Gaza-konflik: ‘Beteken konvensies enigiets?’ vra Pandor

Min. Naledi Pandor en Zane Dangor, direkteur-generaal van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking. (Foto: Dirco/X)

Suid-Afrika het alles gedoen wat hy moontlik kan om die situasie in Gaza na die Internasionale Geregshof te verwys en dit berus nou by die internasionale gemeenskap om te help verseker dat die bepalings wat die hof opgelê het, eerbiedig en ingestel word.

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sê die vraag oor wat gebeur indien daar geen nakoming is nie, is een wat alle lande moet beantwoord.

“Wat beteken dit vir elke regering wat vergrype teen mense pleeg indien die bevele nie eerbiedig word nie? Dít is die vraag wat ons konfronteer,” het Pandor Woensdag by ʼn mediakonferensie gesê.

Die minister sê Suid-Afrika sal voortgaan om alles binne sy vermoë te doen om die voortbestaan van die Palestynse mense as ʼn groep te verseker.

Die Internasionale Geregshof het vroeër onder meer beslis Israel moet alles moontlik doen om volksmoord in Gaza te verhoed en ook alles in sy mag doen om die lewering van basiese dienste en humanitêre hulp te verseker. Israel moet ook binne ʼn maand aan die hof verslag lewer oor wat tot dusver gedoen is.

Pandor meen egter Israel het tot dusver die hof se beslissing verontagsaam.

“Honderde mense is die afgelope drie of vier dae doodgemaak. Israel glo duidelik hy het vrye verlof om te maak soos hy wil.”

Sy sê dit laat die vraag ontstaan oor hoe optrede nie net in Israel nie, maar enige plek ter wêreld gestuit word.

“Ek glo Suid-Afrika het gedoen wat hy kan en nou moet die internasionale gemeenskap die vraag beantwoord: Beteken hierdie konvensies enigiets? Of leef ons nou in ʼn wêreld waar daar verlof sonder grense is waar jy kan optree soos jy wil teen enige kwesbare groep?”

Volgens die minister het sy tydens die besoek aan Den Haag, waar die hof gesetel is, die vraag gestel oor hoekom die hof ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Wladimir Poetin, president van Rusland, kon uitreik, maar nie dieselfde vir die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, kon doen nie. Pandor sê dié vraag kon nie behoorlik beantwoord word nie. Daar was wel ʼn aanduiding dat die ondersoek daarna steeds aan die gang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Saartjievandiebosveld ·

Praat jy wat agter die deur staan saam met jou kaders…né

annie ·

Pandor draai die hofuitspraak na haar smaak. Die hof sê Israel moet vergrype verhoed, maar sy interpreteer dit dat die hof sou aandui Israel wel vergrype toegelaat het en dit nou moet staak. ‘n Oorlog is nie ‘n speletjie waar met plastiekgeweertjies en seepborrels op die grasperk gespeel word nie. En syfers van dooies skelm opgestoot word vir effek nie. Hamas wil die stryd wen met fopnuus en slinkse streke deur buitelandse groepe.

Marous ·

Ons leef in ‘n hool waar regeerders net kan maak soos hulle wil sonder enige gevolge .

Seef ·

Voel hoe voel dit. Kry vir jou. Julle anc maak ook nes julle wil. Loop weg, vêr weg

Hannes ·

“Wat beteken dit vir elke regering wat vergrype teen mense pleeg indien die bevele nie eerbiedig word nie?”… Vra ek ook, ANC?

Johan ·

Ongelooflik dat julle nog steeds verkondig dayt hof in julle guns besluit en gereeel het. op elke aanklag teen Israel het die hof teen julle besluit. Die opdrag van die hof was dat Israel in alle opsigte moet verhoed dat hulle aan die klagtes skuldig kan word wat hulle reeds in die hof bewys het.

Oupa Avril ·

En sy “vergeet” dat Hamas gesê is om al die aangehoudenes vry te laat. Sy is nes die res van die ANC regering een ou deuntjie.

Ditsim ·

Pandor jy verstaan nie. Jy wil net israel beskuldig, jy vergeet van dat Hamas ook n aandeel het. Dit is hoekom niemand luister wat jy te sê het.

Frank ·

Die ironie ai die ironie, waar sulke intellektueel gestremdes alles omdraai en selfs dinge wat onder moet uitkom bo uit gespoeg word

Nicky ·

Nou stuur jou werrmag soontoe jy sal ok nie, want jy weet hulle beteken niks

Jacobus ·

Hulle die anc terroriste het hulle nie aan die hof se beslissings gesteur toe hulle Alba Shiere wat regtig volksmoord gepleeg het in Soedan; skuldigg bevind is in hierdieselfde hof gesteur nie. So wat is nou anders, ek het slegte nuus vir die ans Israel gaan hulle ook nie daaraan steur nie.

hpven ·

Konvensies Pandor? Die ANC het die afgelope 29 jaar elke moontlike konvensie, tot hul gerief, in Suid Afrika ignoreer! Nou ignoreer die wêreld die ANC, kry vir julle!

