die dag, apartheid was nog nooit die onderdrukking van enige iemand nie, dit het tot ‘n mate in SA gebeur, maar kon op ‘n beskaafde manier reggestel word, en daardie kans is nooit gegun nie, daar sal altyd regoor die wereld apartheid wees, dink realisties hieroor en bly kalm …

chrisp ·

TTh
Ons moet apartheid patenteer(alhoewel ons nie die uitvinders daarvan was nie). As ons het moet Israel tans begin tantieme betaal. Ons gaan ook of die regte verkoop of tantieme by Europa verdien, binne kort!

tjing….tjing

Michael ·

Ek kan nie glo fw is by die Voortrekkermonument toegelaat nie ,ek steun die aanklagtes teen hom ten volle hoop net hulle kla sy bende ook aan

Trolle ·

Dis rof hy gee hele land vir hulle en hulle wil hom toesluit?Hoop hy sit en dink na wat jy gedoen het in sy sel,en skryf n regte boek waar hy die waarheid vertel wat hy aangevang het.Nou sal die regte waarheid uitkom,die groot manne moenie dink hulle is te groot om te val nie.Julle tiepe ouens draai maklik teen mekaar(dis geld wat praat vandag) jy het seker nie jou pous mooi gehou nie ne?Nou wat het jy nog om vir hulle te gee om jou uit te los,jou paar pennies is te min in vandag se lewe.Manne werk nou met biljoene.

JdB ·

Hierdie hele situasie /sinario het niks te maak met apartheid of uitverkoop ,of niemand niks gun nie…dit is slegs die reaksie van vuisvoos ,wetsgehoorsame burgers (ook voor 94) wat vertrap en misbruik ,selfs vermoor word deur n verkose klompie wat met wyse van hulle mond hulle self verryk. n Klompie mense vir wie mag en aansien belangriker geword het as die doel hoekom hulle eerstens verkies was deur goedgelowige burgers. Selfs met die hantering van FW se eerste vrou se moord was hy strategies stil want dit sou sy beeld skade berokken…….geen greintjie omgee vir iemand wat alles vir hom gedoen het nie /sprekend van sy gevoel teenoor die volk wat hom gebring het waar hy was.

Vra maar net ·

Is dit wat met die rasisme wet bedoel is?
Ek het dit so verstaan.

Lou ·

Maak nie saak wie wat gedoen het nie en of hulle hul beloning kry nie. My hart is stukkend omdat ons land en volk in sulke ellende is en dat sulke dinge gebeur. Kom ons vra die Here eerder om ons volk te beskerm en te lei.

StopTheMadness ·

Plaas het hulle FW angekla van slapgatgeit…dan sou hulle die saak beslis gewen het!

Hennie ·

Pik Botha is 100% veilig, hy was rassisties vir Swart mense teen Blankes.

senet ·

Solank daar wit en swart in hierdie land is, sal daar altyd rassime wees. ANC ontken dit so graag, maar dit sal noooooit verander nie!!

JOHNY ·

As ek net dink wat hy gedoen het aan die boere volk.Dan kan ek dink hoe voel die boere volk wat elke dag boere vriende verloor.Maar GOD slaap nie.Maar die HERE het gese die wat glo hy is reg kan die eerste klip gooi.Ons weet dat die geliefde boere nou by GOD is en hulle trane is deur die HERE afgevee

Vicus ·

Ek verbaas my regtig oor die insig wat party mense op hierdie forum aan die dag lê! Hoe is dit moontlik dat julle met sulke wraakgedagtes teenoor Adriaan en FW kan rondloop? En dan noem julle julleself Afrikaners! Sies man. Diegene wat hulself so verlekker in die predikament van hierdie twee here – weet julle dat die vorige President, Thabo Mbeki nog nie kwytskelding van die WVK ontvang het nie. Weet julle van al die wreedhede wat in kamp Quatro gepleeg is. Terwyl julle dan nou regter wil speel, “put your money where your mouth is” en gaan maak sake teen hulle aanhangig.

Knersus D ·

So met die wigte en teen wigte ten spyn, FW is beslis aandadig en moet tot veranwoording geroep word ood die moorde op witmense, veral wit plaas boere.. Maar ek verkneukel my en ek hoop dat hy en Evita ook sal verduidelik waar hy die R11miljard gekry het..

Rocky Bell ·

De Klerk het nie “die land in die gemors gekry”nie – maar wel die anc. Met die referendum van 17 Maart 1992 het bykans 70% blankes “JA”gestem om die land met ander landsgenote saam te leef. Die anc het nie sy kant gebring nie derhalwe dat ons is waar ons vandag sit.

Onder andere het ons na 1994 toegang tot internasionale sport gekry, maar nou ja jy kyk tog seker nie rugby of krieket nie, ander sal jy mos ‘n tweegat jakhals wees. Ook kyk jy nie na film/TV produksies wat in Amerika, Engeland en Europa gemaak word.

En wees tog maar versigtig vir veralgemening, veral wat kriminele aspekte behels. Daar is 50 miljoen mense in SA. Die tronkbevolking word geraam op 156,000 (2013).

