Die polisie in Rakgoadi in Limpopo is op soek na ʼn groep gewapende verdagtes wat Donderdagoggend ʼn transitovoertuig naby die Letebejane-nedersetting oopgeblaas het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 08:30 op die kruising van die Apel- en Leeuwfontein-paaie plaasgevind. “Die transitovoertuig het in die gebied gery toe die bestuurder ʼn wit Mercedes Benz-motor en ʼn blou Volvo gewaar. Die insittendes het op die transitovoertuig losgebrand totdat die voertuig van die pad af getrek het,” het Ngoepe gesê.
Volgens Ngoepe het die verdagtes daarin geslaag om die veiligheidswa met ʼn ploftoestel oop te blaas, maar kon hulle nie daarin slaag om die geld te steel voor hulle van die toneel gevlug het nie.
Die polisie is na die toneel ontbied en het blitsig gereageer en langs die pad die verdagtes se voertuie opgemerk.
“Die insittendes het swart koeëlvaste baadjies gedra en het op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet totdat die verdagtes weggejaag en verdwyn het.”
Volgens Ngoepe is daar nie verdagtes of polisiebeamptes tydens die skietery beseer nie.
Die twee voertuie wat deur die verdagtes gebruik is, is later verlate op verskillende plekke aangetref. Die polisie het beslag gelê daarop en is tans besig om die oorsprong van dié voertuie te bepaal.
Die verdagtes in dié voorval is steeds nie bekend nie en daar is nog niemand in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 kontak.
Net nog een, wat is nuut, dit is soos plaasmoorde, elke dag een of twee .. net die name verskil .. tragies vir die gesinne wat geliefdes moet afstaan, maar ons het afgestomp geraak .. die kriminele kraai koning.
het die geldwa mense nie fone om hulp te ontbiet as hulle iets verdag sien nie? Hoekom is daar nie meer ‘n begeleimotor saam met die geldwa nie?
was daar dan ooit?
Daar was 2… ‘n Merc en ‘n Volvo.
Kyk nie verder as EFF en ANC nie, want dis hulle groot koppe wat agter hierdie dade sit vir befondsing. Dis al ou nuus en hul oudste trick in die boek. Daarom sien ons dat dit goed beplan en proffesioneel uitgevoer word met die nodigge benodighede soos plofstof ens. Dis beslis nie jou algemene jan rap en sy maat nie.
Laai ‘n “trojan horse” met 2 BMG’e aan elke kant om die ding te doen.
Tipies sa polisie sien die aanvallers skiet op hulle skelms skiet terug en polisie vlug stert tussen die bene en skelms kom weg om weer te roof wat n grap
Pieter as dit in Kwazulu Natal gebeur het het hulle turf gesit daardie beamptes is in beheer nie die kriminele nie
Die polisie moet maar ADT kontrakteur om die tipe misdaad hok te slaan want duidelik is hulle nie opgewasse nie.