Groblersdal-polisiebeamptes van bedrog, diefstal beskuldig

Foto verskaf deur die Valke

Vyf polisiebeamptes, tussen 29 en 40 jaar oud, wat in Groblersdal, Limpopo gestasioneer is, is Maandag in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en diefstal.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die eienaar van ʼn vulstasie in Groblersdal het in Februarie 2020 ontdek dat die kassiere, pompjoggies en polisiebeamptes saamgespan het om vlootkaarte (petrolkaarte) tot hul eie voordeel in te span, insluitend om hul privaat voertuie te hervul.

“Die verdagtes sou na bewering ook gewag het vir motoriste om kontant te betaal en sou dan hul vlootkaart gebruik om vir die transaksie te betaal sodat hulle die kontant tussen mekaar kon verdeel,” het Maluleke bygevoeg.

Die saak is by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak en is later na die Valke se eenheid, wat ernstige korrupsie ondersoek, oorgeplaas. “Die staat het ʼn verlies van meer as R100 000 gely weens die onwettige bedrywighede.”

Die verdagtes sluit in twee sersante en drie konstabels. Hulle sal na verwagting binnekort in die Groblersdal-landdroshof verskyn.

Maluleke sê die ondersoek na nog verdagtes duur voort. “Nog ondersoeke oor soortgelyke oortredings in die provinsie duur ook voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris dupreez ·

My maggies ,ons sou dit nooit van die polisie gedink het nie

Spyker ·

Ek wed julle, hulle is uit op wasrskuwing en terug aan diens!?

Tanniepetoors ·

So dis hoekom polisievoertuie so graag kloek om vulstasies. En daar dink ek in my eenvoud dis om op ‘n sentrale punt te wees sodat hul vinniger kan reageer op noodoproepe. Sjoe, weer regtig dom ek.
Sluit die kriminele toe. Hulle hoort nie in die SAPD nie.

Thelsa ·

Sal nie verbaas wees as hulle vlootkaarte nie eers gekonfiskeer is nie

koos10 ·

Thelsa, die SAPS voertuie se brandstof kaarte word aan ‘n voertuig verbind, nie aan ‘n persoon nie, daarom is hulle gevang. Een voertuig kan nie 35 km ry en 3 keer vol petrol gemaak word nie.

Suzette ·

Ag net nog ‘n geval… hier gaan ook niks van kom nie. Gaan soos altyd ‘n ondersoekspan aanstel en al het hulle bewyse sal dit net eenvoudig uitgestel word en weer en weer. Die kanker verwoes SA.

Annalie ·

Nou toe nou, sou dit nooit van die Polisie verwag het nie ………… ha-ha , grappie

Genis ·

Wie sou nou kon dink ou Cele se “our people” is korrup en eerder besig om stell as om wet toe te pas? Ou Hoetkop, is seker geskok tot in sy diepste?

Hennie J ·

Eish my bra, dit was n goeie scheme. Net jammer van die piemp, maar moenie worry nie, binne n maand of twee is ons almal weer aan diens en kan ons ongehinderd skelms, in besonder wit skelms, vang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.