Gevangene in hof ná moord op Leeuwkop-beampte

Die Leeuwkop-gevangenis. (Argieffoto)

ʼn 30-jarige gevangene by die Leeuwkop-tronk in Johannesburg het in die Alexandra-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn 50-jarige vrouebewaarder.

Nigel Marais word aangekla van die moord. Eunice Moloko se lewelose liggaam is op 10 Augustus op die vloer van die Covid-19-isolasie-eenheid, medium A-afdeling, by die gevangenis aangetref. Haar baadjie was glo met bloed bevlek. ʼn Bloedbevlekte handdoek is glo ook naby haar liggaam aangetref. Sy is vermoedelik verkrag en verwurg.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Marais in November 2015 tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en poging tot moord in verband met ʼn voorval wat in 2014 in KwaZulu-Natal plaasgevind het. Hy diens tans 18 jaar tronkstraf in die Leeuwkop-gevangenis uit.

Die saak teen Marais is tot 26 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Moloko het 23 jaar vir die departement van korrektiewe dienste (DKD) gewerk. Die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste het vroeër ʼn volledige verslag oor die voorval geëis.

Phathekile Holomisa, adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste, het ná die voorval die gevangenis besoek en onderneem dat die omstandighede van Moloko se “wrede dood” omvattend ondersoek sal word. Die nakoming van veiligheidsprosedures is een van die fokuspunte van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tanniepetoors ·

DKD is aandadig en aanspreeklik in hierdie vrou se verkragting en moord.

SjN ·

Nee, nie die DKD nie, wel die mense wat in bevel en beheer was in hul persoonlike hoedanigheid.

Tiptol ·

Dis vieslik. Vroue bewaarders moet in in vroue tronk werk. Hul kan te maklik oorrompel word in ‘n manlike gevangenis.

Werner ·

Dat haar famielie met hom afreken hy verdien nie tronkstraf nie dit te maklik hulle het mense regte

Prikkie ·

Dit is omrede oortreders tot lewenslank (wat glad nie lewenslank is nie) gevonnis word.

‘n Moordenaar mag mos nie tereggestel word nie, want hy/sy het die reg op lewe.

Nou wat dan nou van die slagoffer se reg op lewe? En so kry die moordenaar toe nog ‘n geleentheid om nog ‘n mens se lewe te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.