Geskorste SAUK-joernaliste wend hulle tot konstitusionele hof

Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter stap na die konstitusionele hof (1 Julie 2016) Foto: @SolidariDirk/Twitter

Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter stap na die konstitusionele hof (1 Julie 2016) Foto: @SolidariDirk/Twitter

Agt senior joernaliste wat by die SAUK geskors is, het Vrydag die konstitusionele hof genader sodat hul saak aangehoor kan word.

Die geskorste joernaliste wil hê die openbare uitsaaier se besluit, om nie beeldmateriaal van gewelddadige betogings waar staatseiendom verniet word uit te saai nie, moet ongeldig en ongrondwetlik verklaar word.

“Die verslaggewers voer aan die beleid plaas SAUK-joernaliste in ʼn ondraaglike posisie, aangesien hulle gedwing word om aan die een kant hulle werk te beskerm en aan die ander kant getrou te wees aan hul etiese en grondwetlike pligte om die ware nuus te berig,” het hul prokureurs in ʼn verklaring gesê.

“Die aansoek steun, onder andere, op artikel 16(1) van die Grondwet, wat die regte van verslaggewers beskerm en die publiek se vryheid van uitdrukking.”

Sommige joernaliste is aangekla nadat hulle ʼn brief aan Hlaudi Motsoeneng, hoof bedryfsbeampte van die SAUK, gestuur het om beswaar aan te teken teen die besluit wat die openbare uitsaaier geneem het. Ander is geskors nadat hulle in die openbaar teen die “sensuur” van nuus by die SAUK, onder leiding van Motsoeneng, gepraat het.

Die vakbond Solidariteit, wat namens die geskorste joernaliste optree, het aangedui dat hy ook die arbeidshof sal nader om ʼn interdik te bekom teen die SAUK se tugstappe, hangende die saak by die konstitusionele hof.

Die openbare uitsaaier het vandeesweek die verhoor van die joernaliste onbepaald uitgestel.

Motsoeneng en die raad van die SAUK het onder skoot gekom van joernaliste, vakbonde, menseregteorganisasies, opposisiepartye en die ANC as regerende party.

Die SAUK hou egter vol dat hy nie sy verbod op beeldmateriaal van gewelddadige betogings sal terugtrek nie. Die openbare uitsaaier het selfs die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA (Okosa) se aanbeveling, om die verbod op te hef, verwerp.

Die SAUK het intussen aangedui hy sal die uitspraak “tot in die hoogste hof” beveg.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Neels ·

Wonder ek nou maar net – Die SAUK is ‘n staatsorganisasie – dan moet die regering mos ingryp, dan nie. Hierdie knapie vee hom af aan als en almal.
Die minister van kommunikasie en indien dié geen positiewe impak maak nie, die Staatspresident – maar iemand moet hom in die bek ruk.
Of pas die taktiek sekere mense in magsposisies nou en ook in aanloop tot die komende verkiesing?

Marie Salzwedel ·

Zuma sal Motsoeneng nie in die bek ruk nie want Motsoeneng is daar om Zuma se versoeke uit te voer!!

JC ·

Duhh? Die Concourt is die hoogste hof! Die grondwethof gaan die SAUK blaas!Afriforum/Solidariteit, woorde kan nie beskryf hoe awesome julle is nie!

Ander Koos ·

Hierdie is ‘n klug. Hlaudi tree op soos voorgeskryf deur anc. Hulle keur dit kwansuis nie goed nie. As dit waar is, waarom herroep hulle hom nie? Die sensuur is hulle maaksel en sal so bly tot na die verkiesing. Intussen verwoes hulle mense se lewens en mors miljoene, maar wat gee hulle om. Alles draai om politieke mag

JC ·

Ek stem saam dit dra kwansuis en amptelik nie hul goedkeuring weg nie, maar in gefluisterde gesprekke wel. Kon Hof enigste weg!

JC ·

Ek stem saam dit dra kwansuis en amptelik nie hul goedkeuring weg nie, maar in gefluisterde gesprekke wel. Konst Hof enigste weg!

Hendrik ·

Dis in die ANC se belang om die onluste uit te saai nie. Hulle vertraag nou maar net die storie tot na die verkiesing, sodat dit nie steun van hulle af wegdryf nie.

HEVW ·

Ek dink hierdie sensuur – toepassing het meer nadele vir die anc as voordele. Niemand dan die anc weet beter die beeld van afgebrande staatseiendom nie. Intussen is motsuneng besig om n lekker lat vir sy agterstewe te sny.

Lance ·

Ek kannie glo die anc sien nie wat verkeerd is … of nee hulle sien en weet wat verkeerd is …maar soos ons al weet ….dien niks ….versuim , blaam , ontken ,uitstel , verintagsaam alles woorde wat die anc beskryf ….en sauk is n GOEIE viirbeeld …wie nog eers kan oorweeg om vir hulle te stem veral met n leier met SO baie korrupsie aanklagte gaan net mens se verstand te bowe …hoe blind moet mens dan wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.