Getal treinpassasiers daal dramaties

Argieffoto

Passasiers wat van Suid-Afrikaanse treine gebruik maak, is besig om teen ʼn verstommende spoed te verminder.

Dit blyk uit antwoorde wat die minister van vervoer, Fikile Mbalula, verskaf het op geskrewe parlementêre vrae deur Nothanda Nolutshungu, EFF-LP, en Petros Sithole, IVP-LP.

In die afgelope vier jaar het die getal reise waarvoor treinkaartjies op voorstedelike treine verkoop is, in Kaapstad van 174 miljoen na 46 miljoen afgeneem, in Durban van 78 miljoen na 55 miljoen, in Gauteng van 252 miljoen na 99 miljoen, in Oos-Londen van 7 miljoen na 5 miljoen, en in Port Elizabeth van 1,6 miljoen na 1,4 miljoen.

Die totale getal passasiers wat van hooflyntreine gebruik het, het oor die afgelope vier jaar met sowat twee derdes afgeneem van 930 000 na 387 000.

Die belangrikste rede wat aangevoer word, is dat dit onveilig is om met treine te ry.

Volgens Mbalula sal wetgewing betreffende sekerheid beter toegepas word, insluitend korrekte keuring van veiligheidspersoneel met die afdwing van minimumvereistes wat fisieke gesondheid opleiding en fiksheid betref.

Voorts word planne beraam om skade aan eiendom te verminder, misdaad onder beheer te kry met die hulp van die polisie, beter tegnologie vir veiligheid in te span, byvoorbeeld deur geslotebaan-televisie, en terselfdertyd sensitiwiteitsopleiding aan veiligheidspersoneel te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Dis ongelukkig nie waar nie. Al wat afgeneem het is die aantal passasiers wat betaal vir kaartjies. Inteendeel, daar is is baie meer passasiers wat trein ry, veral buite en bo op

Erika ·

Ek stem hiermee saam, maar daar is ook heelwat minder treine as gevolg van al die trein brande.

Essie ·

Ek vra myself af hoekom het hul die spoorwegpolisie tot niet laat gaan het

Dereck Le Roux ·

Te oordeel aan die onderhouding van treine, stasies en frastruktuur dui alles meer daarop dat die spoordiens onrehabiliteerbaar is en dat alles daagliks met rasse skede toeneem.

Johann cb ·

Personeel wat behoorlik opgelei is, sal die voorkoms van ongelukke moontlik verminder.

marais ·

Is iemand op soek na verskonings om die treinspore te begin opsmelt vir extra geld?

Frikkels ·

Die getal betalende passasiers het drasties verminder, omdat die voorheen benadeeldes sommer op die treine se dakke kosteloos kan saamry. Bring die ou spoorweg polisie terug en raak ontslae van hierdie kriminele!

Mel ·

Ja want as treine brand dan gebruik meer mense taxis….volg die geld.

Gert van Wierdapark ·

Wie wil nou trein ry as dit dikwels laat is? Vra maar vir pres CR met sy Tshwane Trein-uit stappie van ‘n paar uur! He-he-he

Essie ·

Maak die stasies op n manier dat jy n kaartjie moet hê om trein te ry en dat jy op geen manier op die trein kan kom nie

Chris Ws ·

Danksy die swakste regering in enige land in Afrika gaan alles in die’ land tot niet.Escom,SAL,Denel,Spoornet/Transnet, ens ens .

O Wee ·

…..misdaad onder beheer te kry. In your dreams minister! Al manier sal wees om dié land skoon te vee en oor te begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.