Groen lig vir Onteieningswetsontwerp

LP's in die parlement tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

LP’s in die parlement tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Die omstrede Wetsontwerp op Onteiening, wat die wetgewende vereistes daar stel vir die staat om grond op te eis, is Dinsdag deur die Nasionale Vergadering goedgekeur.

Alhoewel die grootste opposisiepartye die wetsontwerp teengestaan het, is dit deur die ANC met 202 stemme teenoor 88 stemme goedgekeur. Twee persone het nie gestem nie.

Die Demokratiese Alliansie het die wetsontwerp teengestaan en onder andere die definisie van “eiendom” in die wetsontwerp veroordeel, aangesien dit glo nie net tot grond beperk word nie.

Anchen Dreyer, DA-LP, het gesê dit beteken dit word “wyd oopgelaat vir interpretasie” en kan selfs intellektuele eiendom, taxivlote, vee en ander beweegbare eiendom insluit. Sy het gesê dit sal ʼn nadelige effek op die ekonomie hê. “Dit is noodsaaklik dat alle Suid-Afrikaners moet weet hul eiendomsregte is veilig,” het sy gesê. “Dit is ook noodsaaklik vir buitelandse beleggings dat eiendomsregte veilig moet wees. Sonder hierdie wete, sal Suid-Afrika nie meer ʼn aanloklike beleggingsbestemming wees vir buitelandse beleggers nie.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ook die wetsontwerp verwerp, maar vir ander redes. Dié party ondersteun “onteiening sonder vergoeding”. “Die EFF eis die algehele onteiening van Suid-Afrikaanse grond sonder vergoeding, sodat ons die menswaardigheid van ons mense kan herstel, aangesien ons mense nog steeds nie grond het nie. Ons bly ʼn verowerde nasie deur die witmense en hul hanteerders, wat wit kapitaal is,” het Marshall Dlamini, EFF-LP, gesê.

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het die wetsontwerp ondersteun en gesê dit moes al lankal goedgekeur word, maar die United Democratic Movement (UDM) het die wetsontwerp teengestaan, op grond daarvan dat alhoewel grond vir restitusiedoeleindes onteien kan word, die persone wat hul grond voor 1913 verloor het, nie hieruit sal voordeel trek nie.

Pieter Groenewald, VF Plus-LP, het gesê die wetsontwerp is “slegte nuus vir grondeienaars in die land”. “Dit baan die weg dat grondgrype wettig gedoen mag word,” het Groenewald bygevoeg.

Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, het die vrese van opposisiepartye verwerp, en gesê die wetsontwerp is administratief regverdig teenoor grondeienaars en dit beskerm die staat om “buitensporige bedrae” te betaal om grondonteiening te laat geskied.

Cronin het gesê wetgewers sukkel al die afgelope 20 jaar om ʼn wet met ʼn algemene toepassing te ontwikkel wat onderhewig is aan die Grondwet. “Die gebrek aan só wet met ʼn algemene toepassing, was onregverdig teenoor die publiek. Dit was onregverdig teenoor beleggers,” het hy gesê. “Dit is ook onregverdig teenoor die wetgewer wat gereeld uitspraak moet lewer in sake waar onteiening plaasvind, sonder enige wetgewende leiding, en die gebrek aan die wet is ook onregverdig teenoor die onteieningsowerheid.”

Die Onteieningswetsontwerp bepaal die reëls waarvolgens die regering grond “in openbare belang” en “vir openbare doeleindes” kan eis.

Alhoewel grondeienaars vergoedings sal ontvang, sal die staat nie bloot steun op “markwaarde” om die randbedrag te betaal nie. Ander kriteria sluit die “geskiedenis van aanskaffing”, “huidige gebruik van die eiendom” en “doeleindes van onteiening” in.

Grondeienaars sal ook die hof kan nader indien hulle nie tevrede is met die vergoeding wat hulle ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Michael ·

Daar is nou ‘n totale aanslag teen witmense,hulle wil ons taal ,kultuur en nou ons eiendomme wat ons betaal het voor ook steel en in die proses gaan hulle die ekonomie vernietig wat ons ook gaan raak.Waar is de klerk en sy bende nou???

vierkleur ·

is hierdie nou die finale spyker in die doodskis?
wat van al die bloed en sweet wat in die sukses van n plaas en eiendom ingesit is?

