Gesondheidsversekering ten sterkste in parlement veroordeel

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic/Pixabay)

AfriForum het vandag die organisasie se insette oor die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) voor die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gelewer.

Dié wetsontwerp behels die nasionalisering en monopolisering van die gesondheidsektor, asook die vernietiging van privaat mediese fondse. AfriForum het in sy voorlegging talle redes verskaf oor waarom die wetsontwerp katastrofies vir Suid-Afrika sal wees. Die burgerregteorganisasie het geargumenteer dat die voorgestelde wet, soos ander maatskappye in staatsbesit, vatbaar sal wees vir korrupsie en wanadministrasie, maar dat die implementering daarvan ook onbekostigbaar vir belastingbetalers sal wees en dat dit sal lei tot die massa-emigrasie van gesondheidswerkers.

“Die regering gebruik NGV as ’n manier om stemme by arm Suid-Afrikaners te werf, wat geldige griewe oor die gehalte van gesondheidsorg in Suid-Afrika het. NGV sal egter nie ’n oplossing vir hierdie probleme wees nie. Dit sal inteendeel die algehele toegang tot gehalte gesondheidsorg verlaag deur privaat gesondheidsorg te vernietig,” het Reiner Duvenage, AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud, tydens die voorlegging gesê.

“Die ware koste en dienste wat nodig gaan wees vir NGV, is heeltemal onbekend, maar ten spyte hiervan word dit steeds op die alreeds oorbelaste belastingbetaler afgedwing. Deur na die baanrekord van gemonopoliseerde entiteite in staatsbesit te kyk, gaan NGV swaar belas word deur korrupsie, buitensporige burokrasie, wanbestuur en onbevoegdheid,” het Duvenage afgesluit.

AfriForum herbevestig sy onderneming om NGV te beveg. Ondersteun hierdie uiters belangrike saak deur AfriForum se webtuiste oor NGV te besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Blomme ·

Ai die ANC regering weet net hoe om die land op te voeter!

Deon ·

Gesondheidsorg/versekering is ongelooflik buitensporig duur in SA en daar behoort ernstig aandag aan die saak gegee te word. Om egter toe te laat dat gesondheidsorg net in die hande van hierdie regering oorgelaat word, gaan n totale ramp veroorsaak. AfriForum en elke ander instansie wat hierdie absurde wetsontwerp teenstaan moet ondersteun word.

Pieter ·

Als wat julle anc kommuniste aan raak verander in gemors .Waar gaan julle anc kaders le as julle siek is in stevebiko dit wil ek sien

Darkwing Duck ·

Hulle kan nie eers ‘n hospitaal in ‘n jaar se tyd herbou en ten volle oopstel nie. dit terwyl duisende pasiente ‘n ander heenkome moet vind. Dis omgee. Wel gedaan.

VaalDonkie ·

Dit sal net so great gaan soos met die Padongelukke Fonds.

Pieter ·

Kyk daar moet iets gebeur. Medies is net te duur. Maar dieselle kan gese word oor meeste van ons uitgawes…
Fondse werk en alles waar hulle betrokke is, is gaos.

Jan ·

Dit help nie jy praat met hierdie mense nie. Jy is mos ‘n Europeer en weet niks. Kom ons gebruik eerder die toordokters en voorvader geeste. Dit werk baie beter. Ons het nie Westerse tegnologie nodig nie. Viva ANC!!! Julle het mos almal se belange op die hart. Geen korrupsie of swak dienslewering nie. Waarvan praat jy? Ons sal net hierdie wetsontwerp kan veg in die Konstitusionele Hof maar op grond van wat weet ek nog nie. Of miskien moet ons net eenvoudig begin met hengse betogings. ‘n Paar Provinsiale hospitale afbrand om ons misnoe te kenne te gee, soos ons swart maters altyd doen. “If you can’t beat them, join them.” Dalk sal hulle dan na ons luister.

annie ·

Die spaargeld van mediese fondse… Dis waaroor die gaan. En private hospitale is heeltemal te skoon en georganiseerd. Dit moet afgegradeer word na staatshospitaalvlak, bv soos die staatshospitale in Bloemfontein daar waar die ANC tot stand gekom het… Droom-hole om in te sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.