Gautrein sit treindienste voort ten spyte van staking

(Argieffoto)

Bombela Operating Company (BOC) – die maatskappy wat die Gautrein bedryf – het onderneem om dienste Maandag steeds voort te sit ten spyte van ʼn staking deur Numsa-lede.

Loononderhandelings tussen BOC en Numsa het ʼn dooiepunt bereik en die vakbond het kennis gegee dat sy lede môreoggend begin staak.

BOC sê hy het ʼn verhoging van 4,1% in salarisse en ander voordele aangebied. “Die aanbod is verwerp deur Numsa, wie se jongste eis neerkom op ʼn verhoging van nagenoeg 26%,” lui ʼn verklaring van BOC.

Numsa het vroeër gesê hy eis ʼn salarisverhoging van 8% en het aangevoer hy is bereid om na die onderhandelingstafel terug te keer. Volgens die vakbond het die maatskappy geweier om ʼn middeweg te probeer vind.

BOC sê hy gaan gebeurlikheidsplanne in werking stel om te verseker treindienste word nie onderbreek tydens dié staking nie.

“Bykomende veiligheidsmaatreëls word geïmplementeer en die veiligheid van ons passasiers sal nie in die gedrang gebring word nie.”

Treine sal tydens die oggend- en middagspitstye elke halfuur op die noord-suid- en oos-wes-lyne beskikbaar wees. Oggendspitstye is tussen 05:30 en 09:00 en middagspitstye is tussen 15:00 en 19:00.

Die dienste wat buite spitstye gelewer sal word, sal eers Maandagoggend bevestig word.

Volgens BOC sal die bus- en midibusdiens nie deur die staking geraak word nie en sal die gewone skedule geld.

“Terwyl ons werkers die reg het om ingevolge wetgewing te staak, moet stakende werkers tegelykertyd respekteer dat hul kollegas ook ʼn reg het om te werk sonder dat hulle geïntimideer word.”

Die beginsel van geen-werk-geen-betaling geld.

Die Gautrein het pendelaars by voorbaat vir enige ongerief om verskoning gevra en onderneem om passasiers op hoogte van enige veranderinge te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Fire die klomp wat gaan strike klaar! Die land is op sy knieë en hulle soek en soek net meer. Hulle gaan nie vreedsaam strike nie hoor my woorde. Kom ons kyk hoe word hulle behandel deur die uniform manne

Cornelius ·

26% verhoging. Tipiese SAKP mentaliteit. Die mense leef op n ander planeet.

Steve ·

In tye waar besighede sluit soek die idiote verhogings. Raak ontslae van al die unies in die land en oorleef. Soos brittanje jare gelede sal die gemors die land verder vernietig….saam met die anc se demoniese korrupsie

My siening ·

Weer is ek afgehaal maar moenie worry die waarheid is brand af en dan kry julle blm meer! BLM EN ANC Vseka

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.