Geen beurtkrag dié naweek

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het Vrydag die blye tyding gedeel dat beurtkrag in sy geheel Saterdag om 05:00 opgeskort word.

“Hoewel daar steeds beperkte opwekkingskapasiteit is, is die opskorting van beurtkrag moontlik gemaak deur ʼn laer vraag na krag oor die naweek, asook voldoende vlakke van noodopwekkingskapasiteit wat nou tot Eskom se beskikking is,” het die kragvoorsiener Vrydagmiddag in ʼn verklaring gesê.

Beurtkragfases van tussen drie en ses is die afgelope drie weke deurlopend ingestel, onder meer weens ʼn vertraging in die lewering van diesel vir kragopwekkers, asook vertragings om opwekkingseenhede weer aanlyn te bring.

Die kragvoorsiener sê sewe opwekkingseenhede onderskeidelik by Camden, Grootvlei, Hendrina, Kendal, Kriel, Majuba en Tutuka-kragsentrales is sedert Donderdag weer tot die stelsel gevoeg. Een opwekkingseenheid by Duvha-kragsentrale is intussen uit die stelsel gehaal om herstelwerk te ondergaan.

Nietemin staan Eskom nou nog steeds 13 484 MW af aan onbeplande herstelwerk. Dit is steeds ʼn groot hoeveelheid krag wat nie beskikbaar is nie en Eskom het nie in die verlede geskroom om beurtkrag in te stel wanneer onbeplande onderbrekings hoër as 11 000 MW is nie.

Beplande herstelwerk staan tans op 5 512MW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Elma ·

Byt vas. Dis amper Maandag. Dan begin dit weer.
“Laer aanvraag na elektrisiteit….” Maar natuurlik, nie een van ons kan aanvraag hê na iets waarvan daar nie aanbod is nie!

Leon ·

Net vir die naweek (hopelik). Maandag oggend gaan verskeie opwekkings eenhede “breek/die gees gee”. Dan weer terug na fase 4. Alles wat eskom se moet met eetlepels sout geneem word

Hendrik Marthinus ·

Watter terugvoering is dit
Iets wat daar moet wees vir betalende Verbruikers, word nou gegee op n geleentheid fase.
Daar se de Reyter duidelik: Net vir die naweek Lyk dit of SA nie Beurtkrag gaan he nie.
Vir my is die naweek van Vrydag 16:00 af.
Maar Maandag volgens de Reyter behoort iets te breek, watter boodskap stuur die man uit.
Hopenlik laat die nuwe raad die man die pad vat.
Hoe dees aarde na 4 weke, nie 3 weke nie maroela media se instandhouding etc is die grid steeds onder druk en is daar nie genoeg same herstelwerk gedoen nie.
Onthou ons was 4 weke op stage 3 of 4

Hendrik Marthinus ·

Watter werk,
As hy sy werk doen of gedoen het was die ligte aan, of is ek verkeerd?
Die laaste 4 weke was jou ligte seker aan ne?
Hy behaal verkeerde rekords, onder sy beheer was loadshedding Nog nooit so erg.
En mense Bly se hy word gesaboteer, hoekom Sal die regering hulle self saboteer, want met loadshedding verloor dieselfde regering biljoene by die uur
De Reyter skep 7 mil n jaar, ek en jy maak staat op krag om kos op tafel te sit
Jy Dink nie aan Duisende onskuldige mense wat werk verloor of wat nie besigheid Kan oophou oor loadshedding nie
So ja enigiemand anders Kan dalk beter doen.
Ons Sal nie Weet nie, want hy is met superglue op Dai stoel
In Plaas van opstaan en krag voorsien soos dit hoort

Samuel ·

Alles is nie De Ruyter se skuld nie. Dit is die regering se skuld.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien De Ruyter die beste is het ons GROOT probleme.

Jaco ·

Ek weet nie hoe waar die volgende gerug is nie, maar dit verklaar nogal baie goed waarom dieselfde goed altyd by dieselfde kragstasies breek:
Baie BEE besighede wat steenkool aan eskom verskaf, maak die vrag glo swaarder en die prys dus hoër deur klippe en stukke metaal by die steenkool te gooi. Dit breek eskom se masjiene, wat weer lekker inkomste gee aan ander BEE besighede wat dan die masjiene moet regmaak. Iemand het dié korrupsie blootgelê, maar hy is dadelik gedreig om sy “veldtog” teen dit stop te sit. Sou hy voortgaan, sou sy huis glo met petrolbomme gegooi word. Gevolglik gaan dié ding net aan en aan en aan.

Cherokee ·

Geen beurtkrag dié naweek? Jul almanak is deurmekaar. Dit is nie 1ste April.

MakersMark ·

Binnekort sal iets breek wat hul nie aan gedink het nie, of dalk raak die diesel en water vinniger op……

Nicky ·

De ruiter kan nie eskom regmaak in 2jaar as DIE ANC DIT OPGENEEK HET DIE LAASTE 30 JAAR DIT GAAN NOG LANK DUUR TERWYL DIE ANC HUL VINGER IN DIE PIE HET

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.