Ons word nou in n hoek gedruk en met n stok geslaan. Vir 21 jaar , is ons verneder,vermink,verkrag,vermoor. Die tyd is hier en nou, dat ons SAL opstaan teen hierdie mag,wat net wil vat wat aan ons behoort en waarvoor ons hard gewerk het. As hulle dink ek gaan my grond afstaan sonder n geveg , bagaan hulle n groot flater. Daar le n bitter stryd voor, en die Vader moet ons vergewe, want genade sal daar nie wees,as hierdie volk weer sal opstaan nie

Matmiet ·

Wanneer begin die aksies. Al wat ek nog altyd sien in woorde woorde woorde.

Dries Verster ·

Nou praat jy. Ek bid vir almal wat eiendom besit. Wat gaan Afriforum doen? As ons hulle nie gehad het nie was ons lankal begrawe. Kom ons vra Afriforum wat gaan hulle doen?

Topster ·

Daar is hy nou die skrif is aan die muur en dit gaan nie net by grond bly nie.Eiendom is nie noodwendig net grond nie maar die fokus sal wees om grond te ontein waar hulle lekker kan plak en niks plant nie want dit is nie in sy wooede skat om voor uit te beplan en dink nie.Daar is baie plase waar die pragtige huise weer eens verwoes is en verder gebeur daar Zokkol maar he wil ons he my maat julle wat die grond soek het hierdie pragtige land in sy piekie in .Vat die grond en vrek van die honger

Christien ·

Dawie Roodt het nie te lank terug gesê verkoop alles, belê oorsee en huur liewer.

Gertjie ·

Ek hoop die man wil alles wat “WIT” is in sy lewe verwerp..
en kyk of hy sonder dit kan lewe en gelukkig kan wees..

GES ·

Kommunisme in sy suiwerste vorm. Die onderhandelaars van destyds het nie die Freedom Charter gelees of verstaan nie. Baie dankie aan al die “slim” mense.

Oupa ·

Honderd persent reg! Mense vergeet van die “K” in SAKP. Die wan-orde wat oral gesaai word is ook deel van hierdie “groter plan”: kommunisme kan nie gevestig word waar stabiliteit en vrede heers nie. Problem-reaction-solution volgens die Lenin-Stalin-Engels metode

anna ·

Met onteiening sal hulle nog steeds nie ‘n sukses met iets kan maak nie. Hulle kan dood eenvoudig nie hulle eie tamaties plant nie. Wys my ‘n suksesverhaal in Afrika waar daar geen apartheid was nie?
Hy wil he he he en dan kan hy niks verder doen wanneer dit opgebruik is nie.
Sal nooit verander nie.

Wat-ek-lees ·

Net-so GES, waar Cronin van die SAKP natuurlik een van die voorbokke is. Nou gaan ons toekyk wat die Rand gaan doen.
“Boesman╬and vat my ╚and”.

Dawie ·

Zimbabwe hier kom ons.Dit kom Vir my voor ons moet maar Ons vliegtuigkaartjies gereed he.Absoluut belaglik met die klomp wat aan die stuur staan.

Sumsare ·

Hul kan plase vat en vernutig/afbrand /opbrengs opeet en verdeel maar “Boer” is nie in hul woordeskat nie – bv.Riemvasmaak in Noord Kaap tot die haak en steek bosse uitgekap lyk soos woestyn met klippe .

Manie ·

Baie geluk SA. Welkom zimbabwe.
Ek het laas week deur zimbabwe na SA toe gery van mozambique af. Omrede daar weer skietery tussen Renamo en Frelimo in Moz is op die paaie. Zimbabwe grens aan Mozambique kant (Mutare) het my 5000 rand hekos aan bribery. Met die terugkom slag deir Beitbridge het dit my 7000 rand gekos aan bribery. Dit is nou sonder die polisie se bribery op die pad. Zim sien my nooit weer nie. My punt wat ek wil maka is geduurende daai trip het ek gesien, daar is absoluut boggerall in daai land. Landerye le kilometers en niks geplant nie. Jy kan nie asemhaal langs die pad nie As gevolg van dooie diere. Hulle gee net mooi boggerall om nie want doe wereld sal maar voorsien. Een van die manne het my gevra dat ons moet terug kom zim toe om te boer want hulle will nie meer Mugabe he nie. Wel SA is al lankal verby die point of no return. Welkom Zim in SA.
Ps! Ek het dit tot regekry om n spietkop naby Vryheid te bribe oor spoed. Ai dis tog so lekker??

maria van riebeeck ·

Ek het vir Jan gesê ons kanie hier wil voet aan wal sit nie dis die verkeerde plek.
Tipies man het hy geweier om rigting aanwysings te vra.
Nou moet ons die beste maak van die situasie.

