Geen beurtkrag verwag, maar…

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het gesê hy verwag nie dat beurtkrag oor die naweek ingestel sal word nie.

Die kragvoorsiener sê egter dit bly steeds moontlik dat beurtkrag op kort kennisgewing toegepas kan word.

“Die kragnetwerk is steeds beperk en kwesbaar. Ons gebruik tans noodreserwes om verskaffing aan te vul en sal moontlik op kort kennisgewing beurtkrag moet instel indien die netwerk se prestasie verder agteruitgaan.”

Volgens Eskom was onbeplande onderbrekings teen Vrydagmiddag op 11 348 MW terwyl beplande onderbrekings op 4 957 MW was.

Die kragvoorsiener het ʼn beroep op gebruikers gedoen om hul elektrisiteitsverbruik te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scalla ·

Maar as hul gereelde instandhouding en onderhoud gedoen het was die berig nie nodig nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.