Geen beurtkrag op Menseregtedag

(Foto: Shutterstock)

Soos sake nou staan sal daar geen beurtkrag op Menseregtedag wees nie.

Eskom het Woensdag op die vooraand van dié openbare vakansiedag aangekondig dat beurtkrag Donderdag om 05:00 “tot verdere kennisgewing” opgeskort sal word.

Dit is moontlik weens die laer vraag wat van môre tot die naweek verwag word sowel as ʼn toename in beskikbare opwekkingskapasiteit, het Eskom verduidelik.

Altesaam 14 335 MW in opwekkingseenhede is egter in dié stadium weens onklaarrakings onbeskikbaar, terwyl 6 073 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

Eskom verwag egter dat 3 850 MW se opwekkingsvermoë teen Maandagaand weer in diens sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vonkprop ·

As hierdie nie duidelik genoeg is dat beurtkrag gemanipuleer word nie, dan weet ek nie. Snaaks hoe krag eweskielik beskikbaar is vir sekere dae en sekere geleenthede.

Casper ·

Wat is die verskil tussen menseregtedag en ‘n gewone werksdag.’n Toename in opwekkingskapasiteit.opwekkingsvermoë van 3850 MW sal Maandag beskikbaar wees.Die vraag is nou,hoeveel kapasiteit gaan dan verlore gaan weens onklaarrakings en dan weer beurtkrag afdwing.’n Laer vraag wat verwag word van môre af tot die naweek.So lieg die kaders maar voort.

KB ·

Wragtag nê! En Vrydag sit ons op vlak 6.
Mense, hierdie is manupilasie op sy beste (nes die Covid-leuen).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.