Yola ·

Hulle soek ‘n fight! Nou kom ons maak hulle happy en gee hulle een.
Niks is verniet nie. Ek het ‘n lys van goed wat ek by hulle gaan steel…

wanda ·

Die bybel waarsku….die laaste dae gaan die ergste wees wat ooit op hierdie aarde gaan gebeur, die anti-chris gaan regeer, wat ons ook al doen, gebeur sal dit gebeur dit sluit n wrede oorlog in. Ons behoud jou geloof en volharding tot aan die einde, dit is die belofte van God, die enigste een, wat Sy belofte nooit aan ons sal breek nie! Mits ons onsself terug draai in Volle geloof ” nie halfhartig”. Sal ons as christene oorwin. Amen

Boere Hart ·

Ek stem Wanda. Ons as volk het al so ver van die Regte pad afgedwaal en as ons as volk nie begin besin en terugkeer en op ons kniee gaan en vergifnes vra nie, gaan dit nie veel beter met ons gaan nie. Hierdie land is aan ons gegee deur die Vader. Ons het alles gehad, goud, diamante, steenkool noem maar op. En wat doen ons toe…. laat alles deur ons vingers glip. ( vermetelde de Klerk). Ons gaan weer met bloed moet betaal vir wat ons sin is. Maar ons is en was nog nooit ‘n bang volk nie. Ons moet net leer saam staan en BID.

Elna Lush ·

eerstens, as ons dan nou kwansuis hulle grond ”gesteel” het, hoekom moet ons dan verbande betaal as ons grond wil koop? Hoekom word die ’buitgrond’ dan nie net onder ons verdeel nie? Soos hulle aan kaders grond uitdeel? Tweedens, as julle my huis en grond wil kom vat, sal julle n kaal erf kry. Ek pas dan verskroeide aarde beleid toe. Ek brand hom af tot op die grond. Kry vir julle, n lekker kaal stukkie grond. Plak maar lekker daar!

tamboti ·

Die eerste grond sal gevat word vir die groot Indunas om met eksotiese wild daar te boer, die sal hul wel moet koop, maar geld vir “luxeries” is mos nie probleem vir die “goverment” nie

Eliza-beth ·

Ek hoop jul het almal die petisie van AFriforum (Afrisake) geteken teen hierdie wetsontwerp en dat elkeen bereid is om ‘n bedrag by te dra vir die hofstryd wat voorlê. Onthou hulle kan nie bly veg in die howe as almal nie help met onkostes nie!

Jaco Steyn ·

Eliza-beth. Het jy al ooit gewonder wie die meeste voordeel trek uit al hierdie alewige hofsake en wat nou eintlik daardeur bereik word?

Johann ·

Ek stem vir n volkstaat. Kom Afriforum. Daar waar afrikaners hul hand op le^, sal sukses wees.

hein ·

Kyk om jou, ons is hier. Die grondlegging van die Volkstaat is al klaar daar in Kleinfontein (+- 30 km buite Pretoria – 1400 inwoners, 400 huise, gevestigde infrastruktuur) en natuurlik Orania as jy naby daardie kant is. Afriforum help in die howe om owerhede aan te vat oor hierdie wetgewing en ons ondersteun hulle daarin deur lid te wees van Afriforum. Om in jou eie gebied te wil bly is regtig jou eie besluit en Afriforum is nie die regte mense om te kontak nie.. Maak ‘n besluit en kontak die regte mense wat alreeds daar bly :-) Dit is lekker vra my :-)

Jaco Steyn ·

Johann en hein. Ek is bevrees julle verkeer onder ʼn yslike wanindruk as julle dink Solidariteit of AfriForum is enigsins simpatiek teenoor die ideaal van ʼn volkstaat. In die eerste plek glo hulle nié daarin dat slegs blankes Afrikaners kan wees nie en in die tweede plek sal hulle “selfstandige gebied” altyd ondergeskik wees aan die gesag van die regering van die Suid-Afrikaanse eenheidstaat…

Annelize ·

En daar is die land nou amptelik oor die afgrond gestoot, en die Vader in die Hemel alleen weet wat gaan oorbly as ons die grond weer daaronder tref. Zimbabwe gaan ‘n mooi gesig wees teenoor hoe hierdie land baie binnekort gaan lyk. Gemeet aan die swak regeringsbestuur, korrupsie, misdaad, rassehaat ens., is hierdie land ‘n tikkende tydbom.

