Gigaba ‘spyt, hartseer’ oor seksvideo

Een van die minister van binnelandse sake se twiets waarin hy verskoning vra vir die “seksvideo” wat die rondes doen.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het verskoning gevra nadat ʼn video “wat materiaal van ʼn seksuele aard bevat” en net vir hom en sy vrou bestem was, in die sosiale media opgeduik het.

In etlike twiets Sondagoggend het Gigaba gesê: “Ek en my vrou het met spyt en hartseer kennis geneem van ʼn video wat materiaal van ʼn seksuele aard bevat en net vir ons oë bestem was. Die kommunikasie, wat die rondes onder sekere politieke figure doen, is onwettig onderskep toe my foon in 2016/’17 gekraak is.”

Hy sê dié video was die onderwerp van etlike pogings om hom af te pers wat terugstrek tot die tyd net nadat hy op 31 Maart 2017 as minister van finansies aangestel is, maar waaraan hy hom deurentyd nie gesteur het nie.

Gigaba het vanoggend vooraf aan die res van sy familie – veral sy kinders, sy ma en skoonouers – en die Suid-Afrikaanse publiek verskoning gevra vir die “pyn en verleentheid” wat die groter verspreiding van die private beeldmateriaal op die video moontlik kan aanrig.

“Ek hoop ons nasie kan eendag opbouend redeneer oor die vraag of dit reg is om die skaamtelose skending van iemand se privaatheid deur sulke materiaal te versprei, goed te praat, veral in die afwesigheid van ʼn regverdiging gegrond op openbare belang.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Smirre ·

Ha ha ha wat ‘n nar. In plaas van om sy foon wat waarskynlik deur die staat aan hom verskaf word te gebruik om sy werk te doen neem hy videos van homself. Dink nie sy foon is “gehack” nie dink eerder hy het uit onnoselheid en origheid dit aan iemand gestuur. Nou sit hy en vekoop jammer praatjies. Watter gemors regeer nie hierdie land nie?

Alida ·

Smirre ek stem saam. Mens het net GEEN respek vir enigeen van hulle nie. Plaas doen hy sy werk en speel by sy huis in privaatheid. SIES.

Koosie ·

Rerig mense, los die arme man uit, te minste is dit met sy eie vrou en nie met iemand anders se vrou of ñ byvrou nie. Respekteer sy privaatheid, wat as dit met jou gebeur het. Dink net die persoon wat dit begin het, wat dit eers te uit gestuur het moet aan die wiele ry.

Jan ·

Kom ek help jou daar, Koosie. Mens neem absoluut nooit sulke videos nie, nie eers, en varal nie, tussen jou en jou vrou nie. Mense soos die hoort nie in regering van enige aard nie.

Hannelie ·

Ek stem saam Jan, en as hy in daai hoë posisie sit, moet hy darem seker ‘n bietjie kan dink ook….en toe maak hy ‘n foutjie. Mens neem NIE sulke videos van jou en jou vrou of van jou en enige iemand nie. En as jy dit versprei, is dit nie porno nie?

se maar net ·

vir wat moet hy geskors word, dit was defnitief nie op sy kantoor tafel gedoen nie as jy niks weet nie bly liewers stil … dit is sy privaat lewe en het NIKS met sy werk te doen nie ..

Johnnie ·

Shame dit is wat julle wat dit GOEDPRAAT nou se maar dis dieselfde mense wat TRUMP en al die ander presidente wou UITHAAL oor hulle sekskapades, darem vreemd hoe ‘n LIBERAAL se kop werk..

Lukie Carelsen ·

Hy is mos die ou wat so windgat by die parlement se opening opgedaag het in sy pilot uniform!??‍✈️
Wonder hy op die fotos daai uniform aangehad het of miskien sy firebrigade suit??‍? of dalk sy krismis vader suite??
Wat ‘n clown?????

Tong in die kies ·

Dit was maar net die voorspel…. van dinge wat later sou gebeur.

Brandan Loos ·

Gaba-dashian – Dis seker n poging vir n SA realiteits reeks soos die VSA weergawe van die “Keeping up with the Kardashians”. As julle mooi onthou is dit waar dit presies vir Kim Kardashian begin het.
Kyk uit vir SABC – Realiteit , Gaba-dashian

Snowball ·

Wys maar weer die morele standaarde. En soos vermag, die voorspelbare gedrag om die blaam af te skuif op dié wat die smet waarmee hy hom besig hou aan te stuur…..

