Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ʼn verklaring gesê sy Hermanus-bemanningslede is omstreeks 19:15 deur die Overstrand-reddingsdienste na die strandmeer ontbied.
Daar het die NSRI se reddingswemmers by die Overstrand-reddingsdienste, lede van die SAPD en die provinsiale departement van gesondheid se nooddienswerkers aangesluit.
“Volgens die voorlopige inligting het die man omstreeks 18:00 in die Kleinmond-strandmeer geswem toe hy onder die water verdwyn het. Reddingswemmers en -duikers het in die gebied waar die man vermis geraak het, gesoek, maar ten spyte van ʼn uitgebreide soektog was daar geen teken van die vermiste man nie.”
Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig die polisie se duikeenheid het vroeg vanoggend die soektog hervat.
Kom ons hoop en bid hier dat daar ‘n positiewe terugvoer kom.