Gemeenskap neem reg in eie hande na ‘verkragting’

(Foto: SA Polisie)

ʼn Man is erg aangerand en toe aan die brand gesteek nadat ʼn 17-jarige verstandelik gestremde meisie glo verkrag is.

Die voorval het Maandag in Tshakhuma buite Thohoyandou in Limpopo plaasgevind. Volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het lede van die gemeenskap die 39-jarige man daarvan beskuldig dat hy die meisie verkrag het.

Die meisie het glo saam met ander vroue vuurmaakhout bymekaar gaan maak toe hulle deur ʼn man aangeval is. Die ander vroue het weggehardloop waarna die man glo die tienermeisie verkrag het.

Lede van die gemeenskap het intussen begin mobiliseer en na die verdagte begin soek. Hulle het die verdagte gevind en hom begin aanrand en hom aan die brand gesteek.

Die polisie is intussen ontbied en met hul aankoms het hulle die man se gebrande liggaam gevind. Daar was in die stadium geen ander mense op die toneel nie.

Die polisie het ʼn saak van moord aanhangig gemaak, maar die mense wat by die voorval betrokke was, is nog nie geïdentifiseer nie.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, Limpopo se polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op gemeenskapslede gedoen om die oppergesag van die reg te respekteer en nie die reg in eie hande te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Francois ·

Lekker man – braaidag bietjie vroeg gehou en so stappie verder geneem !

sweis ·

Ek kan nooit saamstem met gereg in eie hande neem nie want dit is verkeerd maar in n piesang republiek soos SA waar die polisie weier om hulle werk te doen die tronke oorvol is sal ek sê doen wat jy moet doen.

Hannetjie ·

Sweis, ek ook nie.Maar dit wys net hoe keelvol burgers is vir die wetteloosheid in die land.

Moreel ·

As die polisie niks doen nie sal die gemeenskap nie meer net terugsit en verkrg word nie. Goeie mense help.

Magda ·

Nog nooit gestem vir reg in eie hande neem nie – maar met die regering – NOU ja – die mense word grdwing om dit te doen. Jammer vir die kind.

Zumie ·

Wat van onskuldig geag tot die teendeel bewys word. Ek wil nie in ‘n gemeenskap leef waar die geroesemoes op sterkte van emosie en hoorse die doodstraf kan uitdeel nie..oppas waarvoor julle so saamstem ..julle kry dit dalk…

ES ·

Zumie, die ander vroue wat weggehardloop het, het hom gesien en kon hom identifiseer – ek glo hulle het die regte persoon terreggestel.

Bosvark ·

Zumie, jy se nou eintlik dat die mense wat se dat gereg in eie hande geneem gaan word se mense ook verkrag gaan word. Jy is n totale idiot!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Carla ·

Ek stem saam dat dit nie die regte ding is om te doen nie, maar dit was n kwessie van tyd voor dit begin gebeur. Mense is keelvol en ongelukkig, indien hulle hom aangehou het tot die polisie hom kom arresteer, sou hy waarskynlik binne n kort tydperk uit gewees het op borg. Die wet is deesdae meer vir misdadigers as teen hulle. Ek dink gevalle van gereg in eie hande neem gaan al meer begin toeneem want onskuldige mense raak keelvol daarvoor dat misdadigers uit kom en weg kom met als.

Vra net ·

Ek sal nooit ten gunste aarvan wees reg in eie hande te neem nie. Mense raak te gou opgesweep en wat as dit later blyk die persoon was onskuldig? Daar is so baie verkeerde en lelike dinge in ons land, maar jy gebed is om krag te kry om nie na dieselfde vlak te daal nie, ongeag of ek moeg is vir geweld, korrupsie ens

Nico K ·

Ek kan nooit saam stem hiermee nie. ‘n Skare word gou opgesweep en steur hulle nie aan feite nie. Ek jet al gelees van ‘n geval waar ‘n man dood geslaan is deur ‘n skare weens beweerde verkragting en toe die meisie die man sien sê dit is die verkeerde ou!

Koos de Meyer. ·

Ek stem, gee hom vir die gemeenskap want dis al wat werk. Onskuldiges word verkrag en vermoor en more loop die krim weer buite rond. Ongeag velkleur as hy verkrag moet hy maar die gevolge dra. Ons tronke is al oorval.

