Goudstawe van R8 miljoen by OR Tambo gevind

Argieffoto ter illustrasie Foto: Agnico-Eagle Mines Limited via Wikimedia Commons

Argieffoto ter illustrasie Foto: Agnico-Eagle Mines Limited via Wikimedia Commons

Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ʼn manlike reisiger by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy met 16,8 kg goudstawe, ter waarde van R8 miljoen, betrap is.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê die man was Maandag van Maputo, Mosambiek op pad na Dubai. “Terwyl sy reisdokumente ondersoek is, het doeanebeamptes onreëlmatighede ontdek. Hulle het sy handbagasie deursoek en op vyf goudstawe afgekom.”

Die goud en dokumentasie is aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Paul ·

Goud kos tans sowat R521 300 per kilo. Dus is dit nader aan R9 miljoen werd as aan R8m.

bert ·

Seker die guptas en vriende van die regering. Hoe anders sou hulle dit in die hande kon kry?

Hasie ·

Behoort nie te moeilik te wees om die eienaar op te spoor nie. Maroela kan ons gerus op hoogte hou.

WitGoud ·

Nou hoe de hoeders kom die persoon deur al die skandeerders en metaalverklikkers en word eers betrap vanwee onreelmatighede met sy reisdokumente?

jaco ·

as jy nou klaar n goudstaaf gesteel het, wat maak jy daarmee? hoe sit jy dit weer in geld om? Wie koop dit by jou?

H Powell ·

Enige goud handelaar in Thailand sal te bly wees as jy by sy deure instap hul is volop orals in elke dorp in Thailand

H Powell ·

Jy kan direk by goud beurs koop of kyk aan lyn daar is baie plekke waar jy goud so kan koop selfs by banke maar hul is duur

Jorie ·

Fondse vir ISIS terroriste? Net bly hys gestop. En ja, daai goud wys glashelder op lughawe se X-straalmasjien wanneer jy deurgaan.

Saamspeel ·

In die ketting van saamspelers om die goud deur te kry was daar ‘n paar wat nie wou saamspeel. Welgedaan deur julle!!

Johann ·

Hoor al die verskonung…dit was bloot n oefening om te sien of die DOKUMENT beamptes op die baal is. Die XSTRAAL MASJIEN OPERATERS het geweet van die goud…maar dit laat deurgaan…om hul kilegas te toets. Sal natuurlik moeilik wees om te staaf…

John ·

Is daar darem nog ‘n paar tasse met rerige klere met rerige etikette sonder vals bodems wat deur OR se skandeerders gaan? En is daar nog mense wat met heel tasse by hul bestemmings aanland sonder dat hulle agtergekom het dat hulle agtervolg is? Kan mens nog by OR wag vir ‘n vlug sonder dat ‘n vreemde karakter met jou ‘n gesprek probeer aanknoop het? En moet mens die hele tyd angstig wonder of iets vreemd nie dalk by jou bagasie gevoeg is toe jy vir ‘n oomblik jou rug daarop gedraai het nie? Ontaard OR nou in ‘n tipiese Afrika-nagmerrie?

Magda Mitri ·

Sal nie verbaas wees as dit die Gupta’s se konneksie is nie. Hulle is nogals baie desperaat noudat al hul vuil uit kom. So bly Liewe Jesus is aan SA se kant. Ons moet al hierdie krimenele verantwoordelik hou vir alles wat hulle so verkeerd doen, en dit alles omdat hulle n President het wat alles verkeerd doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.