Grafika: Toename in alle kontakmisdaad in SA

(Argieffoto: SA Polisie)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdag aangekondig dat alle kontakmisdaad, wat moord en verkragting insluit, tussen Julie en September vanjaar met 18,5% vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar toegeneem het.

Dié syfers is tydens ʼn voorlegging van die misdaadstatistieke vir die tweede kwartaal aan die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie bekendgemaak.

“Suid-Afrika het ʼn teelaarde vir beroepsmisdadigers geword,” het Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by Action Society, oor die jongste statistieke gesê.

“Dis ʼn bloedbad. Dit sal waarskynlik die bloederigste jaar wees wat Suid-Afrika in die afgelope twee dekades beleef het. Daar is eintlik net een rede daarvoor, naamlik dat ʼn politieke party tot ʼn onomkeerbare punt ingemeng het, veral wat die vervolgingsproses betref, asook die ondersoek- en proaktiewe prosesse om misdaad te bekamp.”

Volgens die polisie het moord in die tweede kwartaal vanjaar met 13,6% gestyg, wat beteken dat 841 meer moorde as tussen Julie en September verlede jaar gepleeg is.

 

Poging tot moord het met bykans 20% toegeneem, nadat 998 meer gevalle in dié tydperk vanjaar by die polisie aangemeld is.

Seksuele oortredings het van 11 964 tot 13 283 toegeneem (11%), terwyl aanranding met die doel om ernstig te beseer van 35 625 gevalle tot 41 251 (15,8%) gestyg het.

Algemene aanranding en roof het onderskeidelik met 19,5% en 25% toegeneem, en roof met verswarende omstandighede het met 22% gestyg.

Cameron meen die SAPD is geheel en al gekaap deur korrupte persone, en dat dit daarom nie doeltreffend kan funksioneer nie.

“Daar is boonop geen manier dat misdadigers suksesvol vervolg kan word indien ʼn ondersoek nie behoorlik uitgevoer kan word nie. Dit skep ʼn moeilike situasie. Die hele strafregstelsel is besig om te vou weens ʼn korrupte nasionale regering.”

Hier is die vyf grootste oorsake van moord:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Althes ·

Wie sal ons verlos van die onderpresteerders in die polisie, justisie en korrektiewe dienste?

Mariana ·

Cele en die ANC het sy doel bereik. Algehele anargie. En dit terwyl die ANC in hul mansions sit en toekyk, terwyl Ramapoza rondkarjakker oor die wêreld om te bedel. En als word tot een groot puinhoop gebring. Wat ‘n skande en verleentheid het SA nie geword nie.

Danie ·

Wat my verstom en stomslaan dit blyk dat die verantwoordelikes net eenvoudig niks omgee,niks doen omtrent die misdaad probleem dalk is dit die waarheid dat dit deel is om die eens pragtige,trotse land eers heeltemal te vernietig tot op die grond te bring soos dit in afrika gebeur het en nog steeds hulle daar bevind.???

marius ·

Hierdie spul het nie die vermoeens , of die wil of die broeke om voorkomend op te tree nie . Dit pas die gebroedsels van die hool soos ‘n handskoen . Dis die waarheid .

Danie ·

En indien maroela my asb sal toelaat en my kommentaar sal plaas die stats is ook nie heeltemal korrek nie.Mense meld nie meer alle sake aan nie weens geen vertroue in die stelsel.Tweedens misdaad word gemanipuleer bv.N poging tot moord word verander na aanranding byvoorbeeld.Daar is hope gevalle daagliks .Hoekom om polisiestasies en bevelvoerders se posisies en bevordering te verseker.

Vonny ·

Baie ouers laat toe dat die kindets hul voorsè vandag.
Kinders van vandag gaan ook nie
Kerk toe nie!
Daar word al die probleme gewkeek.

Pieter ·

mm…..,dit wil my voorkom of die hoed , nie sy werk doen nie

Johann ·

Vra die leunaar wat in Britanje rondloop en bedel wat sy kommentaar is oor die feit dat sy polisie minister die een statistiek na die ander voorlees asof dit maar ok en normaal is? SIEK!

Swerwer ·

En wie het ons te danke aan hierdie gemors in ons land? Almal ken die antwoord behalwe die wat die oorsaak daarvan is.

annie ·

… Barbarisme dus. Wat van jaloesie, gierigheid, drankmisbruik, verdowingsmiddels en brute boosheid. Regstellende aksie is die nuwe wettige moeti om die gewete te onderdruk. Vele ander verdowingsmiddels word op groot skaal gesmokkel met cannabis selfs nou besing/gewettig. Moenie hoop op beterskap nie. Die siekte is ongeneeslik sonder hulp van Bo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.