AfriForum het Woensdag ’n hersieningsaansoek by die Pretoria-hooggeregshof ingedien waarin die hof gevra word om Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, se besluit om diplomatieke immuniteit aan die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, toe te staan, ter syde te stel.
Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het gesê volgens die eedsverklaring van Gabriella Engels, die vrou wat glo deur Mugabe in ’n hotelkamer in Sandton in Johannesburg aangerand is, het die minister artikel 7(2) van die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte verkeerd vertolk en het Nkoana-Mashabane nie oor die bevoegdheid beskik om immuniteit aan Mugabe toe te staan nie. Sy het ook nagelaat om in gedagte te hou dat die beweerde misdaad wat deur haar gepleeg is, neerkom op ’n ernstige misdaad soos in die wet uiteengesit.
Engels voer ook in haar eedsverklaring aan dat die Wet om Immuniteit van Buitelandse Moondhede (van 1981) die verlening van immuniteit aan staatshoofde wat hulle skuldig maak aan die dood of beserings van mense in Suid-Afrika, uitdruklik uitsluit.
“Indien staatshoofde nie eens oor immuniteit in sulke gevalle beskik nie, is daar geen manier dat hul gades of families dit kan kry nie,” het Spies gesê.
Die hofaansoek behoort binne die volgende vier tot vyf maande in die Pretoriase hooggeregshof geargumenteer te word.
Mugabe het Sondag na Zimbabwe teruggekeer ten spyte van talle eise dat sy vervolg moet word nadat sy Engels glo aangerand het.
Lees alle vorige berigte oor Grace Mugabe op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Geldmors
Kla anc regering en grace mugabe by die international strafhof aan en ook n aparte saak die anc regering vir die plaasmoorde want hulle laat dit toe
Die immuniteit vrywaar haar ook van n siviele eis so as die hof dit nie tersyde stel nie gaan mugabe niks oorkom nie
Daar sal presies niks hiervan kom nie!!!
En die ZUMAIKIES van ZUPTOPIA gaan hulle daaran steur hoe? ANC LEGACY: onaantasbaar in hulle magsvergrype…WELKOM IN AFRIKA