Geen polisieuniforms tydens rooftog gebuit nie

(Foto: SAPD/Facebook)

Geen polisieuniforms is gebuit toe minstens 12 aanvallers Sondagaand op ʼn polisiegebou in Pretoria toegeslaan het nie.

Brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het die publiek versoek om nie valse of misleidende inligting rondom die voorval te versprei nie.

Maroela Media het vroeër berig die verdagtes het sekuriteitswagte vasgebind om toegang tot die gebou te verkry. Polisiebeamptes op patrollie het die verdagtes se poging om die gebou binne te gaan egter gefnuik. Tydens die konfrontasie tussen die polisiebeamptes en die verdagtes is ʼn polisiekonstabel geskiet en gewond. Hy is na ʼn hospitaal vir mediese sorg geneem.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het Maandag die polisiebeampte in die hospitaal besoek.

“Die motief vir die poging om toegang tot die gebou te bekom word ondersoek,” het Mathe bygevoeg. ʼn Saak van sakerooftog, poging tot moord, opsetlike saakbeskadiging en dat die verdagtes hul as polisiebeamptes voorgedoen het, word ondersoek. Die soektog na die verdagtes duur voort.

“Volgens die voorlopige ondersoek het die gewapende mans hulself as polisiebeamptes voorgedoen voor hulle die veiligheidswagte oorrompel het. ʼn Polisiebeampte aan diens, besig met patrolliewerk, het reageer op die voorval en daar was ʼn skietery. Die gewapende mans het van die toneel weggejaag met die beampte se dienspistool, motorsleutels, ʼn petrolkaart en R145 in kontant.”

Mathe sê die SAPD kan nie onthul wat by die gebou gestoor of gehou word nie weens veiligheidsredes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jr ·

Nou wie het gesê dis uniforms. Nog nie n berig van dit gelees. Jy hap bubbles. Nog n saak van klap die vuur dood voor dit ons tref. Net soos Mhatashile en die blou lig mafia bende. Dis hoekom hulle nie wil sê wie en wat in die gebou is.

Harley Davidson ·

Die sogenaamde polisie is nie eers meer veilig van kriminele in hulle wegkruipplek nie

Johanncb ·

Ek hoop van harte die arme polisiebeamptes was nie té bang nie. Hulle sal waarskynlik vir berading moet gaan. Arme bloedjies!
Hoop die ouens van sekuriteit pas hulle mooi op.

Pietertjie ·

Nie dat die uniforms in verkeerde hande enige verskil gaan maak nie.

Cornel ·

Lagwekkend
Die bedelaars wat die verkeer deesdae beheer sal n beter werk doen as die polisie .

Dewald ·

Daar word wapens en uniforms gestoor .SAPS huur wagte om die plek op te pas.

Ryan ·

Die publiek mag nie weet wat in dié gebou gestoor word nie maar die skelms weet dan. Wat n redenasie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.