Die stad Kaapstad se vervoerowerheid het ʼn spesiale erkenning ontvang in Milan, Italië, tydens die 61ste UITP-wêreldkongres.
UITP is die internasionale organisasie vir openbarevervoer-owerhede en -operateurs en sy tweejaarlikse kongres lok persone uit die vervoerbedryf van dwarsoor die wêreld.
Sir Peter Hendy, president van UITP en die kommissaris van vervoer in Londen, Engeland, het Maandagaand die toekenning aan Melissa Whitehead, kommissaris van vervoer in Kaapstad, oorhandig. Die toekenning is ʼn erkenning vir die prestasie in openbare vervoer en die vestiging van ʼn vervoerowerheid om die behoeftes van inwoners en besoekers in Kaapstad aan te spreek.
“Die stad Kaapstad is die enigste stad in Afrika wat erkenning by die UITP-wêreldkongres ontvang het vir die poging wat ons aanwend om radikaal openbare vervoer te verbeter,” het Brett Herron, die stad se burgemeesterskomiteelid vir vervoer, uit Milan gesê. “Ons is baie trots op hierdie prestasie wat dien as ʼn motivering om nog selfs harder te werk om ons inwoners se lewens te verbeter deur bekostigbare, veilige, en behoorlike openbare vervoer.”
Argieffoto toon ‘n fietslaan, is dit werklik so? Nietemin is die toekenning nie vir die prestasie van die huidige regering.
Veels geluk Kaapstad !
Ou zuma he he he wat se jy nou!!!
Duidelik is dit nie te danke aan jou nie.
Dis nou baie goed. Maar dit help nie veel vir diegene wat buite die stad woon nie.
Wel gedaan Kaapstad, weeeeee Another New Chaos (anc), JhB en PTA (tshwaneeee) sal nooit so ‘n prestasie behaal nie, ek weet want ek moet daagliks taxi ry omdat die busdienste so pateties is weereens weeeeee anc , viva DA