Grondhervorming bly brandpunt op agenda tot nuwe bedeling onderhandel is

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

“Geörganiseerde landbou in Suid-Afrika het aanvaar dat grondhervorming onvermydelik is,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, gesê.

“Die debat rondom die werklike voorstelle vir hervorming bly egter hoogs omstrede. Dit is waar ons wesenlik van die regering verskil in ons menings.”

Volgens De Villiers sal die volgende 10 maande ‘n spannende onderhandelingstydperk wees, aangesien die regering reeds aangedui het dat hy van voorneme is om teen Maart aanstaande jaar (2016) konsepwetgewing aan die Parlement voor te lê.

“Ons ondersteun die beginsels van hervorming, maar dit moet prakties en haalbaar wees. Die impak van die voorgestelde grond-plafonne, beperkings op eienaarskap en voorstelle vir 50/50 grondeienaarskap tussen eienaars en werkers, veroorsaak baie onsekerheid onder Graan SA-lede”, het de Villiers verduidelik.

Graan SA is ‘n selfstandige en onafhanklike organisasie wat die meeste graan produsente in Suid-Afrika verteenwoordig. Die organisasie se ledebasis bestaan uit meer as 8 000 lede, waarvan 3 500 bestaansboere is wat op minder as 10 hektaar grond boer (50% hiervan is vroue); 600 kleinboere wat op meer as 10 hektaar boer, maar minder as 250 ton per jaar produseer; 167 gevorderde boere; 115 nuwe-era kommersiële boere wat meer as 250 ton per jaar produseer en 3 500 kommersiële boere.

Graan SA sal graag wil sien dat houdings jeens grondhervorming verander om plek te maak vir innoverende, pro-aktiewe en inklusiewe oplossings.

Graanprodusente funksioneer tans binne ‘n klimaat van politieke en ekonomiese onsekerheid wat verder vererger word deur die huidige droogte. “Ons verwag hierdie jaar ondergemiddelde oeste. Inligting wat tot dusver beskikbaar is, dui daarop dat die land ‘n aansienlike hoeveelheid mielies sal moet invoer om aan ons eie behoeftes te voldoen,” het de Villiers gesê.

“Dit sal natuurlik weer ʼn invloed op boere se kontantvloei hê, wat beteken dat hulle produksielenings sal moet aangaan om om weer tydens die volgende seisoen te plant om te verseker dat die land sy voedselsekuriteit behou.”

Graan SA vervul ‘n belangrike rol in die verligting van risiko’s namens graanprodusente. “Ons tree nie net in gesprek met politieke besluitnemers nie, ons doen ook navorsing, moedig die ontwikkeling van nuwe kultivars aan, bevorder bewarings-landbou praktyke, onderhandel met befondsers en versekeraars en vele meer,” het De Villiers verduidelik.

“Oesversekering raak by die dag duurder en minder toeganklik soos wat herversekeraars in Europa hul aptyt vir die tipe risiko, wat deur landbou in Suid-Afrika verteenwoordig word, verloor.”

Omdat boere in Suid-Afrika ook druk ervaar om hul ondernemings te laat groei, word dit al hoe belangriker vir hul voortbestaan om alle landbougrond, wat geskik is vir produksie, ten volle te benut.

Grond is ‘n beperkte hulpbron wat toenemend in aanvraag (en skaars) sal word soos wat die bevolking toeneem. “Ons verantwoordelikheid raak ook groter soos wat druk toeneem om meer en meer voedsel met minder beskikbare grond te produseer,” het De Villiers gesê.

Ten spyte van die eise en uitdagings wat deur ‘n nuwe bedeling in die landbou teweeg gebring word, moet die hoofdoel van die bedryf – om voedselsekuriteit en stabiliteit in ons land te beskerm – nie uit die oog verloor word nie.

“Ons sien uit daarna om saam met die regering werkbare oplossings te vind wat groter gelykheid en ʼn vooruitstrewende landboubedryf in die land sal verseker. Daarom is voortdurende dialoog noodsaaklik. Ongeag die probleme wat ons ervaar terwyl ons poog om ooreenstemming te bereik, is Graan SA dit eens dat ons geen ander opsie het as om ons weg na die toekoms te onderhandel nie.

