Die Ekurhuleni-metro het Vrydag gesê alle inwoners van Boksburg kan hul troeteldiere gratis teen hondsdolheid inent nadat gevalle van hondsdolheid in die gebied geïdentifiseer is.
“Hondsdolheid is ʼn ernstige openbare gesondheidsrisiko en ons doen ʼn ernstige beroep op inwoners om hul troeteldiere so gou moontlik daarteen te laat inent. Dit sluit diere in wat al in vorige jare ingeënt is,” het Themba Gadebe, woordvoerder van die metro, gesê.
Die aansteeklike en virale siekte is tot dusver in Parkrand, Cinderella, Libradene, Farrarpark, Parkdene en Boksburg se sentrale sakegebied geïdentifiseer.
ʼn Staatsveearts sal op 12 Augustus van 13:30 tot 17:30 inentings by die Boksburg-stadion toedien. Vir meer inligting, skakel 011 821 7709.
Baie ernstige siekte met nagevolge. My hond het dit ook gekry, nou stem hy anc.