Foxi ·

SIES MAN SIES! Dan het ons nog mense wat nog smerige kommentaar ook lewer!

nettie ·

Hy het seker op daardie oomblik, gedink hy is, Shaken Stevens!

Primaat ·

ONS ALMAL WAT SO KAMMA ONSKULDIG KOMMENTAAR ONDERAAN ARTIKELS LEWER IS MAAR LEKKER RASISTIES. ONS Sê DIT NIE DIREK NIE, MAAR ONS IMPLISEER DIT.

ALMAL KAN MOS TUSSEN DIE LYNE LEES.

Primaat ·

en ek het geen probleem daarmee nie want ek kruip ook maar dikwels agter die deur weg.

bewys egter die kommentare wat krities is verkeerd.

Rexie ·

Jip. Hulle is almal perfek en is deur windbestuiwing geskape.

Video killed the radio star ·

@Primaat en Rexie. ‘n Mens hou jou slaapkamersake van jou foon af, uit die openbare oog, want jy is veronderstel om respek te hê vir jouself en jou huweliksmaat, en jy is ook veronderstel, wanneer jy ‘n minister is, om genoeg verstand te hê om nie sulke smet te verfilm nie. Mense bevraagteken die gedrag van iemand wat beter moes weet en beter moes optree. Dit het niks te doen met rassisme of skynheiligheid nie. Los die rassekaart, dis holrug gery.

Rinkhals ·

Hier is geen rassisme geimpliseer op die antwoorde nie net totale afkeur van die kamtige minister wat soos ‘n idioot optree. Niemand bevraagteken die voortplantings proses nie gewoonlik hou opgevoede mense hulle doen en late op daai aktiwiteite vir hulself.

Anne ·

My wereld ek kan geen rassisme raak lees nie, afkeer beslis. Altyd gedink hy is bietjie grillerig

Henry ·

Primaat en Rexie.
Groot verskil.
Nie een van die kommentare word deur ‘n minister van hierdie droewe land se regering gelewer nie.
Dus, rig julle opmerkinge op die siel en sy pelle wat veronderstel is om een of ander voorbeeld te stel, ipv om homself soos ‘n sot te gedra.

Andrea van Vuren ·

Primaat, hoe lees mens tussen die lyne as daar niks is om te lees nie.

Engel ·

Primaat, HOERA, uiteindelik iemand wat my sienswyse deel. Ek is bly dat dit ten minste sy vrou in die video was. Dit is verkeerd om dit op te neem, maar CUT THE GUY SOME SLACK, dit kon met enigeen gebeur het. Ag kom nou, moenie so SKYNHEILIG wees nie. Net omdat die man ‘n openbare figuur is, maak hom nie ‘n engel nie. Voor jy weer na daai skrams geklede meisie op die Sports Illustrated voorblad kyk terwyl jy in die ry by Pick & Pay staan, oom, dink twee keer. Jy is ook nie ‘n engel nie!

Oom se Oom ·

Engel – Ek is miskien nie ‘n engel nie, maar ek kan jou verseker die persoon wat my foon “hack” gaan bitter terleurgesteld wees. Dis nie asof dit nog nooit met iemand anders gebeur het nie. Leer uit ander se foute. Niks op jou foon wat jou kan laat rooi word nie. Niks!

GES ·

Kan hy nie maar die eerbare ding doen en padgee nie? Hy is ʼn verleentheid vir almal. Hy is beslis nie leiersmateriaal nie …..

Osie ·

Was seker @ die Shebeen in Saxonworld. Is mos hoeka ‘n Gupta buddie

Stormrider ·

Ten minste is dit ‘n video van hom en sy vrou en nie met ‘n ander vrou nie?

