G’n toebies meer op binnelandse vlugte

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Die DA eis meer duidelikheid oor ʼn besluit deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, dat lugrederye glad nie meer kos of drank op binnelandse vlugte mag bedien nie.

Ingevolge die regulasies wat Mbalula in die Staatskoerant afgekondig het, mag slegs gebottelde water voortaan op dié vlugte bedien word.

Passasiers mag ook glad nie meer aan boord van ʼn vliegtuig eet nie.

Tydskrifte wat gebruiklik aan boord aan passasiers beskikbaar gestel word, mag ingevolge die regulasies nie meer gedeel of hergebruik word nie en daar moet ná elke vlug veilig van tydskrifte wat agtergelaat word, ontslae geraak word.

Spyseniering mag nog op internasionale vlugte bedien word, mits alle gesondheid- en veiligheidsmaatreëls om die verspreiding van Covid-19 te verminder, nagekom word, lui die bepalings. Dit sluit in die voorsiening van voorafverpakte maaltye.

Chris Hunsinger, die DA se woordvoerder oor vervoer, sê Mbalula moet redes vir dié besluit verskaf.

“Ons vra vir duidelike redes, wat op bewyse gegrond is, oor die redes waarom die regering die besluite geneem het. Ons wil ook weet of die bedryf geraadpleeg en gewaarsku is voordat die regulasies afgekondig is,” sê Hunsinger.

Hy sê gegewe die finansiële uitwerking wat die bepalings op die bedryf kan hê, moet die minister die rasionaal en redes vir die besluit bekend maak en sê of die departement met die lugvaartbedryf vergader het voordat hy die besluit geneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Casper ·

Vlieg my binnelands on te eet,ek glo nie.Binnelandse vlugte vat ook nie solank nie maar gaan die tariewe nou verminder.

Rentia ·

Reg so… Dan moet die koste van vlugte ook verminder word..

Matilda ·

Wonder of jy toegelaat sal word om jou eie toebie te vat?

Marisa W ·

ja jy mag, maar jy mag hom net nie eet nie – “Passasiers mag ook glad nie meer aan boord van ʼn vliegtuig eet nie.”

JohanR ·

Ek sal maar ‘n klein blink flessie met vodka saam neem, sodat ek saam met my bottel water kan geniet…..hic! Blykbaar kan jy net jou masker bietjie kant toe skyf om ‘n slukkie vodka, skuus water te sluk, en dan weer toemaak. Jou eie broodtjie….aikona! Vry en soen is ook uit!

Dries ·

Met ander woorde , daar kan nou een addisionele sitplek verskaf word in die vliegtuig. Die toilet kan daarvoor verander word.

Johan ·

Ek skat as passasiers nou nie meer mag eet nie, het hulle meer tyd op hande en sal meer van hulle by die mile-high klub aansluit.

pompies ·

In plaas daarvan dat hy hom met die lisensie fiasko homself bemoei doen hy dit nou met die lugvaart.
Dit was mos hy wat op TV gese het vliegtuie het filters in ( HEPA) wat die covid kieme op eet so dit is veilig om al die sit plekke vol met passasiers te stop. Ek wonder wat het dan nou gebeur, wys net as jy onnosel is dan is daar maar baie min aan te doen. GEEN PILLE NIE

Louis ·

Ek is seker daarvan dat indien die betrokke minister of familielede aandele besit het ,of deel was van maatskappy wat kos aan lugrederye voorsien , ons nooit hierdie besluit sou gehoor het nie.

Eclectus ·

Soos wyle Hendrik Schoeman destyds in die parlement gesê het toe daar gekla is oor SAL se kos, “Wil julle vlieg of wil julle vreet?”

antieke antie ·

Hulle moet ontslae raak van onbevoegde mense in beheer. Res van my kommentaar sensor ek sommer self

Jan ·

Irrasionele besluite word die ANC se spesialiteit. Wat nog meer kommerwekkend is, is die feit dat die kiesers hul twak so gelate aanvaar.

david ·

So mag ek ‘n chokkie eet of ‘n suig ding of is dit nou ook verban?

AH ·

Dit is goed en wel dat mens nie meer mag eet en (koel)drank drink op binnelandse vlugte nie, maar wat omtrent al die groot passasiersbusse, volgeprop met mense wat die hele pad sit en eet en drink? Daar word ‘n blinde oog gedraai of geld dieselfde reëls nie vir busse nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.