Dries ·

Di gemeenskap se optrede is onaanvaarbaar. Maar, dis di gevolg van swak polisie werk en misdadigers wat ‘wegkom’.
Di beplande nuwe wetgewing van Geen borgtog vir sulke ‘oortredings’, baan egter ook di weg vir siviele eise teen di staat, indien n persoon onskuldig bevind sou word…
Maar di Lewenslange tronkstraf, is n stap in di regte rigting – al is dit op jou en my koste

Pieter ·

‘n Mens moet vir daardie gemeenskap sê dat dit Malema was wat dit gedoen het. Ek wil sien hoe praat hy hom uit daardie situasie uit.

Tallies ·

Die ANC pluk nou die vrugte van dit waarmee hulle begin het, dit gaan net erger raak.

HPV ·

So pluk die gewese NP, van wigte en teenwigte faam, ook die vrugte van hul mislukte onderhandelings.

Ag HPV ·

HPV, sover die gemiddelde intelligente mens weet, bestaan die NP nie meer nie, so hoe kan iets wat nie bestaan nie, vrugte pluk van hul mislukte onderhandelings? Ten minste bestaan die ANC en dit is so – hulle sit nou met die probleme wat hulle gemaak het (stakings, reg in eie hande neem).

Ig ·

Gemeenskap is 100% reg want die boggers kry bail dan doen hulle dit weer. Polisie skiet gemeenskap brand, dit sal oortreders afskrik

ALW ·

Fantasties dit moes met die Dros verkragter ook gebeur het. Onskuldige dogters word verkrag en dis mar net ok…. Nee wat… Ek stem die gemeenskape het baie jare al so met goed afgehandel was net nooit in die nuus nie.

emily ·

Wel as hulle vir polisie moes wag, het hulle nou nog gewag. Meeste Polisie kyk mos maar anderpad of hoe?

Essie ·

Daai man het sy straf weg kan die regering nou sien die publiek vra vir doodstraf

marous ·

afrika se mense weet hoe om met afrika se mense te werk . Gaan kyk wat maak hulle met verkragters in Malawie .

Spook op thaba ·

Sal net n paar keer gebeur dan sal polisie en regering dalk/hopelik wakker skrik

lanie ·

Geluk aan die gemeenskap. Jammer net hulle doen ander se werk vir hulle, maar dit is mos werkskepping as jy niks doen nie en ander die werk laat doen.

Sjoe ·

Pleks die groepie vroue (al was hulle net 2) het weerstand gebied pleks van vlug. Hy was een alleen. Verdryf hom met die hout wat opgetel is.

Emma ·

Dis maar soos hulle in die ou tyd dié soort probleme hanteer het … en as die polisie nie teenwoordig is … dit steeds sal doen!! Die ‘bos’ kom sulke tye na vore en mens hoop maar net dis die ware skuldige!!

Leon ·

Die howe gee hulle borgtog en laat hulle vry om verder te verkrag. Iemand moet soerg dat hulle hulle ophou om te verkrag.

Onnodig ·

Dit was een man teen n groepie vroue. Hulle hol weg en los n weerlose gestremde meisie agter? Hulle moet ook n straf kry. Genade.

ES ·

Ek stem saam met jou – as daar ten menste net twee was kon hulle alreeds ‘n verskil maak en die man op een of ander manier gestop of verwilder het…

thinus erasmus ·

Net ń paar argumente en misopvattings nek-omdraai:
Een roofdier val ń hele trop aan en almal laat spaander – dit is blote instink. Dan word die stadigste of toevallige enigeen gevang.
Boende geregtigheid kan foute maak – wel in die beste regstelsels word ook onskuldiges gevonnis, of soos hier by ons word die meeste maar onskuldig gevind en net in noodgevalle skuldig bevind. Onskuldig tot skuldig bevind deur die hof – so al het almal jou gesien dit doen, direkte bewyse teen jou gelewer mag niemand ñ vinger na jou wys nie???? Nee ek dink as jy ñ verdagte is, is jy nie skuldig of onskuldig nie, maar as jou alibi of samewerking jou onskuld wys, is jy nie meer verdagte. Ons regstelsel behoort ook so aangepas te word om die werklikheid te reflekteer. Laastens: seker 99% van alle misdaad slagoffers was ONSKULDIG plaas hul regte eerste.

Bosvark ·

Al julle kla gatte oor gereg in eie hande neem maak my siek. Julle is gewoonlik die mense wat die meeste kla. Wat sal julle doen as julle kinders elke dag verkrag word en die poeliesie doen niks. Ek sal hulle baie meer aandoen as wat die gemors gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.