Kiepkiep ·

????????????????agge neeeeeeeeeeeeee
Jig man
Wonder of hy dit nie dalk op die ANC groep gesit het nie
Kyk my plank kyk my plank

Wilma ·

Darem lekker ini nuwe SA. Die skelms en almal wat droogmaak vra verskoning
. Disi so maklik.ni

Guve ·

Hierdie ht niks mt sy ministerskap of wat ookal te doen nie,dis sy privaatheid wat geskend is,en asb jul hoogheiliges wat in glashuise bly gooi die eerste klip,en jy hacker,dink aan sy familie,sterkte mnr.Gigaba

Enkelouerskap ·

Ons wag al langer as ‘n jaar vir my man se nuwe visa sodat hy in SA kan werk instede van oorsee. Intussen het my kinders nie elke dag hul pa by hulle nie, en elke dorp of stad of selfs doeane by die lughawe het ander reels wat moet nagekom word. Die sisteem is glad nie uniform soos Gigaba se keuse van kleredrag nie.

Enkelouerskap ·

Verderaan wens ek hom sterkte toe met sy privaatheid wat geskend is. Wens net SA visa aansoeke het meer aandag geniet van die dept van binnelandse sake se werkers.

Amelda Ferreira ·

Dis die probleem in ons land en regering. Goddelooslikheid!!!!,As jy n kind van die Here is, is seks videos n no no, maak nie saak wie jy is nie!!!!!!

C ·

Dit het niks met Goddeloisheid te doen, in die huwelik nie, nie met jou huweliksmaat nie, niks fout om jou huwelik vuurig te hou nie.

Genoeg gehad ·

Geweet hy gaan een of ander tyd vir homself n graf grawe. Seker gedink hy gaan n Oscar wen vir sy performance.

jaco ·

kan ek asseblief sulke videos kry van ALMAL wat saam besluit om die petrolprys gedurig ti verhoog…

Ruben ·

Ek glo die helfte van julle hier bo het n seks video gemaak al…net so glo ek hope dominees in die land het dit al gedoen.Die video is saam sy vrou gemaak nie n straat hoer nie dit was vir sy privaat gebruik gemaak en dis teen hom gebruik toe dit in verkeerde hande kom.Nerens in die bybel staan daar dat dit wat hy gedoen het onsedelik is…Afrikaners kan darem skeinheilig wees en die lekkerte wat julle kry oor wat die persone moet deurgaan wat in die video is maak my skaam om n Afrikaner te wees.

Feite ·

Die video is alleen gemaak, en hy BEWEER dit was vir sy vrou, kry jou feite reg. Los dominees en hul doen en late uit, dit is nie ter sprake nie, en ook nie die mense wat gewalg is deur sy gedrag nie. Dis weereens skeefgetrekte idees dat onwelvoeglikheid met die Bybel ‘reg ‘ gepraat kan word. Sedelikheid en respek vir jou privaat sake is deel van jou opvoeding en geloofsoortuiging. Niemand kry lekker nie, mense lewer kommentaar uit skok en walging. As sulke kru gedrag vir jou reg is, nou ja….

Wouter ·

Ek het ‘n idee jy raai omdat jy besig is om ‘n strooipop op te stel en dan kom jy dit met ‘n skerp tong by. Watter kant van die helfte staan jy?

lulu ·

Ruben
is daar iets wat jy ons wil vertel
n video of twee
haha
in die bybelse tyd was daar nie selfone nie so whaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaha

Alida ·

Geen ordentlike mens ongeag kleur of status behoort so iets te doen nie. Hol in die kop dol op ander plekke.

Anoniem ·

Hi ou Gaba. Jy moet daai dinge los vir die slaapkamer.wys jou nou net hoe n “inteligente “mens nou sulke dinge kan aanvang

Chris ·

Windbal met niks tussen die ore, en so lief vir homself. Trek seker draad deur vir homself in die spieel te kyk.

Chris ·

Laventelhaan met windbal, met niks tussen die ore, en so lief vir homself. Trek seker draad deur vir homself in die spieel te kyk.

Lekker lag ·

Trek met sy pilot suit aan. Voor die spieel……hulle wil almal ‘n pilot of ‘n doctor wees…….

Vuisvoos ·

Lekker lag, hoer-ê, hoer-ê, of dalk eerder hoer-a, hoer-a?

Piet Pompies ·

Wat man en vrou in die slaapkamer doen is intiem tussen julle en geen foto of opname daarvan hoort op ‘n selfoon of kamera. My vrou is kosbaar, en so behandel ek haar.

Nikita ·

Ai jai jai jai jai…askies ek het nou so lekker gelag vir die kommentare. Toemaar Gigaba….”todays newspaper is tomorrows toiletpaper.”