Jaco Steyn ·

Die groot vraag is wat nou eintlik moet gebeur voor heelwat Witmense gaan besluit om eendragtig weerstand te bied teen hierdie pad na nêrens. Gaan hulle insien hoe hulle jarelank mislei is deur gedurige polities-korrekte propaganda van verskeie kerkleiers, politici en kultuurleiers, of gaan hulle aanhou met hulle kleinlike selfsug en sien hoe hierdie land verval in nog ʼn Zimbabwe?

Peet J ·

Hierdie onteiening het grootliks betrekking op eiendomme in dorpe en stede om gratis verblyf aan werkende swartes en leeglêers te voorsien.
Dit sal ook integrasie bespoedig maar die waardasie van eiendomme verlaag. Plaaseienaars wat weens geweldadige aanvalle hulle lewens verloor het se gronde sowel as diegene wat nie meer ‘n boerdery bedryf nie asook plase wat leeg lê sal ook deur die staat geannekseer word.
‘n Mens wonder maar net waar gaan al hierdie onregverdigheid eindig.

Soppie Botha ·

Ons boer self..en ek is moeg vir al hierdie dinge wat aangaan. Ons sal nie ons grond verlaat..daar is nie n manier. Gaan lenings aan op jou grond..maak die beste van alles wat in jou vermoë is!! Ons tyd is kort op die aarde. Vertrou op God. En glo in wat sal gebeur moet gebeur. Ek sê nie ons moet stilstaan en niks doen nie. Maar ek glo en vertrou ons God..God bo almal se Wil sal geskied!! Ons sal dit oorleef!!

vermeende ·

In die gesig van stygend rentekoers word die geleendheid geskep vir verbandhouers om hul beursies te laat praat en die regering van sy troon af te ruk.

Waar is die burgerregte organusasies nou, loots n plan om die betaling van alle skuld te staak tot eindomsreg gewaarborg word, roerend en nie roerend.
Almal weet reeds hoe gretig die swart bevolking is om skuld te betaal, hulle sal inkoop in so n plan sonder om twee keer te dink.

Net n gek is bereid om te betaal vir iets wat van hom af weggeneem kan word of om R10 te betaal en R2 daarvoor te anvaar net omdat die kroon so se.

Ons het nou vir die eerstekeer in 21 jaar die ekonomiese wapen om onsself telaat geld, loots die plan.

Riana ·

REGTIG, hulle wil alles vat, want hulle kan mos nie vir iets werk nie. Dit is mos hulle reg!! Ons wittes het niks verniet gekry nie ons het hard en eerlik gewerk vir elke ding wat jy het. Dit is seker die nasie , die arme minderbevooregtes wat die vinnigste ryk geword het. En as alles afgebreek is en daar niks meer is om aftebreek nie , gaan apartheid ook geblameer word?
Vra net wat lyk my jy hoef nie te werk vir enige iets nie brand alles af , vernietig alles en dan kry jy alles!!

jenny ·

Hoe gerieflik…verander die wet net om hulle te pas om te vat wat nie aan hul behoort nie

m ·

maar net nog plase wat gaan vergaan want hierdie mense weet niks van boer nie en wil ma net die grond he omdat dit aan witte behoord……

Willie ·

Hierdie laat my dink aan die eerste “Loin King” fliek. Wie is die Leeus en wie die Hiënas. Ek glo nie daar is keer aan die nie. As jy vir niks werk nie, het jy niks om te verloor nie. Dieselfde as jy niks het, het jy ook niks om te verloor nie.

Dook ·

Die skrif is aan die muur,daar is nerens, om heen te hardloop nie, ons moet vrede maak met ons lot, lyks klede het nie sake nie, kyk na ons besitings, wie het nog werklik iets van waarde, ons klou so hard aan die paar stukende, ou goedjies, wat die balju, bytendien vroor of later, by ons gaan kom vat, want hoe kan ons moontlik, die skuld betaal? As die balju dit nie vat nie, gaan die staat dit vat. spandeer nou maar tyd in die tronk, as dit verby is wag ons gesine, en families op ons en dit is ons kosbaarste besiting.