Joa ·

Die wraak kom ons nie toe nie – so se die Bybel. Die lewe op hierdie ou aarde is baie kompleks omdat ons dit kompleks maak. Geen mens gun ‘n ander mens vrede en geluk nie, maak nie saak watse kleur hulle is nie. Solank daar verskillende rasse en kleurvel in hierdie wereld is, solank sal daar rassisme wees. Dit maak nie saak waar in die wereld jy bly nie. Om nie-rassisties of rassisties te wees begin by onsself. Elke mens het ‘n keuse. en die regte keuse is om nie rassisties teenoor ‘n ander mens te wees nie.

Johan ·

Joa. Gee asseblief vir my ‘n defenisie vir die woord rassisme? As rassisme beteken dat ek my eie ras voor ‘n ander stel, waarom is dit nie ook verkeerd as ek my huisgesin voor ‘n ander gesin stel nie? Of my eie vrou voor ‘n ander vrou stel nie? As rassisme beteken om ander rasse te haat, hoekom noem ons dit nie eerder rassehaat nie? Dan is De Klerk nie skuldig aan rassisme nie. Omdat Apartheid net rasse onderskei, bedoel dit nog nie rassehaat nie. Apartheid is ‘n kort woord vir Afsonderlike Ontwikkeling tussen eie rasse. Dis nie gemotiveer deur rasse haat nie! Dis juis eerder gebore uit liefde vir die verskeidenheid rasse! Dink hoe witmense en swartmense die woord ‘rassisme’ gebruik. Witmense gebruik dit as sinoniem vir rassehaat. Swartmense gebruik dit as ‘n sinoniem vir witmense. OM FW IN DIE BESKULDIGDE BANK TE PLAAS VIR RASSISME IS OM ELKE WITMENS TE BESKULDIG. Oppas die oordeel wat mense op die forum oor FW uitspreek is oor elke witmens in die land!!!

Blondie ·

O my liewe genade!! 21 jaar se draai van die wiel. En mense Aprtheid is in beginsel nie op ras gebasseer nie. n Fransman en Enelsman sit nie langs dieselfde vuur nie en hulle geskiedenis is bloedbevlek oor die eenvoudige rede en raai wat ? DIS ALBEL BLANK NASIES!! Hou op se apartheid dit en apartheid dat. Dis die irreteerendste ,afgesaagde rendenasie wat enige iemand probeer vol hou. FW & kie het goed geweet wat hulle doen. Judas het ook geweet wat hy doen … en die wiel draai.

Petro ·

Kry vir jou FW ek stem volkome saam die ander wat se jy wou mos jou mense uitverkoop nou toe nou kom ons kyk wie staan agter jou!Hul se mos elke hond kry sy dag en n brak kry n naweek.

GES ·

Knersus D as daar nie konkrete bewyse hiervoor is nie, is dit dit ‘n growwe bewering met implikasies en komplikasies. As dit ‘n skoot in die donker is trek liewer jou woorde terug.

Knersus D ·

Dis logiese gevolgtrekking. Indien hy nie ons uitverkoop het nie so die geleidelike uitfasering van apartheid nie gelei het tot die rasse spanning en gevolglike teiken van wit mense nie. Nee, ek sal nie my stelling terug neem nie. En dan is daar die issue van die R11miljard….

amelia ·

stem saam tth gaan dit net anders stel water en grond geskei lig en duisternis lees maar self in Bybel

Bekommerd ·

My eie opinie is dat FW de Klerk en A Vlok ons volk veraai het. Ons land is uitverkoop sonder om twee keer te dink aan wat van ons volk sal word. Baie mense se ons moet nie ou koeie uit die sloot grawe nie, maar dis presies wat die ANC elke liewe dag doen. Tot Jan van Riebeeck loop deur. Ek glo ook vas aan die wiel wat draai. Ek onthou daardie dag wat A Vlok sy rug op ons almal gedraai het…en als wat beplan was om ons volk te red platgeval het. Jammer julle twee (voete was het duidelik nie gewerk nie) – julle het ‘n kontrak geteken soos die destydse Piet Retief en ons almal weet wat met hom gebeur het.

Paul ·

Vicus,
Die enigste plek waar ek dalk saam met jou stem is dat al die Staatspresidente sedert 1992 in die tronk hoort.

Rocky,
As fw en roelfie tog maar net kon dink sou hulle geweet het dat die anc almal in die steek sou laat. Ons almal wat kan dink, weet die referendum was gekook.

Martin ·

Johan, ek dink eerder hy moet nou iets anders hoër op begin lêk. Die voete wassery het niks gehelp nie. Hoe pateties kan ‘n mens raak?