Penellope Jones ·

Hoe is dit iemand geweet het van die video as dit dan so privaat is?
Dis dan op sy private foon.
Iets kan nie uitlek as niemand daarvan weet nie.

Genoeg gehad ·

Nag almal, ek het laaaanklaas so lekker gelag vir die kommentare.

Platvoetkind ·

Talle mense is al gevang met hul seksuele beeldmatriaal, onthou Margaret, as jy sulke goed wil doen en bewyse op jou foon he, moet jy maar nagevolge dra as dit uitlek. Net omdat hy n minister is, soek hy simpatie? Daar was vir ander voor hom ook geen simpatie.

Sisca Verryne ·

Nie in een van die bogenoemde kommentare lees ek sulke skerp veroordeling vir die kuberkrakers nie. Ongeag wie of wat Gigaba is, en wat hy gedoen het op die video, is sý privaatheid ernstig geskend deur skollies wat dink dis ok om sonder iemand se medewete op sy/haar persoonlike foon/rekenaar rond te krap en inligting te verkry om iemand mee af te pers. Ons oordeel so maklik as sulke videos uitlek, maar ons veroordeel nie die manier waarop dit gebeur nie?

honourable member ·

Mens moet maar kyk wat se tipe fotos en videos jy op jou foon het. Die arme nar het nou n groot toets gedop. Hy sal natuurlik niks oorkom nie want die ANC sal hom altyd beskerm.

Kraai Hartzenberg ·

Of dit nou met sy vrou was, maak nie saak nie, waar is sy respek vir sy vrou dan? Hy wat so hoë pos beklee behoort te weet hoe skadelik dit is vir sy reputasie. Of het hy maar net weer gesoek vir public attention…… plaas n ouderdoms (of public) beperking op jou foon mnr Gigaba.

Gert ·

Hy gaan nou seker bevordering kry deur die ANC want hy kan nou lieg, bedrieg, vieslik wees, korrupt en die hel weet wat nog. Daar is nie woorde om die parlement te beskryf nie.

alida ·

Ek voel nie jammer vir hom nie. ‘n Volwasse getroude man, maak nie saak wat sy amp of posisie is nie neem nie video’s van jouself nie. Dit is siek. Ongetroude jong mans of tienerseuns doen dit. Ons het hier te doen met ‘n man wat veronderstel is om aansien te geniet as minister. Hoe beskerm mens jou kinders wat vandag moet skooltoe gaan, jou vrou, jou familie en ergste van alles selfs die skoonmakers in sy kantoor lag vir hom. Hy is in ‘n posisie om sy gesin se visas baie vinnig te kry, sy pensioen te van en spore te maak na ‘n ander land toe. Hoe de duiwel kyk hy sy personeel en die hele wereld in die oe nadat hy homself soos ‘n gek gedra het. Om nou die blaam op iemand anders te pak met ‘n verskoning van afpersing ens maak nie sin. Dit moes nooit op kamara gewees het nie. Dit is goed wat jy in die privaatheid van jou kamer doen. Ergste van alles volgens hom was dit vir sy vrou bedoel. Hoekom? Sy kon mos daarna gekyk het as sy wou sonder om dit af te neem. Hy het alles oor homself gebring en om nou te dreig met hofsake en twak maak net ‘n groter gek van homself. Pak jou tasse en GAAN WEG.

DeVill ·

Ja jong, spyt kom altyd te laat. Iemand in jou amp behoor beter te geweet het!

Daniëlle ·

Wat vir my VEEL erger is as die video self is die mense wat hulself verlekker in die vernedering en afkraking van ‘n persoon bloot omdat ‘n video van sy privaatlewe per ongeluk uitgelek het.

Die redenasies deur sommige kommentators hierbo grens aan absurd – omrede dié glips is hy blykbaar “onbevoeg” en moet afgedank word…

Tipies van VERAL ons blanke Afrikaner volk om klippe te gooi en ander sleg te sê terwyl baie SELF agter die deur staan.

Die man het ‘n fout begaan, dit was geensins met opset. Kalmeer jul boude.

Swartwolf ·

Die kommentaar seksie is bedoel for mense om te se wat hul dink en voel. Nie wat jy dink hulle moet se nie. So dalk staan jy agter die deur en nie noodwendig almal wat lag vir die nar se mannewales nie. Hy is ‘n minister en senior politikus mens verwag beter oordeel van ‘n persoon op daai vlak. Maar helaas politici en veral AND politici sal nooit faal om teleur te stel met hul lae morele standaarde en nog laer ik nie.