So hou op bekomer, haal asem en lewe, die son kom tog imers more ogend weer op.

Hans Brits ·

43,5 % het daarteen gestem,duidelik is daar verdeeldheid onder die anc .Hulle gaan hul eie ondergang bewerkstellig,net jammer dat onskuldige mense daarvoor moet boet.Net die Here kan ons red.

vermeende ·

Wees eerlik, dink julle regtig hulle soek ons plase of is hulle agter die elusie van rykdom aan.
Nog nie by een plaas aanval is n boer vermoor vir sy grond nie, nie eers vir sy beeste of sy kos nie. Nee, ons word vermoor vir n selfoon, wapens en geld (rykdom)
Dink weer, hy soek jou rykdom, daai nuwe bakkie en kar, die huis en die swembad met die mooi tuin. Daai duur mebels en elektronika is war hy soek, nie die boer se werk nie.
Al die plasa wat hulle gaan vat sal brak le met n paar brandsiek beeste wat jy sal moet onderhou soos die revering hulp sal verleen net aan die opkominde boere.

JA ·

Die woorde in die komentare dra ek op aan U. Want nou is ons mense in U LIG. Open elkeen se hart want GEBED vra MEER INSETTE van die HART as die Tong. Amen.

Janine ·

Goed en wel. Die besluit is gemaak. Nou gaan die spul sommer oornag begin grond beset. De hel met reels en regulasies. Grond gaan gevat word met of sonder vergoeding. En natuurlik met geweld. Nog verskoning om te moor. Ek hoop hulle gaan sommer die inset koste ens. om die plaas aan die gang te gehou het betaal/oorneem. Of word die boer met die skuldlas gelos….. In so geval verkoop ek als van waarde. Betaal die bank of laat als deur die bank terugvat. Sodat daar letterlik net onbewerkte grond agterbly. Want als van waarde gaan in elk geval “scrapyard” toe wanneer hul dit kry. Want boer op die grond gaan hul beslis nie. Gee sommer die naam van die nuwe eienaars aan die werkers. Want die mense gaan ook saam met hul slim naamgenote honger ly en werkloos gelaat wees.

cobus ·

Die staat betaal al lankal nie markwaarde vir grond in grondeis gebiede nie, enige iemand wat in die laaste paar jaar deur n grondeis gegaan het sal dit beam, hulle stuur hulle waardeerders uit en maak jou steeds n aanbod onder dit wat die waardeerders waardeer het, as jy die aanbod weier koop hulle net jou buurman se grons vir die prys deur hulself bepaal… so op die end sit jy dan in elkgeval met grond wat niks werd is nie, want jou nuwe bure is mense wat op hulle beurt die grond verniet kry en niks daarmee doen nie. Die staat koop ook net sowat 60-80 present van die grond en dan sluit hulle die eis af..sodoende verseker hulle ook integrasie. Hierdie is nou maar net op papier maar in prinsiep is dit alreeds jare hoe dit gedoen word.

Flintstone ·

Ons voorvaders moes teen alle ongelykheid veg vir ‘n bestaansreg.Ek is geen profeet maar ek sou sê die tyd is nie vêr dat bestaansreg weer ter sprake gaan kom ….

PJ ·

Kan de klerk en kie slaap? Dai WIGTE en TEENWIGTE het nou rèrig ingeskop

tinah ·

Hein, gee asseblief kontak besonderhede van die staat Kleinfontein.

Magda ·

Ek sal my eiendom verdedig-as dit moet .. met geweld. Maar NIEMAND gaan dit wat ek hard voor gewerk het sommer net so van my af wegvat nie.So verrassing vir die ou wat oor my heining kom..

Izzy ·

As dit daarop neerkom brand ek my huis af VOORDAT ek toelaat dat die staat dit net vat. Ek’t NIKS gekry nie of geerf nie…..ek het met niks begin van onder af (sonder toi-toi). Ek kan ook die verskroeide aarde beleid volg….

Oom Boer ·

Die laaste spyker is geslaan en die laaste stuiptrekkings van die slang se pik is sigbaar. Afrika is ‘n hool en het nou die Suidpunt ook getref.

Ben Prinsloo ·

Oom Boer dit kon nie beter gestel het nie. Net jammer hierdie slinkse slange het die geskiedenis vergeet of verdraai. Die geskiedenis herhaal homself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.