Oom Boer ·

Ai Oom FW en gesante van destyd, sien jul nou wat gebeur as jy die wolf in ‘n skaap kraal plaas.
Die geskiedenis het geleer gee die pinkie en die hand word gegryp, moet nooit jou rug draai want jy gaan ‘n dolk deur kry. Oom Piet Retief het ‘n dwase besluit gedoen en daarvoor betaal. Die NP (Nodelose Party) het destyds in 1994 dieselfde fout gemaak en vertrouenswaardigheid geskep wat in jou lewe nooit staande sal bly nie. Ek weet niks van enige apartheid destyds nie, want ons het werke verskaf en gesorg vir ander volke en gemeenskappe, maar ja het dalk apart gebly en eie kultuur uitgeleef wat enige nasie beskore was. Het enige van ons dalk gaan opdring by Shaka Zulu, Moshesh ens waar hul konings en leiers was van hul gemeenskappe – Nee, net gehelp en ondersteun. Voete wassery vir kruip is nie in my hartsboekie aangeteken nie of was dit dalk uit ‘n lafhartige daad? Vra maar net en kan nie gedates lees nie. Ek sa my God (Koning van Liefde en Geretigheid se voete was). Gun elke nasie sy reg tot ontwikkeling en hou op om mense op mekaar af te dwing en in verbintenisse te meng, want elkeen het sy eie kultuur, geloof, denke ens en respekteer net mekaar en elkeen se kulture en leefwyse. Misdade was gepleeg aan albei kante wat onregverdig was teen volkere. Sie ANC en militêre vleuels het heelwat onskuldige mense se lewens weggeruk deur hul optredes en bomplantings, so moenie die groot klip optel om die klein klippie te prober onderdruk nie. Laat Suid-Afrika en ontwikkeling daarvan die doewit word tot vooruitgang en laat die ou koeie tot ruste. Asook laat ons kinder en kleinkinders volle geskiedenisse leer en nie net van 1994 af nie en dan sal hul beter verstaan tot hande vat en nasie bou vir die toekoms. Sterkte aan Oom FW en Vlokkie en hoop jul het jul skietgoedjies ook op die tafel, want ANC is uit om die komende verkiesings veltog baie verlore gesigte te koop.

Andrew Doyle ·

Weet julle, so baie van die kommentare laat my dink aan die vrou wat op heterdaad betrap is en Jesus gevra was om haar te oordeel. Sy antwoord was: “Laat hy wat geen sonde het die eerste klip gooi.”

Mag die Here God die Almagtige julle genadig wees.

Martin ·

Andrew, ons sal ons mening lig. As jy voel hulle was rêg, gaan was voete saam met hulle. Jy moes die Bybel uitgehaal het toe hulle ons uitverkoop het.

debbie ·

ek dink wat wat ons miskyk in hierdie hele spul, is die feit dat dit n baie leliken adraai vir ons as blankes gaan wees…hierdie IS n verkiesings foefie, VERSEKER!!!!! weereens gaan die blanke die spit afbyt…..haat teenoor ons gaan NOG MEER opgesweep word in die proses

Trolle ·

debbie die haat teenoor ons is al klaar so baie dat dit maak nie meer saak nie.Almal behoort al te weet teen die tyd hoe dit gaan eindig,want sal nie so kan aangaan vir ewig nie.
Die gewone mense op straat kom goed oor die weg geen probleem,die mense in beheer wat al die probleme vir almal veroorsaak,en as die eerste skoot klap sit hulle oorsee en hou dop wat gebeur.Dink mense moet almal saam staan wit en swart en gooi al die politieke leiers uit die land uit wat so omgekoop word,en bigin van voor af.

Frans ·

Ek dink dit is tyd om op te hou om alles en almal te blameer.Die Blankes in hierdie land het gestem en ‘n bietjie meer as 50% van die geregistreerde kiesers het ‘JA”‘ gestem, 25% ‘Nee’ en die ander 25% het weens een of ander rede nie by die stembus opgedaag nie en dit aan die res oorgelaat om oor hul lot te beslis.

Een ding kan ek wel kan sê en dit sê ek met alle respek na lange jare in die politiek,van die NP ondersteuners was van die mees oningeligte kiesers wat ‘n mens kon kry. Daar was van my kollegas wat weke lank nie met my wou praat, nadat ek hulle ingelig het dat die ANC die vloer gaan vee met alle opposisie, want van hulle was oortuig dat die NP gaan wen!

Dit het my teen die bors gestuit maar myself en baie ander konserwatiewes het op nasionale vlak NP-gestem want ander sou die nooit die vereiste 20% bereik het nie.
Op Provinsiale vlak was dit ‘n ander saak.

Daar is darem een wat sê dat hy nou ontnugteris en vir die regte party stem, wat dit ookal beteken. Pleks daarvan om te stry ook geskiedenis wat ons nie kan verander nie ondersteun eerder tuisbeskermingsorganisasies ens.

Eddie ·

Kla die hele spul oud NP ministers aan.Hulle het geweet wat hulle doen,en ook die volk in die afgrond gelei.Ons is 2de rangse burgers in ons eie land.Hulle moes geweet het en opdragte gegee het in die apartheids jare.Laat oud intelligensie lede jou vertel.Ongelukkig het hulle die EED van geheimhouding efgele.Daar is baie dinge wat ons nie van weet nie.So, kry vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.