Gastehuis-eienaar in hof ná paartjie in stort sterf

Mari Hoon en Jéan Vosloo (Foto: Mari Hoon/Facebook)

Die eienaar van die gastehuisplaas naby Kareedouw in die Oos-Kaap waar ’n jong paartjie verlede jaar dood in ’n stort op die plaas aangetref is, sal in Oktober verhoor word.

Kevin Pretorius (47) het Maandag vlugtig in die Humansdorp-streekhof verskyn in verband met die moord op Mari Hoon (28) en Jéan Vosloo (25).

Dié paartjie se liggame is meer as ’n jaar gelede oor ’n langnaweek in ’n badkamer op Zuuranys-plaas buite Kareedouw aangetref. Die ondersoek het op 26 April 2020 aanvanklik as ’n geregtelike ondersoek begin nadat ’n vriend op die twee se liggame in die stort afgekom het.

Pretorius word egter nou strafregtelik vervolg ná die uitslag van ’n toksikologieverslag.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het aan Maroela Media gesê die saak is vanoggend tot einde Oktober uitgestel wanneer die verhoor sal plaasvind.

Die verhoor is vir drie dae – van 27 tot 29 Oktober – op die hofrol geplaas.

Maroela Media het vroeër berig ’n geregtelike ondersoek is aanvanklik gedoen om die oorsaak van Hoon en Vosloo se afsterwe te bepaal aangesien daar geen sigbare beserings was nie. ’n Toksikologieverslag het egter later onthul die paartjie is dood weens koolstofmonoksied-vergiftiging.

Pretorius is tans uit op borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

piper ·

seker n gasgeyser gewees wat nie met genoegsame ventilasie geinsteleer was.

Leonard ·

Die installasie hét definitief nié aan bou-regulasies voldoen nie!

Deon ·

Wat word afgeskei as n gas verwarmer werk? Is dit nie ook koolstof monoksied nie??

Jack ·

A daar voldoende ventilasie is word koolstofdioksied afgeskei. Koolstof dioksied is nie giftig nie, ons longe skei dit self af, Koolstof monoksied ontstaan wanneer daar te min suurstof is om die vuur aan die gang te hou.

Boerkind ·

Dit is tragies, maar vreemd dat dit moord is… Was dalk nalatig, maar moord is ‘n vreemde gevolgtrekking?

groenboer ·

Inderdaad, want die implikasie is dat hy hulle doelbewus vergas het, wat sekerlik bra onwaarskynlik is.

ES ·

Dit word inisieel as ‘n moordsaak hanteer totdat daar bepaal kan word of dit strafbare manslag is.

Genis ·

nee nee die was ook mos op Carteblanche, mense het dit gerapporteer voor hulle dood, so dit is moord!

Misky ·

Strafbare manslag sou ek dink en nie moord nie. Kan nie glo dat dit opsetlik sou wees nie

Louise ·

@ Boerkind, ek stem nogals saam. As dit opsetlik was kan mens verstaan dat hy aangekla word van moord. Maar anders sou mens dink aan nalatigheid of strafbare manslag.
Dis baie tragies en so hartseer.

Genis ·

Dit was n goedkoop gas instalasie in die badkamer .. Volgens carteblanche a ruk terug… So het mense voor die paartjie se dood, ook noue ontkomings gehad in dieselfde plek… Dit het op dowe ore geval… so dis ongelukkig moord…

Jack ·

Dit is tragies wat gebeur het en ek glo dat die eienaar van die gastehuis nie die dood van die paartjie beplan het nie en dat dit wel n mansslag klag behoort te wees.Dit is egter opvallend dat almal wat iemand se dood veroorsaak in die land hetsy in n motorongeluk of konstruksie of wat ookal n moordaanklag in die gesig staar. Is die kwalifikasie dan nie meer dat die daad beplan moes wees en dat die staat dit dus moet kan bewys nie. Is ons reeds so kommunisties dat jy skuldig is totdat jy jou onskuld bewys het? Ek hoop nie laasgenoemde is korrek nie.

akkedismis ·

Dis n TRAGEDIE. Voorrige kliente was nie geaffekteer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.