Aai ·

Pandor kyk na die balk in jou en jou kaders se oog eerste voor julle klippe gooi.

Kokerboom ·

Rerig Me Pandor?
Het u niks beters te doen om u eie land ‘n beter plek te maak? U obsessie is ‘n gerieflike rookskerm om ANC se eie massiewe gebreke te verbloem. Die redelike mens sien deur u bravade insluitend die van u President!Wat van Darfoer, Tigray, Oekraine, China se onderdrukkings, u buurman Zimbabwe en vele ander? Kry u prioriteite reg en hou op om die redelike mens se intelligensie te onderskat en belastingbetaler se geld te mors!

Servaas ·

Ou Pandorakie. Sê bietjie – hoekom verkla julle nie vir Rusland nie ? Mmmm

Papsak ·

Pandor julle het dit gedoen omdat verkiesing om die draai is want julle wil wys julle het iets bereik julle het niks bereik nie man daarom luister niemand na jou nie Irael is nie alleen skuldig nie die Hanas is ook skuldig so skrik wakker jong

Di ·

Die grap van die jaar is, ANC KADERS maak net wat HULLE WIL. Sy is regtig die laaste een wat dit moet waag om hierdie woorde te uiter, PRESIES dit wat hulle teenstaan hier, gebeur in ons eie land wat HULLE regeer

Prikkie ·

Nou weet sy hoe ‘n nuttelose oefening voel – net jammer sy kom dit nou eers agter nadat sy miljoene van SA belastingbetalers gemors het.

Wonder as sy nie die Islam geloof aangehang het nie, of sy nog so ywerig sou wees om Israel te vervolg?

Jaco ·

so “israeli apartheid” en lelike optrede van israel teenoor gaza is verkeerd, maar regstellende aksie, BEE en selfs beplande wette waar wit boere nie mag water kry nie, is reg en nie diskriminasie en apartheid nie???

Grassie ·

Die verwaandheid van die ANC gaan alle verstand te bowe. Hulle is self net ‘n “glorified” terroristeorganisasie waar niets ‘n iets geword het en dit slaan telkens deur. Ek hoop nie hulle glo dat die beskaafde lande in die wêreld enige respek vir hulle het nie.

Andre ·

Altyd gedink sy is een van die beter ministers. Groot fout. Sy sanik die selfde ou deuntjie oor en oor. Praat baie, sê niks.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC is nou ‘n regime wat nie konsekwent is nie. Wat van die Sudanese diktator wat nie in SA gearresteer is nie? Die regime het nie die gevolge van die ICJ saak goed bedink nie, veral alternatiewe wat Israeli markte moet vervang. Indien Israel uitvoere na SA staak het ons probleme. Kortsigtig.

Keelvol ·

Want jy sien Pandora, julle is selektief oor wanneer en waar daardie konvensies toe gepas moet word. Toe julle verpligtinge gehad het om ou el-bashir te arresteer toe het daardie einste konvensies nie julle gepas nie. Met putin was dit presies dieselfde gewees.

Riaan ·

Julle (ANC) het die een kommissie na die ander wat niks beteken nie, nou kla jy oor konvensies.

Ore ·

Agbare minister, vertel ons dan asb meer oor hoe die ANC die Omar al-Bashir aangeleentheid hanteer het. U was mos deel van daardie sirkusleier ene ZUMA se sirkus of hoe? Julle verdedig Putin maar sit hand op die blaas met Hamas. Julle verhef Hamas tot vryheidsvegters wat nes julle tussen burgerlikes geskuil het mense vermoor het onder die vaandel van vryheid.

Suzette ·

Ag panda weet jy ooit wat vergrype beteken? Dit is dan deel van wat julle elke dag in die land doen!

Francois ·

Vir die mense wie se kinders so deur bendes en kriminele afgemaai word, wil ek net sê dat julle moet besef dat op die stadium beteken daardie kind van jou se lewe en jou hartseer vir die ANC en hulle vennote net mooi niks. Cele en Lamola het nou eers n hofsaak waarby rassisme beweer word, om by te woon waar hulle kan sit en niks doen. Pandor, Rhamaphosa en die ANC en EFF regeringsamptenare saam met geestelike leiers hier in SA wat openlik reken hulle is deel van Hamas, het nou eers n ander “Free, free Palestine” oorlog om te veg en ons geld op te blaas. Julle moet maar self die bende-oorlog veg en die slagoffers begrawe.

Maggie ·

Stem 100% saam. Soms wonder mens of ‘hulle’ ook nie vir die ‘Hamas’ hulle die Israeliese gevangenisse by ‘ons land wegsteek’ nie…

Pieter ·

Ai my antie hoe nou …julle het julle alies afgevee op twee geleendhede om daai konvensies te eerbiedig en nou beroep julle julself op hierdie morele verwagtinge …..