“Die Nasie in Gesprek gespreksforums by die jaarlikse Nampo Oesdag sal baie bydra tot die deel van ons verskillende standpunte en hopelik ook tot die vind van gemeenskaplike grond tussen die betrokke partye. Die debat in die landboubedryf raak ons almal. As jy kos nodig om te oorleef, moet jy aan hierdie proses deelneem. Ons is op ‘n keerpunt. Dit kan enige kant toe gaan,” het de Villiers afgesluit.

Die Nasie in Gesprek debatte word daagliks van 12-15 Mei 2015 aangebied by Graan SA se jaarlikse Nampo Oesdag wat by Nampopark op Bothaville in die Vrystaat plaasvind. Onderwerpe onder bespreking sluit in arbeidsverhoudinge, grondhervorming, beskikbaarheid en volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne en tegnologiese integrasie in die landbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Peet Schabort ·

“Geörganiseerd”. Is daardie umlaut reg op die “o”?
————————————————————————————
As ‘n man kan boer en suksesvol is waarom moet hy beperk word in die besit van grond?
Dit kan my nie traak of hy wit, blou, pienk, swart of wat se kleur ookal is, los hom uit dat hy kan produseer. Inteendeel is dit die regering se plig om daardie boere te ondersteun.
Die regering moet eerder meer aandag skenk om die riool beter te bestuur en sodoende dit uit ons damme en riviere te hou. Besef die regering nie dat besproeiing plaasvind uit voorgaande?
Dit is lagwekkend om ‘n land te (probeer) bestuur maar nie eers die riool kan suksesvol bestuur word.

Pieter dP ·

Hoe kan dit geskiet? Daar is lenings wat aange gaan word by banke vir die aanplant van gewase, ankoop van inplimente en verbeterings. Dit met die waarborg van die grond of eiendom van grond eienaar of boer. Dan op die kooptoe is die produsent se vergoeding van die laagste in die wèrild as ge volg van n subsiedieheerde mark waar teen die SA boer moet kompenteer. Dis is n baie groot eenhuid die eenigste oplosing. Hoe nou verdeel en kleiner maak.

Pieter dP ·

Hoe kan dit geskiet? Daar is lenings wat aange gaan word by banke vir die aanplant van gewase, ankoop van inplimente en verbeterings. Dit met die waarborg van die grond of eiendom van grond eienaar of boer. Dan op die kooptoe is die produsent se vergoeding van die laagste in die wèrild as ge volg van n subsiedieheerde mark waar teen die SA boer moet kompenteer. Dis is n baie groot eenhuid die eenigste oplosing. Hoe nou verdeel en kleiner maak.

chris ·

Hoekom is grondhervorming onvermydelik Jannie?Waaraan meet jy die stelling?Geskiedenis, getalle of omdat die ANC so se.Dit kan nie voedselsekerheid wees nie.

Begin sommer om die beste landbou grond in die land te bepaal.Gaan kyk waar is dit en wie besit dit.Kyk Dan verder na die produksie van produkte in van die beste vrugbare grond in SA.Waar daar dus goeie grond is wat nie benut word nie herverdeel of oorverdeel of gee sommer die grond vir boere wat kan of wil boer dit is nou as dit gaan oor voedselsekerheid.
As dit gaan oor verdeling van grond volgens ras bepaal hoeveel behoort klaar aan wie.Deel dan die grond so dat wit boere so 10% bewerk.Tenminste is ons dan klaar met die herverdeling.Ons gaan wel so bietjie honger word maar ag wat dit maak nie saak nie?Herverdeling het blykbaar nie geslaag in Zim nie,maar gee ons ‘n kans ons weet hoe,of hoe?
Waar le die broodmantjie van Afrika?Zimbabwe,Zambie en Angola is by verre beter landbou lande as SA .Hoekom sukkel twee(Zimbabwe,Angola) en een(Zambie) nie meer nie.Vriende en familie van my boer darem daar ons gaan lekker eet aan hulle mielies.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.