Geskorste taksbaas glo eers skotvry oor aanrandingsklag

Tom Moyane (Foto: ANA)

Tom Moyane, geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat van die aanranding op ʼn tienermeisie beskuldig word, het nie Vrydag in die Roodepoort-landdroshof verskyn nie.

Brighton Hlayisani, die meisie se regsverteenwoordiger, het gesê hulle het inligting ontvang van die direkteur van openbare vervolging dat die dossier eers Maandag voor die hof sal dien.

“Hulle het ons meegedeel dat die polisie eers verder ondersoek moet instel en dat hulle daarna met die saak sal voortgaan, maar in dié stadium weet ons nie wanneer dit sal wees nie.”

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig Moyane sal nie vandag in die hof verskyn nie. “Die saak word steeds deur die direkteur van openbare vervolging oorweeg en is aan die staatsaanklaer toegewys.”

EWN berig intussen dat daar wel besluit is om Moyane nie in dié stadium te vervolg nie aangesien die ondersoekspan meer tyd nodig het.

ʼn 17-jarige meisie beweer Moyane het haar grond toe geduik en teen die kop geskop. Volgens berigte het die beweerde voorval vroeër vandeesmaand by Moyane se vrou se huis in Weltevredenpark in Johannesburg plaasgevind.

Die meisie het glo ʼn kind van wie Moyane se 24-jarige seun die pa is. Moyane ontken die bewerings teen hom.

Moyane is in Mei geskors nadat hy geweier het om te voldoen aan die president se versoek om te bedank. Pres. Cyril Ramaphosa se kantoor het in daardie stadium aangedui dissiplinêre stappe sal volg “om die geloofwaardigheid van die inkomstediens te herstel”. Die dissiplinêre ondersoek hou verband met beweerde onsuksesvolle leierskap en organisatoriese foute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bollie ·

Ag wat maak dan soos julle wil . ten minste is dit nie ‘n boeremeisie wat jy geskop het nie, as dit die manier is waarop julle julle familie behandel is daar seker niks fout nie.

jaco ·

as sy slagoffer wit was, sal ek verstaan dat niks aan hom gedoen word nie. sy optrede sal dan seker maar gesien word as “regverdige vergelding vir apartheid”.
MAAR sy slagoffer is van dieselfde ras as hy. Sorg die ANC dan so swak vir hulle eie mense; vir hulle eie ras?

zoom zoom ·

As jy saam met die zumas en guptas in saxonworld bleu label whiskey gedrink het is die kans dat die Abrahms jou saak sal sloer solank as hy kan. As hy nie gaan shaun skappie verloorw

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.