Inwoners van Gauteng wat nog steeds nie water het nie, is Dinsdag versoek om met Rand Water in verbinding te tree.
Dit volg ná berigte oor watertekorte in sommige gebiede in die noorde en weste van Johannesburg. “Indien daar steeds onderbrekings in die watertoevoer is, is dit moontlik op munisipale vlak en ons raai aan dat inwoners die inbelsentrums kontak,” het Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, gesê.
Volgens Mohale is watertoevoer Maandagaand na alle betrokke gebiede herstel.
Rand Water is ʼn grootmaatverspreider aan munisipaliteite.