Maroela Media het vroeër berig Irsak Schalk (26) het uit die selle ontsnap nadat hy die diefwering van sy sel oopgebreek het. Hy moes in die hof verskyn op aanklag van diefstal.
Alta Swart, koördineerder van AfriForum in Vryburg, het gesê ʼn lid van AfriForum se Kuruman-buurtwag het vanoggend omstreeks 01:00 vir Schalk langs die pad in die Vryburg-omgewing sien loop. Hy het vinnig die Vryburg-buurtwag in kennis gestel, wat nog buurtwaglede geaktiveer het.
“Hulle is na die plek waar hy laaste gesien is en het hom daar langs die pad aangetref waar hy geryloop het,” het Swart gesê. Kort daarna was die polisie ook op die toneel en Schalk is weer in hegtenis geneem.
Kol. Priscilla Naidoo, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Schalk weer in polisieaanhouding is.
Kan ons raai wie het wat bestuur,,,? en wie was die insittendes?
Ek hoop hy is skuldig…dit moet vreedlik wees om so deur allmal “gejag” te word….en daai ous is uitstekende jagters hoor!