Geraamte dalk dié van vermiste PE-man

Adriaan Scheepers (55) van Gqeberha in die Oos-Kaap word sedert September 2020 vermis. (Foto: SAPS)

’n Geraamte wat Maandagmiddag in ’n beboste gebied in Sherwood in Gqeberha (Port Elizabeth) gevind is, is dalk dié van ’n 55-jarige man wat meer as ’n jaar gelede verdwyn het.

ʼn Brandbestryder het op die geraamte in Walkerweg afgekom nadat hy ʼn veldbrand geblus het.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het familielede van die vermiste Adriaan Scheepers reeds aangedui dat die klere en selfoon wat by die geraamte gevind is, glo aan hom behoort.

Scheepers word sedert September 2020 vermis.

Adriaan Scheepers (55) van Gqeberha in die Oos-Kaap word sedert September 2020 vermis. (Foto: Facebook / Pink Ladies)

Janse van Rensburg sê ’n geregtelike doodsondersoek sal nou gedoen word om te bepaal of dit wel Scheepers se oorskot is.

“Die selfoon sal ook na die polisie se kubereenheid vir ontleding gestuur word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shakespeare ·

Mens kannie meer in hierdie “gangster paradise” land alleen in n stad of dorp rondloop nie en gladnie ‘n beboste gebied nie.

Raakvatter ·

Nie te sê dit was ‘n misdaad nie. Die selfoon was nog by die oorskot. Dalk het die man ‘n hartaanval of beroerte gekry terwyl hy gaan stap het.

Aai ·

Dit kan wees die man aan natuurlike oorsaak oorlede is dit is hoekom alles nog by hom was en gras te lank om hom te sien oor die jare kan nie se dit was misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.