Gautengse kabinet weier om voor parlementêre komitee te verskyn

Argieffoto

Die Gautengse kabinet, wat veronderstel was om van sesuur tot negeuur Woensdagaand op die rooi tapyt in die parlement te wees oor aanduidings van grootskaalse korrupsie met geld wat vir die verligting van Covid-19 begroot is, het nie vir die vergadering opgedaag nie.

Eerder as om verantwoording te doen aan die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering, het die provinsiale kabinet enkele minute voor die aanvang van die vergadering die parlementslede laat weet dat ‘n noodvergadering van die Gautengse kabinet byeengeroep is, so hulle sal nie verantwoording kan doen nie.

Gauteng is nou die wesenskern van die koronavirus-pandemie in Suid-Afrika, met byna twee keer soveel gevalle as die provinsie in die tweede plek, die Wes-Kaap.

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, dr. Bandile Masuku, en die presidensiële woordvoerder, Khusela Diko, is van die bekendes in ANC-kringe wat met beweerde korrupsie in Gauteng verbind word, hoewel hulle dit tans ontken.

Parlementslede was ontstoke oor die Gautengse kabinet se wegkruipery en stokkiesdraaiery. Die parlementslede Bheki Hadebe (ANC), Cilliers Brink (DA) en Hlengiwe Mkhaliphi (EFF) het die gedrag van die Gautengse kabinet veroordeel, maar die vergadering moes onverrigter sake tot ‘n onbepaalde datum in die toekoms uitgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leonard ·

Skuldiges MÓÉT summier afgedank en ONTSLAAN word EN BEDROG KLAGTES MOET GEOPEN WORD TEEN SKULDIGES!

Leon ·

Die Gautengse kabinet het mooi geleer by die ANC se grootkoppe. Hulle volg die reels baie mooi.

Hennie ·

Stop net hulle salarisse, dit behoort baie doeltreffend te werk! So lekker om black privileges te hê!

christo ·

Tipies, ‘gangster’ houding van die ANC. Die ANC roem hulle daarop dat hulle ‘n organisasie is en nie ‘n party nie. Onaantasbaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.