Geen borgtog vir man wat familie glo byeenroep, doodskiet

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

’n Verdagte wat teregstaan vir die moord op ses van sy familielede is borgtog geweier.

Sthembiso Nkosinathi Mthimkhulu (36) word daarvan beskuldig dat hy in Februarie sy familielede in hul huis in die omgewing van Eshowe byeengeroep het voordat hy hulle doodgeskiet het.

Die jongste slagoffer was maar agt jaar oud.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê Mthimkhulu het op 20 Februarie omstreeks 23:00 by die familielede se huis in Nkanini aangekom. Hy het na bewering die deur na die huis met ’n byl oopgedwing en al die familielede byeengeroep.

Dit is toe dat hy ’n vuurwapen te voorskyn gebring het en die familielede, tussen die ouderdomme van agt en 70 jaar, na bewering doodgeskiet het.

Mthimkhulu het glo ná die voorval op die vlug geslaan en is twee dae later in Greytown opgespoor en in hegtenis geneem.

Naicker sê Mthimkhulu het intussen al verskeie kere in die hof verskyn voordat hy eindelik onlangs borgtog geweier is.

Mthimkhulu sal na verwagting van 4 tot 8 Oktober in die Mtunzini-hooggeregshof verhoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Die satan is behoorlik los … Mag die swernoot ń vrek lang tyd sit en hopelik sy dues kry in die tjoekie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.