Martie Smartie ·

Suid Afrika is die ideale wegkruipplek en geldwas plek vir terrorisme. Hamas is veilig hier. Dis niks vir besighede hier om geld oor te plaas na besighede wat Hamas finansier nie. Easy. SA is ‘n ondersteuner van terrorisme, feit. En kan pandora en ramaphala nou asb hulle lippe zip oor Israel. Ons had nou genog van hulle. Beweeg aan. Gaan kla oor Rusland wat sonder rede Oekraine binnegeval het. O ja nog n ANC tjommie.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Ek vermoed Naledi Pandor strewe om die volgende Suid-Afrikaanse president na die 2024 algemene verkiesing te word. Wie stem saam?

domheks ·

Hamas voorsien die terroriste hier in SA van geld. Net nadat pandor die leier van hamas ontvang het hier, kon die terroriste hulle skuld vereffen. 2+2 ?

Pierre ·

Hoop hulle loop die selfde pad met Rusland, maar sal nie gebeer nie mos hand om die blaas vriende

Ronel ·

Me Pandor – sprekende voorbeeld van “Jack of all Trades, Master of None”!!!

Casper ·

Naledi,hierdie was maar net weereens ‘n vakansie met belastingbetalers se geld.Daar was niks in die hof besluit wat Israel nie alreeds nakom nie,humanitêre hulp,mediese voorraad en die voorkoming van die dood van burgerlikes.As burgerlikes Hamas wil huisves dan jammer om te hoor.Hoekom nie so striemende aanval op Hamas looks nie.Wat het Hesbula daarmee uit te waai.Veroordeel die aanval op skepe in die Rooi see,slapgat.

Roek ·

In die land van die blindes is die een oog koning , laat my dink aan my skoonma !

JohanR ·

Beteken Naledi Pandor iets? Ouetehuis toe met jou waar jy en NDZ kan kuier en skinder!

Gerhard ·

Panda gaan pis en gaan rus asseblief. Vee eers voor jou eie deur skoon. Bring LOADSHEDDING tot ‘n einde soos Mbalula belowe het.

Johan ·

Minister,konsentreer op SA se probleme,..vee eers voor SA se deur, of probeer julle op díe manier die aandag van SA se probleme weglei met die hoop dat dit vanself sal regkom??Daar word ook elke dag mense in SA vermoor,mense lei honger,hulle bly in shacks,in wind en weer ens,ens.Word wakker!!

Andre ·

…solank Pandor propaganda maak, bly Irán se geldkraan oop vir die A en C.
Maklike som om te maak!

piet ·

Daar was gister beeldmateriaal op Sky News waar ‘n massagraf in Gaza ontdek is en wat daarop dui dat Israeliese weermag Palestynse burgerlikes tereggestel het. Hulle hande was agter hulle rue vasgebind en is in die agterkop geskiet. Lyk soos ‘n oorlogsmisdaad. Sal interessant wees wat hiervan gaan word.

Spook ·

Minister Pandor moet een ding onthou. As hamas nie Israel die 7de Oktober binne geval het en sommer bewys het dat elke hamaslid ‘n stuk gemors is nie, sou die hele Gaza nog vreedsaam regop gestaan het.
Ook, het hamas enige gyselaar vrygelaat soos deur die “hof” gesê is?
As die wereld die wapens van Israel wegneem, is daar een minuut later ‘n volksuitwissing. As die wapens van hamas weggeneem word, is daar onmiddelike vrede.

piet ·

Spook – Daar sal nooit vrede wees nie want Israel beset Gaza onwettiglik sedert 1967 en die Palestyne wil hul vryheid he. Dis Palestynse grondgebied, Israel moet padgee daar.

Republikein in die Wes Kaap ·

piet, Israel het al in 2005 uit Gaza onttrek. Daar bly wel 750 000k Israelse setlaars in die Wesoewer. Solank as wat Hamas en die Palestine Jihdat sê dat Gaza en die Wesoewer moet geografies saamsmelt met geen Israel nie, sal daar nooit vrede wees nie. Hamas, Jihdat en Fatagh in Ramalah is ook nie juis vriende nie. Hulle veg onder mekaar, en huiwer nie om mekaar tereg te stel nie.

piet ·

Hulle het nie heeltemal uit Gaza onttrek nie, daar is nog Israelies in Gaza en die Wesbank. Die teregstellings was definitief uitgevoer deur Israeliese soldate.

piet ·

Israel het steeds direkte eksterne beheer oor Gaza, het indirekte beheer oor daaglikse aktiwiteite in Gaza, beheer “air en maritime space” oor Gaza en het beheer van 6 van die 7 grenseposte na Gaza, ens. Die vraag is hoekom, hulle moet heeltemal daar padgee.

Republikein in die Wes Kaap ·

En dan kan Hamas en Jihad vrylik oor die grens beweeg en Israelse kinders en vrouens molesteer en ontvoer. Daai teregstellings wat jy beskryf is defnitief nie deur die IDF uitgevoer nie. Die IDF speel nie speletjies nie.

Johannes ·

Julle het verniet so gejuig omdat julle gewen het maar nou huil julle, anc

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.