Lizelda ·

Pasop om so stelling te maak Amelda rakende Goddeloosheid. Op die program van Bolhuis het n PREDIKANT in so iets betrokke geraak. n WILD VREEMDE “vrou” het vir hom dou voor dag n fototjie gestuur en sommer baie gou toe neem die Predikant n kaal foto van homself na die “vrou” wat hy nie eens geken het nie… Sy fout hyt breed geglimlag id foto. En ja, ek stem saam met C moenie se dat niemand nog nie so iets gedoen het vir jou man, vrou of skelmpie nie. Die probleem is net daar is soveel fraudsters wat so iets sal gebruik om geld uit jou te kry.

Markus ·

Inderdaad. Nogal van onder af, met sy gesiggie wat bo uitsteek.

Markus ·

En of dit vir sy vrou bedoel was, is baaaie debateerbaar. Laat my dink aan: “Het Chris al gery……”

Afrikaanse Knaap ·

Die CIA kan nie eers whatsapp hack nie. Was daai “Delete for all” opsie nog nie uit nie? Het Malusi en Chris al gery?

Andrea van Vuren ·

Kan CR nie asseblief van hierdie lig-in-die- broek laventelhaan
ontslae raakk nie. Lyk nie of hy werk het om te doen nie…

Ek dink ·

Ek hoop hy sal ook die eerbare ding doen en uittree, maar ek hou nie my asem op nie.

Laaste sê ·

Al doen iemand iets verkeerd in iemand anders se oë, hou die gesprek RESPEKTVOL. Ons het almal ons eie opinie, maar dit gee ons nie die reg om ander te TRASH nie.

Tong in die kies ·

Was dit nou ‘n “selfie” wat te vêr gegaan het?

Linda ·

Luister nou baie mooi vir my, enige man, maak nie saak wie en wat hy is nie, wil tog maar net die vlam in sy huwelik aanhou brand. Dit is 100% normaal. Die persoon/persone wat hierdie video ‘distribute’ is n pervert en niks meer nie !! Gigaba jy bly n man, moenie jou aan ander se snert steur nie !!! Ek se gereeld vir my kerel in Pretoria, n prokyreur, nou lus ek jou baie !!! Al is hy besig met n hofsaak, dit hou die vlam aanhou brand !!!

1+1 ·

Dit gaan nie oor normaal of abnormaal nie. Dit is bloot ‘n saak van morele integriteit. Perversie was nog nooit in enige huwelik normaal nie.

Oom Kalahari ·

@ Linda, pragtig gestel en op ware feite. Menigte of meerderheid mans het al daai stokperdjie be-oefen. Ek myself is ook al skuldig gewees, maar ons is gelukkig in die opsig dat ons nie openbare figure is waar elke misstappie uitgebuit word nie. Mnr Gigaba se selfoon/rekenaar is sy persoonlike en private eiendom en sy reg hoe hy die items gebruik of aanwend tot sy en gesin (vrou) se belange. Oral het ek opgemerk en self op Instagram dat sovele vroue graag die video wil sien.

Elbie Naude ·

Alhoewel my werk as boekhouer en die werk van die minister van finansies hemelbreed verskil, is albei poste verbind aan die bestuur van geld. Daar word van alle werknemers wat in finansieele poste aangestel word verwag om ten alle tye onbersiptelik, eerlik en met integriteit op te tree. Ondere geen omstandighede kon ek ooit toelaat dat enigeen ‘n middel het om my mee af te pers, om te koop of op enige manier my gesonde verstand te beinvloed nie. Al die maatskappye waar ek voorheen gewerk het, het onvoorwaardelik staatgemaak op my absolute eerlikheid, lojaliteit en besluitneming. My salaris was nooit van so aard dat ek myself kon verryk nie, maar was voldoende om aan my behoeftes te voorsien. Ek dink die verskil tussen ons finansieele mense en ouens soos Gigaba is dat ons werksetiek vir ons baie belangrik is, meer belangrik as gulsigheid en selfverryking. ‘n Minister van finansies of finansieele direkteur van ‘n maatskaapy of ouditeur of boekhouer mag nooit toelaat om in so posisie te beland nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.